In hierdie mal, onregverdige wêreld waar enige iemand famous kan wees, is die spreekwoordelike "fifteen minutes" nie genoeg nie, my bra. 'n Gabba wil mos sy skills kan showcase teen enige tyd. Dis hoekom Michael Flanagan besluit het om 'n wêreldrekord te klap. Once. Hy reken “If you can’t be the number one at something, you’ll always feel like a number two.” – met ander woorde 'n fokken drol.
Bioplus wil mense soos jy en Michael ‘n shot vir goud gee en het daarom Bioplus World Champ op die bene gebring. Die reëls is heavy basic: “Make a record, break a record”. Michael het besluit om te skiet vir die honderd meter hekkies. In paddavoete. Dom, dog top klas. “Check, ek wou heavy graag die 100 meter staight net klap maar die blerrie Jamaicans was te kakvinnig in die trials gewees!”
Alhoewel die bra nie regtig die attempt heeltemal complete het nie en elke liewe bliksemse hekkie omgestamp het, is hy steeds van mening dat enige iemand hom kan challenge omdat hy "tegnies" steeds die Bioplus World Champ is. “Ek kan awesome shit wen soos 'n goue medal, ipads, ipods en al daai ander stuff waaroor hipsters so uitfreak!" In 'n akward speech oomblik het hy Bioplus bedank vir die mental en fisiese krag.
Skiem jy dat jy beter kan doen? Gaan check http://www.bioplus.co.za uit en laat lees!
Hier is Michael se attempt:









Hasie, waar is jou hoed?
Is jou suspension gedrop of is jou enigste vervoermiddel nogsteeds jou BMX of jou skateboard? Dreig pappa nog om jou jeanpant wat so laag om jou boude hang vir jou met 'n staple gun vas te skiet? Dra jy caps? Hoe like jy jou caps – so lekker skeef op hom koppie?
Smaak my snapback caps is nou weer terug in fashion en 47 Brand het vir ons een van die outjies kom afdrop. Hulle is die officially licensed ouens vir USA se NHL, NBA, NFL en MLB klobbe. Ons gee een cap weg vir twee gelukkige Watkykertjies elk. Hier is so paar voorbeelde hieronder, maar jy kan na www.47Brand.com toe gaan en vir jou een gaan kies. Om 'n cap te wen, mail 'n foto van die kakste cap wat jy op die oomblik besit. Die twee Watkykertjies met die lelikste pette sal elkeeen 'n splinternuwe enetjie score. Mail jou entries na griffin@watkykjy.co.za, maar moenie vir ons jou fokken home-made Jack Parow caps submit nie. Dis heavy 2009, my ou. Maak ook seker dat snapback caps jou styl is as jy wil inksryf, want mense met eierkoppe lyk gewoonlik kak met die goed.
Jy het kans tot Vrydag net voor ons duik. Wenners sal per e-mail laat weet word as hulle gewen het.