Vanaf vyf tot sewentien Maart kan jy "20:13 The Beginning!" gaan kokkenodge by die Market Theatre (The Laager). Dit volg min of meer die resep van Def Jam Stand-up Comedy in die overseas, as jy dit al miskien gesien het op TV. Daar is nuwe bloed in die vorm van jong stand-up comedians wat die stage sal share met gevestigde grapgatte en 'n DJ wat 'n soortvan 'n sound track bydra tot die hele vibe.
Die line-up sluit in ouens soos: Chris Forrest, Tumi Morake, Stig, John Vlismas, Tol A$$ Mo, Skhumba, Eureka Nkese, Kedibone Mulaudzi, Mashabela en nog meer.
Vir nou het ons het vyf double tickets om weg te gee en sal volgende week weer vyf double tickets weggee. Al wat jy hoef te doen is om ons te tune watter aand jy dit wil gaan kyk. Die show run 20:13 van Dinsdae tot Saterdae en 15:13 op Sondae en eindig 17 Maart. Obviously kan jy nie na gister se show gaan kyk nie, want jy het nie 'n fokken time machine nie. Of het jy? As jy het, sweef ons die sleutels.
Drop ons 'n mail as jy tickets soek. Ons sal vir die eerste vyf mense tickets score!








Oppikoppi entries sover (Harlem Shake)
Omdat dit Human Rights day is, het ons besluit dat dit ons human rights is om nie vandag aan 'n Bizarre Donderdag video te werk nie. In plaas daarvan sal ons eerder solank vir julle so paar van die Oppikoppi entries wys. Ons het ook besluit om die deadline en einde van die kompetisie met 'n maand aan te skuif omdat ons volgende week 'n kompetisie gooi om Metallica tickets ook te score.
Dit lyk of sommige mense nie kan lees nie en een ou het heeltemal uit die bus gebliksem. Dis gelukkig nie ons probleem nie. Hulle like om die reels te ignore, veral nommer een en vier (1. Gebruik die tune wat ons vir julle gee. 4. Jou video se naam moet soos volg lyk: Harlem Shake Oppikoppi – <jou team se naam>, byvoorbeeld Harlem Shake Oppikoppi – Oppikoppi Crew.) – gelukkig het daai outjies nog tyd om hulle foute reg te maak. Julle moet saamwerk, mense. Ons gee tien tickets na Oppikoppi weg, nie fokken wolmussies nie. Gaan check hier hoe om in te skryf en wat die reels is.
Right, so hier is solank so paar submissions: