Category Archives: kompetisie

Braaiboy entries sover…

Hier is so paar entries wat ons sover ingekry het vir die King of The Braai hamper. Jy het nog tyd tot net so voor duiktyd Vrydag om in te skryf. Braaiboy sal deur al die entries gaan wat ons voor dan inkry en vir ons 'n wenner kies.

braai1

braai2

braai3

braai4

braai5

braai6

braai7

braai8

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in kompetisie | 26 Comments

Score tickets na Ashtray Electric se album launch

Lyk my ons looi hom hierdie week met die kompetisies. Hier is nog R200 se waarde vir die blare in die Kaap. Twee Watkykertjies kan elk 'n double Ashtray Electric 1Bticket score na Ahstray Electric se nuwe album launch by Assembly, hierdie Saterdag 11 Junie.

Hmmm… okay, om hierdie tickets te wen soek ons foto's van jou asbakkie by die huis. Sommige mense het mos fokken weird asbakkies soos trok pistons en what not. Die twee coolste of faktapste asbakkies se eienaars sal elk 'n double ticket wen.

Ons soek die entries voor ons Vrydag duik. Looi hulle na griffin@watkykjy.co.za

Let wel, hierdie is vir mense in die Kaap of wat die naweek in die Kaap gaan wees en by Assembly wil gaan jol. As ons nie entries kry teen Vrydag nie, gee ons die tickets sommer op Twitter weg.

Sharp.

Assembly Flyer

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Ook gefile in WKJ gigs | 1 Comment

Score ‘n “King of The Braai” hamper met Braaiboy

Score 'n "King of The Braai" hamper ter waarde vqan net onder R500 met Braaiboy braaiboy 1

Braaiboy en Netflorist het vir ons 'n hamper gegee om op Watkykjy weg te gee. Jy het tot Vrydag 10 Junie kans (tot net voor ons duik) om in te skryf. Al wat jy moet doen is om vir ons jou zefste braaifoto in te stuur. Iets wat jy of jou tjommies self afgeneem het, nie kak wat jy op Google soek nie.

Hier is meer info oor die hamper wat jy kan wen:

"The name of the hamper is “king of the braai” and it includes A braai apron, bottle opener, glove, hand towel, a temperature fork & a Peroni beer. And the apron can also be personalised with the recipient’s name. the value is R474 including delivery."

Connect met Braaiboy op die interwebs:

http://www.twitter.com/braaiboy
http://www.facebook.com/braaiboy.fans

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in kompetisie | Tagged | 15 Comments

Score Valiant se nuwe boek “Toorwoorde Roep My”

UPDATE: Baie geluk aan Willie en Mop wat elkeen 'n copy gewen het van Valiant se boek. Kompetisie is dus nou gesluit. En so aan…

So rukkie terug het Chopper Charlie julle vertel van Valiant Swart se nuwe boek "Toorwoorde Roep My".

Die boek is nou uiteindelik beskikbaar op Kalahari.net

Ons het ook belowe dat ons 'n free copy sal weggee sodra dit beskikbaar is. Ons gaan actually twee autographed copies weggee en sommer 'n poster ook ingooi.

Al wat jy moet doen om te wen is om ons te mail met die boek se ISBN nommer. Die eerste twee korrekte entries sal dan die wenners van die boek wees en die gawe mense by Lapa Uitgewers sal hom vir jou stuur so teen einde volgende week se kant.

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in kompetisie | 3 Comments