Hoesit, outjies? Lekker koud vandag, huh? Moenie komkommer nie. Sit so bietjie stil op een plek en laat jou eiers die werk doen vir body heat. As jy 'n Ramfest festival regular is, het ons vir jou goeie nuus. Even beter as jy van Rise Against hou, want ons gee vandag (ja ons weet dis fokken vroeg) drie single Ramfest 2013 tickets weg en drie van Rise Against se Endgame album weg. Die early bird tickets vlieg, so ons het geskiem om julle 'n kans te gee.
Hier is hoe dit werk:
- Interwebsradio (http://www.interwebsradio.com) speel vandag die hele Rise Against Endgame album van begin tot einde tussen 13:00 en 14:00.
- Luister uit vir 'n spesifieke jingle tussen die tweede en die derde song. Jy gaan net na die website toe en druk play of check in jou iTunes onder Radio -> Alternative. Dis fokken maklik.
- Complete hierdie antwoord vir ons op Twitter: "Where you dial a <…..> all day" en Tweet dit na @Interwebsradio, @RAMfest en @watkykjy gevolg met die #RiseAgainst hash tag.
- Jou antwoord sal dus min of meer so lyk: "@watkykjy @RAMfest @Interwebsradio Where you dial a <jou antwoord> all day. #RiseAgainst".
Die eerste drie korrekte antwoorde tussen 13:00 en 14:00 in die regte format op Twitter sal elk 'n Rise Against CD wen asook 'n single ticket na Ramfest. Jy het 'n keuse tussen Kaapstad, Joburg of Durban.
Nie op Twitter nie? Jou probleem. Fokken easy peasy.








Wen Blink Stefanus bier!
Sommer nog 'n kompetisie vandag.
Baie van julle het nou seker al gehoor dat Blink Stefanus besig is om pryswenner bier te maak. Die bier is seriously fokken lekker en jy mag dalk daarvan in die hande gekry het by die Watkykjy Pre-Apocalyptic party in Junie of by BraaiBoy se world record vibes. Blink is nou besig om sy bier uit te rol na pubs toe en fokus op die oomblik op die Fourways area in Jolburg voor dit landwyd gaan uitrol. Jy kan by Mash Tun in Pineslopes inpull om Blink Stefanus on tap te drink. (Dis oorkant die pad van Monte Casino op Witkoppen)
Andersins kan jy 'n kas Blink Stefanus bier wen hier op Watkykjy. Dis twaalf liter bier, pappie! Elke botteltjie is 500ml. Al wat jy moet doen, is om vir ons 'n kakpraat storie te spin soos hierdie omie in die video en op YouTube te laai. Stuur vir ons die link voor volgende Donderdag 20:00 en Blink Stefanus sal 'n wenner kies. Let wel dat hierdie kometisie slegs vir Watkykertjies in Gauteng is want die bier moet deliver word. Blink trust nie couriers wat sy bier gaan opfok nie… Ons sal die wenner se video op Watkykjy gooi en links gooi na die ander entries volgende Vrydag. Blink het confirm dat hy at least vir die volgende twee maande lank elke tweede week 'n kas bier sal weggee, maar ons sal met die man probeer redeneer om dit elke week te doen…