Category Archives: Kief musiek

Jack Parow se nuwe album – Eksie Ou

Jack Parow se nuwe album, Eksie Ou word vroeg in Desember release.

Julle kan die hele storie hierso gaan lees.

jack parow eksie ou

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Ook gefile in jack parow | Tagged | 12 Comments

RKO. ‘n Review. Soortvan.

Die volgende stelling het al verskeie kere veroorsaak dat mense my wil moer…

Die oorwegende meerderheid Afrikaanse musiek is kak.

Die oomblik wat daai woorde uit my mond kom, is almal binne earshot ewe skielik 'n kenner op die veld. Dis amazing hoe die instant-experts hullself bevuil en opspring en Afrikaanse musiek dan met alle geweld probeer verdedig. In die eerste plek mis hulle heeltemal die punt wat ek probeer maak. Die oorwegende meerderheid Engelse musiek is ook kak. Afrikaans is nie spesiaal in daai aspek nie, maar blykbaar moet 'n mens nie Afrikaans uitsonder nie, anders bevlek jy mense se gold-plated opinions…pffft!

Hieronder noem ek 'n paar van daardie opinies, en hoekom hulle eintlik kak is:

1. “Ag issie man, MK is flippen awesome! Ek kyk dit elke dag na rekby oefening, maar ek mis dit op Donderdae, want dan is my Wiskunde ekstra klas!”

Hierdie is obviously die matriek prefek opinie. Hierdie persoon, seun of dogter, voel nog skuldig as hulle masturbate, en hulle dink actually Bouwer Bosch in sy fokken speedo maak 'n meaningful video. Hierdie opinions maak fokol saak nie, Dans Dans Lisa ook nie.

2 “Jy's faktap man. Niks sokkie lekkerder as Bok nie…en ek smaak vir Nicholas stukkend, maar * Steve * is tops my ou! 

Hierdie is ongelukkig die mees algemene opinie. Dit behoort aan die tipe persoon, ou of goose, wat nog nooit van beter geleer het nie. Jy kan hulle maklik spot as hulle praat. Die first-name basis wat hulle op is met hulle helde is vir my effens scary.   * Sien ook : Frannie * Jy dink aan hom as: Steve – daai groot talent wat dit laat voel asof sy songs net vir my geskryf is. Ek like Steve kwaai! Hy dink aan jou as:  Daai poes wat my nuwe cd gekoop het – ek weet nie actually hoeveel kinders ek het nie. Ek like geld en naai kwaai!.

Hierdie opinie is regtig fokken tragies:

3 “Ja, ek stem saam! al daai sokkie sokkie is bullshit bru, maar check Die Antwoord, of vir Heuwels, en wat van  * Frannie * en die boys!!!”  * Sien ook: Steve *

Dis die Neo-Afrikaans hipster opinie. Nou terwyl dit heeltemal valid is dat Die Antwoord en die Heuwels Fantasties en die res van Bellville legitimately befokte musiek al kwytgeraak het, is dit verkeerd om te dink aan hulle as “saviours” van Afrikaanse musiek. Daar is nog steeds heeltemal te veel kak vir hulle om 'n groot genoeg dent te maak na my sin. Vir elke een klein Tambotieboom is daar 17 Baby Tjoklits …wat 'n poes weird sin om te tik…maar jy weet dis die waarheid.

 4. “Ek luister nie afrikaanse musiek nie”

Hierdie is die kakste opinie van almal, maar die een wat ek die meeste kan verstaan. Daar is soveel tos beskikbaar. Soveel afrikaanse plaas-stoor-pop-kak wat die airwaves besoedel, dat ek sweer dit in my lyf begin intrek en my nagmerries gee. Vir die afgelope paar aande het ek elke keer dieselfde droom gehad…

'n Pampoen-kleur Kaboemielie met Skarumbas op sy gesig forseer my om saam met hom te gaan jol by Snotkop se huis. Ons kom by die plek aan, en ewe skielik is ek Bok van Blerk se linker Boks Handskoen in die musiek video vir sy song “my kreet. Ek voel vuil want ek weet ek is die hand waarmee hy draad trek. Dan verander ek in die legion Afrikaanse chicks wat “net-een-naam” het: Mirka, Chane, Lika, Rika Tanya, Alta, Corlea, Nadine, Bianca, etc…. Ek word gelyktydig almal van hulle, en dan het ek die befokste singlehanded lesbian orgy in die geskiedenis van seks…maar net voor fyndraai kom Sean Else van Eden in die kamer in en se hy wil kak op my bors… en dan skrik ek wakker. Sien? Die kak maak my mal.

…”maar jirre Zirkie” dink jy seker nou. “ Ek dog hierdie is 'n review van Die Geheim Van Slangfontein, Die Radio Kalahari orkes se nuwe DVD? Al wat daar tot dusver gesê is, is hoe kak Afrikaanse musiek is en jy het nog net mooi fokol gesê oor die ding wat jy supposed is om te review nie. Wadiefok!?”

Dis eintlik heel eevoudig. Een, ek is 'n kak skrywer, en twee is dat jy verstaan nou baie goed hoe ek voel oor Afrikaanse musiek. Jy verstaan nou dat ek minder as fokol uitgesien het om die DVD te review nie. En jy sal ook verstaan hoekom ek so beautifully surprised was dat RKO se Geheim Van Slangfontein Befok was met 'n hoofletter B.

Na ek dit gekyk het, het ek gevoel soos Andy Dufrense, die hoofkarakter in die fliek The Shawshank Redemption. "I had crawled through a river of shit and came out clean on the other side…"

Ek het glad nie geweet wat om te verwag nie. Ek het natuurlik al gehoor van RKO. Dis mos daai dude van Isidingo en fokken Arende…en nog 'n kakhuisvol ander Afrikaanse shit man! Wat is die ou se naam tog!?…”

Die ou se naam is Ian Roberts, en ja, dis fair om te se dat hy 'n legend is. Saam met die res van sy band, en in sy eie reg 'n legend, Rian Malan, het hulle gegaan en 'n vreeslike entertaining mythology gaan skep oor RKO.

Malan vertolk die rol van Rooi Jan, “n half engelse/half afrikaanse vent wat homself gaan “vind” in die Karoo. Sy paaie kruis dan met die Radio Kalahari Orkes, en die storie loop deur 10 songs, 7 musiek videos en die Slangfontein film self, wat in twee episodes opgedeel is.

Episode 1 is Rooi Jan se soektog na, en ontmoeting met, die RKO. Episode 2 speel drie maande later af, waar RKO Oppikoppi toe gaan.

Die hele “journey” na Oppikoppi en hoe hulle vir Jack Parrow kry om saam met hulle op te tree, is regtig uitstekend. As jy al ooit by Oppi was, dan is dit rede genoeg om hierdie DVD te kry, maar daar is soveel meer goeie redes as net dronkgat nostalgia.

Soos die storie geeindig het en die laaste song, “Staan my by” waarin Chris Chameleon feature,  elke bietjie so majestic klink soos die scenes van die Karoo-sunset waar dit afspeel, kom die idee op dat RKO eintlik 'n gateway drug kan wees.Dit kan fans van Boeremusiek introduce aan rap, en vice versa ook.

Die klank en beelde is van so aard dat Tannie Myrtle, die diaken-se-vrou, en Vaughn die emo-sny-myself tiener, altwee daarna sal kan kyk en luister en dit geniet, al is dit op heeltemal ander maniere.

Die Radio Kalahari Orkes sê die volgende oor hulsef: Ons is Honderd jaar agter die tyd, maar nog steed op die regte spoor. Ek stem so hard saam. As jy nie geweet het wat om vir jou misguided Afrikaanse vriende vir Kersfees te koop nie, hier het jy dit nou defnitief. Hulle gaan beter mense wees na hulle dit gekyk het en jy sou die wêreld 'n guns gedoen het deur hulle bloot te stel aan daai rare ding – Afrikaanse musiek wat nie net nie kak is nie, maar regtig fokken goed is.

…En besides jy wil nie laat mense sien hoe jy een van daai 50-Sokkie-TeknoDans-Karaoke-Treffer DVD's koop nie. Hulle gaan jou nie glo as jy sê “dis vir 'n vriend” nie.

Jou reputasie en dignity sal dit nie oorleef nie. Trust my ek weet.

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Ook gefile in Snotstories | 24 Comments

Radio Kalahari Orkes – Staan My By

Een van Radio Kalahri Orkes se beste hits, Staan My By. Die music video feature ook op hulle DVD "Die Geheim Van Slangfontein" wat ons later in die week sal review. Genuine 'n befokte tune wat deur Riaan Malan geskryf is. Dit feature ook Chris Chameleon.

Lyrics:

O die winter wind
Wat oor ons wêreld waai
En die donker stêr
Wat in die hemel draai

En ʻn teken langs die pad
Wat vorentoe bedui
Hierʼs die einde van jou drome
Hier kom jy nooit verby
En jy besef terdee

Jou laaste kans verdwyn
Want jou gees is moeg
En jou liggaam pyn

Dan kom ek vir jou haal
Dan kom ek vir jou sê
My vriend, o my vriend
Ons moet nooit gaan lê

Tot die bitter end
Tot die son uitbrand
Tot die see opdroog
Anderkant die verste anderkant

Al staan ek alleen
Sal ek nooit gaan lê
Ek sal steeds hier staan
Vir jou die waarheid sê

Staan my by, my bra, staan my by, my bra
Skouer aan skouer
Sy aan sy
Ek sien, ek sien,
Ek sien die verste anderkant

Hier kom ek vir jou haal
Hier kom ek vir jou sê
Ek sê nee, nee, nee
Ons sal nooit gaan lê

Tot die bitter end

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Ook gefile in Fokken main videos | 6 Comments

Rammstein – “Mein Land” se video is nou live!

Mein Lieben fokken jirretjie (in kak Duitse aksent), es ist Zeit zum Feiern am Strand!!!

rammstein2

Rammstein se eerste single Mein Land van hulle retrospective album, "Made in Germany 1995-2011" word vandag in die oorwegend Duitssprekende land soos Duitsland (fokken obviously), Oostenryk en Switzerland release.

Maandag is die outjie beskikbaar in die res van die wêreled. Die single word release as 'n 4 track digipak en sal ook op 'n 7" vinyl wees met twee tracks. Dis nou vir die ouballie gryskop metalheads wat nou nog na gramafoonplate luister. (Ons weet jy steek daai Cora Marie plate ook iewers weg, jou huigelaar!).

Behalwe vir die Mein Land track is daar ook 'n ander tune wat nog nie voorheen release is nie: Vergiss Uns Nicht. (wat ek vermoed, tranlate na "Jirre pappa, moet my nie by die dieretuin vergeet nie" of iets dergeliks)

Julle kan solank oorskiet na http://www.rammstein.de/en/ om Mein Land se nuwe music video te gaan uitcheck. Die video is presies 10 sekondes gelede live gemaak. Lekker Beach Boys vibes. Dis fokken mal. Soos Duitsers maar is.

As julle soet is sal ons miskien 'n Rammstein DVD of CD weggee op 'n stadium. Die full-on album album behoort teen 5 Desember in shops in SA beskikbaar te wees, maar ons sal julle laat weet. Gaan eet solank jou groente en was agter jou ore.

O ja, en as jy 'n befokte stuk oor Rammstein wil lees, skiet oor na http://www.pressto.co.za toe. Dis 'n nuwe site wat ons spesiaal opgestel het vir entertainment, seker al so twee weke terug. Dit het meer van 'n local focus, maar ons gooi julle met international nuus en goeters ook.

Vir julle wat deur die kak is en nie daarvan weet nie nie – griff het 'n interview met Rammstein gedoen toe hulle in SA was. As jy dit gemis het, kan jy dit hier lees.

Ons los julle met so paar wyse woorde van Rammstein:

"Do your own thing, and overdo it!"

Rammstein 2011 (credit Fred Greissing)

Dit begin alles mooi onskuldig met 'n party op die strand en verander dan in een moerse fokken orgie, true Rammstein style. Kyk uit vir die tiete, maats. Hulle is nie afstootlik nie.

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Kief musiek | Tagged | 4 Comments