Category Archives: Kief musiek

Die Antwoord – Ten$ion (album review)

Die Antwoord se nuutse album, Ten$ion drop vandag worldwide. Obviously het ons hom voor julle gehad…


Dis 2012 en die wereld is 'n faktap plek. Since die vorige groot “einde van die wereld” scenario (hello Y2K) is die hele Mayan-long-count-calendar-wat-oorslaan-nul-toe ons apocalyptic drug of choice. So vir die afgelope twaalf jaar bou ons op na hierdie een toe, en as jy rondom jou kyk, dan lyk die wereld inderdaad soos 'n kak science fiction movie.

En dis in hierdie milieu, om 'n pretentious woord vir dit te gebruik, waar Ten$ion, Die Antwoord se nuutste album instap en se “…Wat kyk jy? Poes!”


Reg van die begin af is Ten$ion in your face, infectious, aggressive en offensive. Met ander woorde, 'n perfekte soundtrack vir die weird, ontstellende tye waarin ons nou leef.


En ek belowe jou dit gaan mense ontstel. 


Never LeNkemise 1, die opening track, vat slegs 'n minuut en agtien sekondes voor Ninja daai allerheiligste Suid Afrikaanse koei slag;


“Ninja! Die wit kaffir.

Ja julle naaiers, skrik wakker!” 


Daai is seker die laaste ding wat die politically correct set gaan hoor voor hulle begin skuim by die mond. Maar wys vir my enige Suid Afrikaanse artist wat die ballas het om die vorige line en dan die volgende een te sing:


“I'm not even trusting a roadblock. 

Our pigs bust caps in the back of your head. 

Bang now you're dead. What you gonna do huh? 

Maybe go run tell Zuma? He doesn't give a fuck…”


En voor jy nog jou local council member kan bel om te kla, het Die Antwoord al klaar gefokof na die volgende jol toe om kak verder te gaan afbreek.


Oor die res van die album se tight running time van 38 minute, gee die antwoord 'n groot vet fok jou vir alles onder die son, van 'n baie skerp Justin Bieber dis op die track Hey Sexy: 

“When I was thirteen, I had my first drugs” of op Fatty Boom Boom, waar Ninja die Rap Game “one big inbred fuckfest” noem. 

Niks en niemand is veilg voor Die Antwoord se next level gangster style nie. 

Die persoon wat seker die ergste afkak is Interscope Records se president , Jimmy Iovine.

As die dude een persent so smerig is soos Ninja hom laat klink in die Uncle Jimmy skit, dan was dit ook maar net 'n kwessie van tyd voor Die Antwoord sy geld gevat het en gefokof het.


Soos Yolandi sing op die track So What?:


“got a million fuckin dollars in the bank

then I converted all my dollars into rands

that equals seven million in the bank

not too shitty fuck u jimmy i'ma never give it back.”


Dis ook op So What? dat dit voel asof alles bymekaar kom, en 'n mens dan sien dat Ten$ion, ten spyte van die naam, 'n moerse 'release' is vir Die Antwoord. 

Wanneer Ninja die chorus sing van Baby's On Fire, kan hy net sowel besig wees om te praat oor Yolandie, DJ Hi-Tek, of Die Antwoord as geheel. 

Yolandi Vi$$er se raps is elke gram so kak-gevaarlik soos Ninja s'n en DJ Hi-Tek, wat nog altyd lekker geraas gemaak het, het obviously nou in 'n fokken monster-beat-masjien verander. Een luister na Never LeNkemise 2, die laaste track op die album, sal jou oortuig dat god bestaan, en hy 'n member van Die Antwoord is. Almal fire op alle cylinders, en dis amper scary hoe deeglik hulle het elke moontlike barrier in die face ge-fuck het. 


Soos ek hierdie skryf, is Die Antwoord op The Late Show with David Letterman. 

Oppad na hulle hotel toe na die interview, sal Ninja & Yolandi by hulle limo se venster uitkyk, en hulle gesigte op poes groot billboards sien in New York, waar The Late Show geskiet word.

Hulle is op die cover van Rolling Stone Magazine en hulle nuutse album het gedrop teen die tyd wat jy hierdie lees…


“South Africa 2012, we in da future now. 

Just because da whole world's gone twanky 

doesn't mean we gonna fuckin' go out like that too.

Fuck the system. We have our own system. 

We make our own rules. We don't answer to no one…”


So sing Ninja op Never Le Nkemise 2, met die confidence waarmee net 'n Ninja kan, net voor DJ Hi-Tek die wereld uitmekaar uit ruk en dit kou en weer uitspoeg…


…en dis die reine fokken waarheid, elke woord van dit.


Ten$ion is wat ons almal gehoop het dit sal wees. Die gevaarlikste album van die jaar.


En as jy nie saamstem nie, en wil huil daaroor in die comments, of by jou dominee, of by jou ma (wie se poes nog steeds in 'n fishpaste jar is) sal ek afsluit met 'n waarskuwing:


“If you don't like funerals, don't kick sand in a Ninja's face”

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Ook gefile in Die Antwoord | 4 Comments

Willim Welsyn-Slakke op Hoë Hakke

Lekker fokken old school rock 'n rol met orrels en alles. Gee Willim Welsyn se Slakke op Hoë Hakke 'n luister. Jy kan hom verniet download ook. Sien dit as 'n Friday the 13th persentjie van Watkykjy af…

 

willim welsyn friek yt

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Kief musiek | 13 Comments

Album review: Jack Parow – Eksie Ou

Nie so lank terug nie, sou enige recording artist deur iets moes gaan wat genoem was “the difficult third album”. Dis nou wanneer 'n band of solo jack-parow-eksie-ouartist al twee albums uitgebring het en ewe skielik iets moet bewys deur facial hair te groei en world-music rhythms by hulle musiek te sit.

Maar in vandag se heeltyd-op-uppers samelewing het daai gap tussen “bursting onto the scene” en “die eventual soektog na artistic credibilty” egter baie korter geword.

Ons trek by 'difficult second album' deesdae, bra… gelukkig vir ons en hom is daar amper fokol 'difficult' met Eksie Ou, Jack Parow se tweede album nie en ek dink anyways hy sou eenvoudig se “artistic credibility sê poes” en geregtiglik so.

Die rap game gaan mos oor bitches en bling, vinnige karre en groot tiete, hoe groot jou piel is, hoe klein die ander ou s'n is. In daardie gevalle, het Jack Parow die Suid-Afrikaanse rap game kak hard gewen.

Sy eerste album het platinum gegaan, hy't genoeg geld gemaak om uit die ghetto (Bellville) te trek en hy gaan nou blykbaar 'n Sports Illustrated model se babby-daddy wees. Lekker vir haar. Miskien moes sy 'n foto van 'n konnie in haar space-case gehou het? Haai nee shame, ek weet nie hoe dit is om 'n celebrity te wees nie, maar dis seker nie lekker as jy 'n press release moet stuur vir Huisgenoot om hulle te laat weet jy't 'n chick op die paal gesit nie, maak nie saak hoe mooi haar tiete is nie.

Maar fok daai Heat Magazine Vibes. Al wat hierdie eintlik oor gaan is of die nuwe Parow album jou tyd en zak werd is?

Meestal, sal ek sê…

jack parow met sy nuwe album

Eeerstens kan ek getuig dat HARD PARTYJTIE HOU (feat Francois van Coke) en BONS (feat HEAZER) gaan twee van die grootste party tunes van 2012 wees. Almal weet Haezer is God, en Fancois Van Coke wat sy poes af skree oor partytjie hou is ook altyd 'n wenner.

Daar word ook ge-cater vir die mense wat kuier om 'n braaivleis vuur eerder as om 'n drug dealer – LAAT ONS SUIP is 'n tipiese track waar jou vet jack parow en goofyoom kaalbolyf dans met sy elmboë in die lug, brannas in die linkerhand, Gunston in die regter en gold chain om die nek.

BISCUITS & BILTONG (feat David Kramer) is nostalgiese love letter aan die weskus, en dis verbasend hoe goed die leopard print cap en die rooi vellies met mekaar meng. Mens kan ook verwag om HOSH TOKOLOSHE (feat Gazelle) te hoor tot vervelens toe. Die tune sit in jou kop vas soos 'n komkol op 'n presidential secretary se rok, so wees gewaarsku…

AFRIKAANS IS DOOD, wat heel eerste hier op Watkykjy beskikbaar was, klink soos 'n boere Cypress Hill, en MOVE LIKE A MONSTER (feat Sibot) soos 'n Suid Afrikaanse Wu Tang Clan.

Op die laaste track van die album, wat super toevallig LAST LAUGH genoem is, kan jy nie help om te cheer vir ou Jack Parow in die verse nie. Hy was ook maar net 'n fokop, en kyk waar's hy nou. Dit gee jou sommer hoop vir die res van ons wat nog steeds fokops is. Behalwe, wat die fok beteken die “move like a girrafe!” in die chorus? Is ek net poes dom, of was Jack Parow net poes hard-up vir 'n woord wat rym met 'laugh'?

In elk geval, die enigste truly kak snit in my opinie is SPRING MOEDERFOKKER feat PH FAT.

Die chorus gaan min of meer so:

“Spring Moederfokker/Girl I love u so bad/
Spring Moederfokker/ never meant to hurt your feelings/
Spring MoederfokkerGirl I love you so much/ you have the most beautiful eyes/face/taste?”

Nee jirre. Daar is soveel topgehalte woord-smousery op die album dat ek extra hard moet bitch oor hierdie tos liedjie. Dis banale skoolseun ge-giggel, en dis die een track wat ek constantly skip.

WELKOM TERUG feat Pierre Greef maak op vir dit though, en dis op hierdie track waar Jack vir een oomblik ophou rapper speel en stil-stil bewys hy't die hart van 'n digter maar nog steeds ook 'n piel soos 'n koevoet.

KATERIEN is 'n vreemde song, want ek sweer voor een jirre dat ek die “Katerien” ken waaroor die liedjie geskryf is en ek guarantee as jy die song hoor sal jy ook dink jy ken haar. Sy's net so befok soos hy uitmaak in die liedjie en almal ken mos 'n “Katerien” van hulle eie… 

Lyk my almal ken vir Jack Parow nou ook. Gevestigde kunstenaar, kind op die pad, celebrity, platinum seller wie se songs jy van iTunes af kan kry, wie se braaisous jy by Checkers kry en wie se album jy behoort te koop waarookal jy dit kry.

Ons kyk weer wanneer die inevitable “poes difficult third album” uitkom, maar vir nou is Jack Parow DIE OU, ou…


Luister gerus na so paar clips van elke song op die album:

Jack Parow – Afrikaans is dood:

Audio clip: Adobe Flash Player (version 9 or above) is required to play this audio clip. Download the latest version here. You also need to have JavaScript enabled in your browser.

Jack Parow – Biscuits en Biltong:

Audio clip: Adobe Flash Player (version 9 or above) is required to play this audio clip. Download the latest version here. You also need to have JavaScript enabled in your browser.

Jack Parow – Bons:

Audio clip: Adobe Flash Player (version 9 or above) is required to play this audio clip. Download the latest version here. You also need to have JavaScript enabled in your browser.

Jack Parow – Eksie Ou:

Audio clip: Adobe Flash Player (version 9 or above) is required to play this audio clip. Download the latest version here. You also need to have JavaScript enabled in your browser.

Jack Parow – Hard Partytjie Hou:

Audio clip: Adobe Flash Player (version 9 or above) is required to play this audio clip. Download the latest version here. You also need to have JavaScript enabled in your browser.

Jack Parow – Hosh Tokelosh:

Audio clip: Adobe Flash Player (version 9 or above) is required to play this audio clip. Download the latest version here. You also need to have JavaScript enabled in your browser.

Jack Parow – Katerien:

Audio clip: Adobe Flash Player (version 9 or above) is required to play this audio clip. Download the latest version here. You also need to have JavaScript enabled in your browser.

Jack Parow – Laat Ons Suip:

Audio clip: Adobe Flash Player (version 9 or above) is required to play this audio clip. Download the latest version here. You also need to have JavaScript enabled in your browser.

Jack Parow – Last Laugh:

Audio clip: Adobe Flash Player (version 9 or above) is required to play this audio clip. Download the latest version here. You also need to have JavaScript enabled in your browser.

Jack Parow – Move Like a Monster:

Audio clip: Adobe Flash Player (version 9 or above) is required to play this audio clip. Download the latest version here. You also need to have JavaScript enabled in your browser.

Jack Parow – Spring Moederfokker:

Audio clip: Adobe Flash Player (version 9 or above) is required to play this audio clip. Download the latest version here. You also need to have JavaScript enabled in your browser.

Jack Parow – Welkom Terug:

Audio clip: Adobe Flash Player (version 9 or above) is required to play this audio clip. Download the latest version here. You also need to have JavaScript enabled in your browser.


As 'n laaste bederfie, hier is Jack Parow se swimwear model goose, Jenna Pietersen:
jack parow's girlfriend

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Ook gefile in jack parow | 15 Comments

Van Coke Kartel – Wie’s Bang (album review)

Sodra 'n mens 'n nuwe CD luister, maak nie saak van wie nie, gebeur een van drie dinge:

1.    Dis TOS, en jy luister dit nooit weer nie.
2.    Dis POES cool, die beste ding wat jy nog ooit gehoor het…en jy raak binne drie dae gatvol vir dit, en jy luister dit nooit weer nie.
3.    Jy kan nie jou mind opmaak nie, en jy luister dit weer. En weer. En weer. Hierdie word dan een van daai albums wat in jou kar se cd-pouch bly, en jy luister dit basies vir die res van jou lewe.

Met hulle vierde album in 5 jaar, het Van Coke Kartel uiteindelik in my opinie 'n nommer drie gemaak.

My gevoel oor VCK is nog altyd een gewees van…meh. Nog net een van die legion bands wat die “Bellville Massiv” opmaak. Jy weet mos, die VanFokKingFantiesteHeuwels ft. Jack Parow. Ek het lankal ophou tel wie is in wie se band. Wie sing op wie se tracks? Wie toer hierdie keer saam met wie? Wie gee om?
VCK was vir my die grootste sondebokke as dit gekom het by die trend. Die eerste keer wat ek hulle self-titled debuut album gehoor het in 2007, was ek reg met die lyn “kan jy apatie spel?”
Enigste liriek op daai een wat ek kan onthou is “jissis, dis gevaarlik hier!” en dis ook net omdat laster in afrikaans altyd oulik is.

Die opinie het gehou tot 2010 se Skop, Skiet en Donner, en ook eers tot ek 'Voor Ons Stof Word' gehoor het. Dit was vir my 'n moerse surprise. 'n VCK song wat ek nie net van hou nie, maar daadwerklik mal oor was? Jirre! Wie sou kon dink?

En wie sou kon dink dat VCK daai selfde trick met my kon pull, maar op 'n baie groter manier, met hulle vierde album?

Die eenvoudigste manier om dit te sê is dat met Wie's Bang, het VCK next level gegaan. Of nog meer next level, as jy klaar 'n fan was. Ek was eerlikwaar nie 'n fan nie, so hoe die fok het dit gebeur dat ek nou hier sit en skryf dat Wie's Bang die heel eerste album is wat jy in 2012 moet kry?

Miskien is dit omdat Francois Van Coke nog altyd weet hoe om 'n liriek ballas te gee en dan hare op daai ballas te sit.
Miskien is dit omdat Jed Kossew 'n letterlike lead-guitar god geword het toe ek nie aandag gegee het nie. Jy hoef net te luister na hoe aapkak mal hy gaan op 'Brein Verloor' en 'Wie's Bang” , of hoe soulful hy speel op die nuwe anthem-in-waiting 'Tot Die Son Uitkom'  om dit vir 'n feit te weet.
Miskien is dit omdat Jason Oosthuizen in 2010 die titel verwerf het van vinnigste drummer in Suid Afrika, en omdat hy en Wynand Myburgh 'n rhythm section opmaak wat so slick en magtig soos 'n Ferrari-Tank is.
Miskien dink ek so highly oor die nuwe album omdat daar 'n tema is. Die hele 2012-end-of-the-world storie trek sterk deur die hele ding. Op 'Chaos' (Ja, featuring Jack Parow. Party dinge bly maar nou dieselfde) sing Francois Van Coke wat seker my favourite line van die jaar gaan wees. “Kyk daar's chaos buite, hoor dit deur ons sitkamer ruite en kry duidelikheid oor ons TV stelle”
Miskien is dit Theo Crous se crystal-clear en hard-as-fuck produksie?
Miskien omdat daar bitter min, indien enige, kak tracks is wat jou gaan laat reach vir die skip-button op jou radio of HiFi?
…Al wat ek kan dink is dat miskien is dit all-of-the-above!

Ek is een van daai pretentious faggots wat prentjies sien in hulle kop as hulle musiek luister. Wanneer ek na 'Wie's Bang' luister, sien ek vir Francois, Wynand, Jed en Jason op 'n krans staan. Voor hulle is die einde. Die honger, lee maag van die duisternis, die vrees, die leemtes van die gate in ons kultuur. Voor hulle is die dinge, watookal dit mag wees, wat jou bang maak.
Dit dreig om hulle in te sluk.
Maar die vier lede van VCK staan regop, en skree harder as nog ooit tevore dat hulle fokken WEIER om dit te laat gebeur.

Soos gesing word op title track “Vrees kon nie my energie steel nie, die verouderde ligaam ook nie”
Dit klink na 'n ander Francois Van Coke wat die lyn sing, en 'n ander Van Coke Kartel, 'n ouer, meer refined weergawe waar jy kan hoor hoe ver hulle al getravel het, hoeveel hulle al gesien het, en hoe ver hulle het om nog te gaan…
Ek persoonlik, kan nou nie wag om te sien waar, en hoe ver, dit is nie.

Nice one VCK. Julle het my uiteindelik oortuig

wies-bang

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Ook gefile in van coke cartel | 5 Comments