Category Archives: Kak companies

Lekker kinderagtig

Ons het op hierdie blast from the past afgekom in Watkykjy se archives…

deur Ali Baba


Ek het gisteraand my ergste vorige idiotisme by verre oortref.

Ek en my goose wil so nuwe Hollandse fliek, Twin Sister gaan kyk by Rosebank se arty farty teaters. Dis die eerste keer in 'n lang tyd wat ons alleen uitkom en nogal 'n goeie fliek kan gaan kyk.

By die teater koop ek 'n koffie by die koffiewinkel Tribeca wat op dieselfde oop vloerplan as die teater is. 'n Mens neem aan dis deel van die opset.

Toe ek by die hekkie kom waar mens ingaan na die flieks toe tune die mannetjie met die onderbaadjie my ek word nie toegelaat om die koffie in te vat nie want dis nie by Ster-Kinefokkenkor gekoop nie.
Ek sê toe vir hom: "Maar ek doen dit nog altyd."
"Nee", sê hy, "dit word nie toegelaat nie".
Ek sê toe vir hom: "Jy laat my nie toe om te drink wat ek wil nie?"
"Nee", sê hy, " dit kom van hoofkantoor af". Ster Kinekor verkoop nie eers koffie nie, dink ek na die tyd.
"So, julle wil hê ek moet julle R15 Cokes koop en dit drink maar ek mag nie my eie goed eet of drink nie?"
"Ja", sê hy.
"Dis fokken outrageous!"

Ander fliekgangers begin al gesteurd na my kyk. "Ek soek my fokken geld terug". Ek raak nou erg irriterend. Die mannetjie met die onderbaadjie roep 'n groter weergawe met 'n groter onderbaadjie nader. Sy mond begin so halfpad oopmaak maar ek is nou een van daai hardekwas poese wat jy so haat in restaurante.

"EK soek my fokken geld terug".
"OK sir".

Hy's in 'n oogwink by met die moerse afslag R22 wat ons danksy Discovery vir twee flieks betaal.

Ek dink by myself: "Wat de fok doen jy nou? Moerse, jy't jou 22 rand terug en jy het die aand vir jou goose opgefok." Sy is reeds in die agtergrond besig om die mannetjie te troos en te probeer om die situasie te beredder. Ek weet voor my siel ek gaan nie my trots in my sak druk en vir die ou sê hy kan maar my kaartjies terugbring en "hier is vir jou 'n koffie ook" nie. Maar ek weet ook hierdie is 'n moerse antiklimaks en ek kan netsowel bietjie meer mileage uit die situasie kry. En in 'n verblindende rasionele inspirasie-oomblik smyt ek die hele R12 halfliter Tribeca koffie op hulle weelderige foyer mat uit. En moer die koppie agterna.

Toe ek inderhaas met die elevator opskarrel gooi ek nog vir die bewende plekaanwyser 'n zap ook. Wat 'n fokken idiotiese wit man is ek nie? Anyway, my goose was vir so 20 minute hoogs die bliksem in maar later het sy gelag. En toe sy oor dit is toe voel ek nog soos 'n groter etter.

Ek het 'n fokken vakansie nodig. Hel.

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Ook gefile in Snotstories | 9 Comments

‘n Tipiese dag in Builder’s Whorehouse

Kyk, ek is nie iemand vir fisiese werk nie. Naai is seker die naaste wat ek aan oefening kom, maar daar is maar sekere goed wat mens ongelukkig moet doen in-en-om die huis. Geleerdes verwys daarna as instandhouding. Ek verwys na dit as "fokken missions".

Dis ook 'n baie goeie verskoning om Builder's Warehouse te gaan bewandel. Dis die enigste plek waar ouens min of meer chicks se obsessie met shopping kan verstaan tot 'n mate. Die fokop met daai plek is dat jy gewoonlik nie uitloop met die items wat jy beplan het om te koop nie. Mens laai mos altyd eksta kak in die trollie. Veral as jy in die queue wag. Soos by Pick n Pay of Checkers: "Hmm, terwyl ek nou in die queue wag kan ek net sowel 'n BarOne en 'n Coke gryp." By Builders: "Jirre, kyk hierso. Dis 'n no-spill kosbakkie vir kinders en dis net R50!". En dan het jy nie eers kinders nie…

Veertig minute later kom ek by die huis aan met gloeilampe (mens koop mos altyd bayonette en skroef-tipes want jy weet nie wat in jou huis aangaan nie), 'n no-spill kosbakkie vir kinders (en ek het nie fokken kinders nie), irrigation pipes en 'n magazine waarvan ek die content in elk geval op die blerrie internet kan lees. Ek kan sweer ek het iets vergeet… O ja, wag. Toe ek opgestaan het die oggend was my mission eintlik om gras te plant. Ons grasperk lyk soos fokken Irak.  Ek het fertiliser nodig gehad. Die gras sou ek later kry. Oppad uit by die huis sien ek dat ons water feature ook gekak het, so ek het 'n pomp nodig. ('n Waterpomp, jou sif naai. Visdammetjie vibes).

Terug fokken Builders toe. Terug in die queue. Ek staan daar met 'n waterpomp en twee stretchers. Stretchers vir honde om op te slaap. My hondematrasfucked-up compulsiveness knows no bounds. Jirre. Die stretchers is R599 elk en die waterpomp het (big fucking surprise) nie 'n prys op nie, maar dit het at least 'n barcode op. Die 350 liter per uur ene is R169, so die 150 liter per uur een wat ek vashou kan nie 'n fok duurder wees nie. Die chick scan die ding agt keer. Fokol gebeur. Hier is waar die kak begin:

Kassier chick: "Can you go fetch another one?"
Ek: "Does it look like I am wearing a Builder's Warehouse shirt? Why don't you have pricing on your items. Better yet, why don't you have pricing on your shelves? You go fetch it and make sure it is the same thing. It is in isle number 2"
Sy sloffel daar weg en kom eventually terug met 'n waterpomp. "Beep!" R169. Sy het die fokken 350 liter per pomp gaan haal en gedink ek sou nie agterkom nie.
Ek: "It is not the same item." (baie ander snedige sinne het gevolg, maar ons het nie nou tyd vir dit nie)
Weer sloffel sy weg. Hierdie keer voel dit soos 'n ewigheid en ek raak fokken ge-irriteerd. Ek raak sommer lelik met ander customers ook. Die ou langs my het omtrent R5000 se plante gekoop. Ek: "Are you building a fucking rain forest?" Ek bel sommer Builder's se customer care line van die til af: "Stuur 'n manager na til nommer 2 toe. Ek is nie fokken happy nie."

waterpompTwee manangers daag op. Die til-sloffie is steeds nêrens te sien nie en ek begin vloek en uitvaar teen die managers oor hoe Builders se pryse nooit ooreenstem met hulle pryse op die rakke nie, hoe daar gereeld nooit pryse op items is nie en oor die til-sloffie wat my sommer tune om 'n nuwe item te gaan haal omdat Builder's te kaksleg is om hulle fokken stock te manage. Die sloffie daag op met die regte item so deur my gevoekery, die manger tik een of ander super secret manager secrituy code in en maak sommer 'n prys daar op die spot op. R100. Dis min of meer hier waar ek oorslaan in Afrikaans van befoktgeid: "Jy suig daai prys uit jou hol uit! Hoe kan jy my tune dis R100. Wat kos die fokken ding regtig? Jissis julle maak my kwaad! Julle pricing en stock is fucked!"

Die ou probeer verduidelik dat die item nie op hulle system is nie. Hulle verkoop met ander woorde iets van hulle rakke af wat nie bestaan nie en hy apologise. Ek sien sy lippe beweeg maar al wat ek hoor is die vloekwoorde wat by my mond uitval. Almal is ongelukkig. Hy verkoop dit onder kosprys (wat hy ook uit sy hol suig)

Check, dit gaan nie oor die klein bietjie geld wat die ding kos nie – dit gaan oor companies wat consumers naai. Ek buk noddefok nie. Nie eers vir R5 nie.

En so maak Builder's my laaste dag van 2011 'n fokken moerige een. Ek betaal en fokof.

By die huis aangekom, kom ek agter dat ek toe nooit die fertiliser gekoop het. Ek belowe myself dat ek as straf op 1 Januarie nie mag bier drink nie, want ek is 'n fokken doos. Ek klim in my kar en fok weer terug Builder's toe, want eerlikwaar, waar anders koop mens die variety van fokken goed wat hulle verkoop?

'n Halfuur later is ek terug by die huis. Met 5kg fertiliser.

En 10 meter se fokken garden hedges…

hedges

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Ook gefile in Snotstories | 13 Comments

Gautrein snuif coke en fok sy neusbrug op.

Brannas het nie brieke nie. Die Gautrein ook nie. Hierie outjie gaan 'n bietjie langer as Brett Kebble se tjor of regter Hakuna Matata se Jag by die panelbeaters staan en dit gaan 'n rapsie duurder wees om reg te maak. Om nie te vergeet van "loss of income" of negative compound interest op poesgroot loans nie . Ons gaan 'n raaiskoot waag hier en die oefening skat op poesduur.

Liewe belastingbetaler, sit asseblief jou hande op die kar se dak, hou jou bek en maak jou hol oop.

Hiieeer kom die trein!

fucked gautrain 2

fucked gautrain

(shot, geheime agent Red Fox)

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Ook gefile in Spec-takel | Tagged | 22 Comments

Nou hoe nou, Pikitup?

Liewe Pikitup,

Fok julle in julle pers poese in.

Julle charge R145.92 per maand om daai groen bins eenkeer per week leeg te maak. Ek het nie 'n probleem met R145.92 nie. Dis nie geld nie. Dis miskien 'n bottel brannas of twee of 'n fokken sak hondekos. Vir party mense is dit 'n halwe gram coke. Waarmee ek 'n probleem het is dat ek moet betaal vir iets wat nie gebeur het nie. Die Hubble telescope kon julle nie eers in Arpil gewaar in Joburg nie!

Mens kan nie weier om te betaal nie, want dit gaan fokol help – julle sal mens soos Telkom (wat mens charge vir ADSL en lyne wat af is) bloot blacklist. Dan, wanneer ek eendag by die Porche garage daar langs die plakkerskamp op Witkoppen inloop om daai 911 Targa te koop vir my klein piel en bleskop sindroom, sal ek soos 'n poes lyk omdat ek ge-blacklist is deur 'n patetiese company wat betaal word om my en ander mense se kak weg te ry.

As julle nie die job wil doen nie nie, tune ons net. Ons is seker daar is iemand met 'n bakkie in elke buurt wat sal kan doen met ekstra zak, maar moet ons nie laat betaal vir suurstof wat julle in elk geval steel nie. Teen R150 per maand sal ek even 'n fokken Venter trailer finance, die bank se kak rente vreet en self my vullis gaan dump.

Daar is duisende mense genaai deur julle diefstal. Dis nie eers nodig om die somme te maak nie. Dis poesbaie geld wat deur julle ge-zik is. Daar is nie 'n ander woord vir dit nie. Next time, sit at least 'n bietjie lipstick aan en 'n romatic tune of twee voor julle besluit om ons weer te naai.

Kom klop gerus weer aan my deur vir kerpersente hierdie haar. Ek het nog nooit na die munisipaliteit se advice geluister nie en altyd kos, zak of klere reg. Hierdie jaar het ek iets besonders gekry en ek los vir julle 'n moerse komp bokse propvol daarvan: fokol.

Ek het reeds hierdie simpel bill betaal voor ek hier kom sooibrand kots het. Wat het julle gedoen, julle konte?

pikitup

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Ook gefile in Snotstories | 20 Comments