Category Archives: griff se games

Lekker retro games in jou browser.

Begin jou Vrydag op die regte manier.

Hier is vir julle 'n fokken groot versameling PC en kafee games van die 80's en 90's. Jol dit sommer by die werk op jou browser. Jy is in elk geval nie lus om daai boring meeting by te woon nie. Check net, Calgames is bietjie vinniger as waaraan jy gewoond is. Onhou jy toe jou PC daai turbo knoppie gehad het? Jy kan jou 10mHz PC laat hardloop op 4.7Mhz, dan was dit poesmaklik op die games klaar te maak wat te vinnig was. Jy mag dit dalk ook weird vind om die games actually in kleur te sien. Fokken far out, man! Hercules monochrome se poes!

Die rykgat kinders met hulle 20mHz PC's het altyd hulle poese af gesukkel. Wil mos fokken ryk wees. Vat so!

Space bar, pyltjies, z, x en Enter is jou kos met meeste van die games. Maak hom los.
 

calgames

(shot, Marius)

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Ook gefile in flash game | Tagged | 8 Comments

Kaalgat Rockband

Ek is bly hierie goose het haar kaalgat Rockband video oppie interweb gegooi. Nou hoef ek nie myne te laai nie.

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Ook gefile in Fokken zef videos | 10 Comments

So paar Xbox Live tips

Ek het julle mos so ruk terug getune oor Guitar Hero World Tour en hoe kief dit is om die game te jol.

Wel, ek het so paar tips vir julle opgespoor in die meantime. Tips oor hoe om Microsoft punte te koop sodat jy add-ons vir jou games kan looi, videos kan download en whatever mens nog alles kan doen met Xbox Live se punte.

As jy klaar al hierdie kak weet, kap net ignore, maar ek is seker daar is teen minste een  dom poes soos ek daarbuite wat ek gaan help. Nobody likes a fucking smart-ass.

Aan die begin van die jaar het die weerlig my Kruisdoos in sy se network port genaai tot daar so mooi swart kring was en ek het juis geworry nie omdat ek nie tyd het om online games te speel teen puisiegevrete in Peru, Amerika of Irak nie. Wat ek wel vergeet het is dat jy add-ons vir jou games kan koop of updates kan gooi om bugs in games te tune of extra ander free kak te kry, maar nog steeds was ek minner gehinner, totdat my goose se broer vir my een van daai wireless jobbies gescore het wat na my wireless router connect. Ek het toe maar geskiem ek sal try punte score by die goose vir ‘n bederfie of ‘n kopkou. Sien, ek het vir haar verlede jaar Lips gekoop – die Xbox version van Playstation se Singstar (wat sy ook het) en dis nogal ‘n wenner wanneer ons gespat raak en al haar tjommies soos vals katte skree. Of wanneer ek en die gabbas na te veel Jagermeister soos Jurie Els en Robbie Klay vir mekaar begin sing. Lekker fokken latent homo vibes daai. Fokken sies man!

Anyway, die bederfie deel kom in waar ons nou songs kan gaan kies om te download. Dieselfde geld ook vir Guitar Hero en what not. 

Jy connect na Xbox Live toe, tune jou kredietkaart details en Xbox Live tune jou om te fokof. Mainly omdat jy nie in Amerika bly nie en omdat die enigste poskode wat almal ken dié is van Beverly Hills. Lekker 90210. ‘n Fokken gemors. Dis soos om jou kredietkaart deur ‘n stripper se gwarra te trek by die Midrand Methodist (oom Lolly se kerk) om te betaal vir daai pielskuur wat sy jou gegee het op Poker Face. Dit gaan nie werk nie. Jy gaan eerder ‘n PK kry as ‘n slippie om te teken.

OK, maak jou brein skoon. Ons beweeg weg van die tiete af. Ons is nou weer terug by die Kruisdoos punte. Ek ontdek toe Evo Games. Dis ‘n local site wat namens jou oorsese Xbox of PS3 punte vouchers koop en dis amper instant soos Frisco. Jy registreer, kry ‘n confirmation mail, koop punte en ontvang jou voucher code alles in omtrent 30 minute. R429 koop vir jou 4000 Microsoft punte (USA punte, né). Die average tune op Lips of Klitaar Hero kos jou 160 punte. Dit gee vir jou 25 tunes. Tunes wat jyself gekies het. Nie ‘n disk met fokken R&B tos tussenin vir R650 nie, lekker stuff.

Dit bring my by die volgende punt: songs se groottes kan tot en met 220mb groot wees. Maar met bandwitdh in Suid-Afrika wat die goedkoopste in die wêreld is….

… uhmmm, askies, my broek was effens los toe kry my hol so paar woorde in van onder af …

Bandwidth in Suid Afrika is kakduur omdat Telkom so fokken awesome company is wie se belange veral lê  in bonusse van die top apies op die boonste takke. Almal weet apies maak heavy kak. Veral die apies wat bo sit en op die onderste ouens kak  Lekker slappes. Gelukkig met die nuwe seacom Cable begin dinge al beter te lyk ek het op Digichilli afgekom:

Digichilli tune 500 skille per maand en jy word nie ge-cap nie. Jy kan Jenna Jameson se hele lewensverhaal in HD download, my bra. Ek het maar gaan regsiter en wag vir hulle om na my toe terug te kom. So ek wag en kyk maar. Soos my oupa altyd gesê het: “As iets te goed klink om waar te wees, gaan fokken dadelik daarvoor, al is dit die eerste offer”.

Nice een, oupa. Kyk hoe lyk daai Uno Fire nou.

So maybe is die bandwidth issue ook nie meer vir lank so ‘n moerse issue nie. Vasbyt, min dae.

So paar pointers om gedagte te hou (my ondervinding in elk geval):

  • Jou Xbox sal nie jou hele connection vreet as jy goed download nie. Jou skommies, oopmondholmuf videos en e-mail sal nog steeds rank pull op download spoed terwyl Xbox rustig in die agtergrond sal sit en zol rook tot alles sharp is.
  • As jy punte koop by Evogames, maak seker jy koop punte vir die region waar jou Xbox gerigistreer is, m.a.w USA of UK. Ek dink hulle roep hom die ‘Locale’. Net so, sê Pietie. Die Locale.
  • Ek het genoem dat songs gemiddeld so 160 credits of punte kos. Daar is ook options waar packs van 3 items byvoorbeeld 440 punte kos. So vir elke 3 packs wat jy koop score jy ‘n indiduele item. (Hierdie is bietjie hoërgraad, ek weet, maar fokken Google die goed as jy nie verstaan nie. Hierdie is net my rundown)
  • As jy enige ander tips het in terme van uncapped ADSL of weet van ander plekke waar mens Xbox punte kan score, gooi dit hier onder in die commens om met die ander Watkykertjies te deel. Moet nou net nie kom staan en tune van R5000 per maand gee vir jou 1.21 jiggwats as jy ‘n flux capacitor het nie. Ek praat van billike pryse. Nie almal maak so baie geld soos jy met jou cocaine wat jy in rugbykouse in jou hol smokkel nie.
  • Onthou ook om so nou en dan bietjie te braai en te naai ook. Daai oranje ding daarbuite in die lug wat so poeswarm is noem mens die son. Daai goed met die twee hobbels voorop en die oester tussen daai mikstokke is ‘n chick. Mens kan nie jou hele lewe lank net games speel nie. Kyk wat het met Julius gebeur. Te veel games. Sy brein is fokken toast.

UPDATE: Ek het ook op Screamer afgekom wat uncapped ADSL swing vir R399 per maand. Ek het deur die hele sign-up proses gegaan online tot hulle sommer my bank details wou vat vir ‘n debiet order. Ek het maar eers besluit om hulle te bel by 0860-SCREAM om ‘n paar vrae te vra. Ek moes ‘n message los sodat hulle my kon terugbel wat nog nie gebeur het nie.

Hmmm… dit laat my dink aan ‘n baba Telkom. Wakker skrik ouens, die Filistyne is op julle. Ons is honger vir cheap ADSL en as julle nie fone of e-mails antwoord nie gaan julle uit lose.

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Ook gefile in Snotstories | 3 Comments

Griff se games: Guitar Hero World Tour

Guitar Hero World Tour is nou al vir net oor ‘n jaar lank beskikbaar. Ek het dit vir die eerste keer gekokkenodge by ‘n tjommie se verjaarsdag party toe een van die blare daar uitslaan met ‘n groot doos en ‘n wireless drumkit daaruit uitpluk. Soos wat Martino in die 80s gemaak het met hasies uit hoede by jou pa se graft se krismis party. Met ‘n dubbel branna in die klou en ‘n skyf skeef in die bek het ek getune: “Ek fokken koop vir myself more ook so fokken drumkit!” (sekerlik iets wat mens kan byvoeg by stuff wat gebeur as jy ge-fokken-swaai raak).

Omdat die game redelik nuut was en die bra moerse trots was oor sy duur kit het hy my getune: “Good luck, dis baie skaars en daar sal ‘n waglys wees. En dit is baie duur!” Tipiese fokken laerskool speelgronde vibes. Ek het die volgende dag (’n Sondag) toe ek 15:00 die middag opstaan met ‘n poesgroot hangover 3km gery na die naaste Look & Listen. Ek het ingestap, die Guitar Hero World Tour box opgetel, die dude agter die counter uitgekak oor ‘n klein skeurtjie op die hoek van die box, ‘n free t-shirt ge-score en R100 discount gekry. Hangover mode en stink met rooi oë werk befok. Alles is in 5 minute gedoen. Terug by die huis en R3100 armer het ek in die bed geklim en die game eers twee weke later begin speel. (At least het die prys nou afgekom met so R500 na R2700 toe.)

As jy gewoond is aan die ander Guitar Hero games en dit like, sal jy van World Tour se drumkit ook hou. Dis die enigste intrument wat actually naby die ware Jakob regop kom. Die twee colour-coded drumpads, twee symbals en bass-pedal sal dalk met jou kop fok aanvanklik, maar as jy kan drums speel of ‘n beat kan hou sal jy vind dat jy gou die beats sal bliksem op die hoër difficulty levels – nie omdat jy ‘n smug poes is nie, maar omdat die experience op die hoëre levels meer real is. Hulle sit elke liewe beat in. Dit beteken nie dat beginners nie kan leer nie. Jy kan jou laitie in fact oordentlik leer drums speel op hierdie kit met al die colour-coded pads en what not. Soos wat jy opgaan in difficulty, kom daar meer beats by. Jy kan op jou eie sit en oefen ook op enige song, waar niemand jou kan sien nie. Amper soos draties kap.

Die nuwe wireless guitar lyk ook beter as die vorige versions. Met beter bedoel ek dis ‘n mooier kleur en shape. O ja, en daar is ekstra sensors aan die bokant van die nek van die guitar vir die ouens wat wil lead licks ingooi. Good luck met daai enetjie. Ek het dit nog nooit probeer nie. Ongelukkig is die microphone wat jy saam met die hele kit kry nie wireless nie en Lips se wireless mics werk nie op Guitar Hero nie wat nogal ‘n poes ding is van Xbox om te doen. Julle moet fokken lekker soos Wii raak, hoor! Jou twee tjommies op die wireless kitaars kan aapkak gaan en rondhardloop terwyl hulle jol – jy kan even buite check hoe ver jou tjom met die braai is terwyl jy System Of A Down gooi. Die ou met die mic moet ongelukkig soos Heinz Winkler op een plek staan.

Die game het altesaam 86 songs en almal is master recordings wat befok is. Hier is so paar van die tunes:

“About a Girl” – Nirvana
“Are You Gonna Go My Way” – Lenny Kravitz
“B.Y.O.B.” – System of a Down
“Beat It” – Michael Jackson
“Everlong” – Foo Fighters
“Freak on a Leash” – Korn
“Hotel California” – Eagles
“Livin’ on a Prayer” – Bon Jovi
“No Sleep Till Brooklyn” – Beastie Boys featuring Kerry King

Jy kan met Xbox Live nog songs koop as die weerlig nie jou network port uitgepoes het nie (wat in my geval gebeur het). Daar is ‘n kakhuis vol van die blerrie goed online, maar die 86 songs sal jou vir fokken lank besig hou.

Ander features van die game sluit in: ‘n recording studio waar jy jou eie tunes kan mix, daar is ‘n career mode wat jy met enige instrument kan deurwerk, jy kan battle of the bands gooi en jou eie band kan even teen ander bands op Xbox Live speel. Ek het nog nie die Live ding probeer nie as gevolg van bogenoemde insident, maar skiem net hoe befok dit sal wees as jou band, “Die Poesneuse” jol teen “Four guys from Sweden” en hulle gatte skop? Dan kan julle by al jou tjommies spog met jou groot interweb piel as julle na die tyd bier drink by jou local drinkgat. Sommer so met Kiss make-up aan en alles.

Jy sal ook natuurlik die laities kry wat tune: “Guitar Hero is fokken gay, die instrumente is nie die real thing nie en dis vir wannabe rockstars wat nooit regte instruments sal kan speel nie”. Uuhm… we fucking know this. Dis ‘n game. Net soos wat racing games jou nie Michael Schumacher maak nie en skiet games jou nie in die Wit Wolf verander nie. Die dag as Albert Frost my bel en tune Guitar Hero is ‘n stuk kak, sal ek dit wegpoes. Worry eerder oor die regte probleme soos hoekom Dozi of Nicholas Louw nog musiek maak.

Soos met enige ander social game (soos Singstar of Lips) gaan Guitar Hero World Tour baie goed af saam met Jagermeister, bier en brannas. En baie daarvan. As jou een tjommie regtig so spasties is en nie een van die goed kan bemeester na ‘n uur nie, jaag hom uit laat hy die fokken vleis braai. Of slaai maak. Of die hondekak op die grasperk optel.

Die game is beskikbaar vir Xbox, PS2 (yup), PS3, desktop PC’s en even vir die ouens wat dom genoeg was op Wii te koop.

Hier is ‘n clip van die Southpark episode wat verlede week in die States gewys het. Check hoe fokken lekker kan Guitar Hero World Tour wees:

PS: Hierso is die tos Poker Face Pap en vleis video wat ek gemaak het.

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Ook gefile in Fokken main videos, Snotstories | 6 Comments