Die twee ou skool pelle, Piet en Koos, loop mekaar raak na twintig jaar.
"Haai, ou Piet, jy lyk goed man. Wat het jy met jou lewe gedoen na skool?" vra Koos.
"Nee," sê Piet, "ek het Tale gaan swot op Tukkies en het my Honneurs behaal. Daar het ek toe ook my vrou ontmoet. Sy skryf gedigte en prosa en het 'n Meestersgraad in Letterkunde. My seun is 'n konsertpianis in Amerika vir die Amerikaanse Philharmoniese orkes en my dogter is die hoofballerina in London se balletgeselskap…. Julle moet een aand oorkom dan hou ons 'n kultuur-aand. En wat het jy met jou lewe gedoen, Koos?"
"Nee," sê Koos, "ek was mos al op skool al 'n bietjie bakleierig en het toe na skool maar 'n bokser geword. Daar het ek ook my vrou ontmoet, die dogter van 'n promotor, en in daai tyd kon vrouens mos nie boks nie toe begin sy met karate en sy het haar black belt gekry voor ons eerste kind. Ons seun het onlangs sy nasionale kleure gekry in stoei en my dogter verteenwoordig ons land in Judo. Julle moet een aand oorkom dan fok ons julle so bietjie op."




Kraak ‘n smile, my blaar…
Pis
Die ou is by die dokter oor 'n seer arm. Die dokter (met 'n fakt up houding) tune hom om die botteltjie vol te maak by die huis.
By die huis aangekom en klaar sy gedeelte gedoen in die botteltjie, sceem hy "fok dit" en laat sy vrou ook 'n bietjie "donate", sy dogter ook. Maak hom vol met 'n bietjie dratjie kap en mix die hele besigheid sommer die die kar se dipstick.
2 weke later by die dokter gee dié hom sy resultate. Die dokter tune hom: "Jou vrou het vigs, jou dogter is pregnant, jou kar kort 'n service en as jy ophou draad trek kan die arm gesond raak."
Pappa se graft
Die juffrou vra die graad 4 klas wat hulle pappas doen vir 'n lewe. Sannie is eerste aan die beurt: "My pappa is 'n lawyers. He sit slegte mense in die tronk".
Kosie is volgende: "My pa is 'n dokter en maak siek mense gesond"
So gaan sy deur die klas tot sy by Kaballas kom. "En wat doen jou pappa, Kaballas?", vra die juffrou.
Kaballas antwoord: "My pa is dood."
Juffrou se hart smelt: "Ek is vreeslik jammer om te hoor. Wat het pappa gedoen voor hy dood is?"
Haak Kaballas af: "Hy het eers blou geword en toe kak hy op die sitkamer mat."
So paar kortes
Wat gebruik Nicholas Louw vir birth control?
Sy persoonlikheid
Wat is die vinnigste pad na Robert Mugabe se hart?
Deur sy borskas met 'n moerse skerp mes.
Hoekom is dit so moeilik vir chick om sensitiewe, aantreklik mans te kry?
Want hulle het almal boyfriends.
Hoekom is hasies so stil as hulle naai?
Want hulle het katoenballe.
Waarnatoe gaan Robert McBride vir vakansie?
'n Ander kroeg.
Hoekom is daar nie 'n dieretuin in Brakpan nie?
Want die mense sal resepte in plaas van besrywings op die hokke plak.
Endemol maak blykbaar 'n nuwe reality reeks oor die Chilean miners. Dig Brother.