Category Archives: Grapgat

So paar grappe

Honeymoon
'n Man en sy vrou besluit om hulle honeymoon hotel weer te besoek vir hulle 25ste herdenking. Net voor hulle regmaak om te zaber tune die vrou: "Toe jy my kaal lyf die eerste keer gesien het, wat het deur jou gedagtes gejaag?"
Die man antwoord: "Al wat ek wou doen is om jou breins uit te naai en jou tiete droog te suig"
Vrou: "En waaraan dink jy nou?"
Man: "Ek het pretty much 'n fokken goeie job gedoen."

Expats
'n Suid-Afrikaanse expat en sy goose het gaan backpack in Parys en is weer oppad terug Londen toe op 'n vlug om verder hulleself te gaan "vind" as waiters. Nadat hulle land sien die chick dat 'n Arabiese man sy sak op die vliegtuig agtergelaat het. Die chick gryp die sak en hardloop agter die Arabier aan. Die ou is moerse bly oor sy sak, steek sy hand in en haal 'n handvol ponde uit wat hy aan die chick oorhanding terwyl hy vir haar fluister: "I can never repay your kindness, but I will try to. Here is some advice for you. Stay away from Birmingham."
Die chick skrik haarself faktap en vra: "Why? Are there going to be a attack?"
Die Arabier antwoord terug: "No, it's a fucking shithole"

Kortes
Hoekom is alkohol uitgevind? Sodat lelike mense ook kan naai.

Ou oom aan sy vrou: "Ek het my ID verloor en moes my grys borshare wys om my old age pension te kon trek"
Vrou: "As jy jou broek afgetrek het kon jy disability pension ook gekry het!"

'n Bosveldboer storm die huis binne en gil: "Vrou, gee daar vir my 'n skoon broek aan. Ek het my nouself fokken lelik vererg vir 'n bliksemse leeu!"

Hoe irriteer jy jou goose tydens seks?
Jy bel haar.

'n Dogtertjie gaan saam met haar ma haarkapper toe en staan en eet 'n koekie. Die haarkapper tune haar: "Meisie, jy gaan hare op jou koekie kry."
Dogtertjie antwoord: "Ek weet. Ek gaan tiete ook kry."

Wat is die toppunt van selfvertroue?
As jou chick jou iemand anders vang naai, jy haar op die boud klap en skree: "Jy's volgende!"

Wat het het die kanibaal gedoen nadat hy sy chick ge-dump het? Sy boude afgevee.

Birds & Bees
Jannie vra sy ma:  "Waar  kom ek vandaan?"
Sy antwoord: "Liewe Jesus het jou gemaak en vir mamma en pappa gegee."
Hy vra toe: "En waar kom mamma en pappa vandaan?"
Sy antwoord: "Jesus het ons ook gemaak en vir ons mamma's en pappa's gegee. Hulle is jou ouma's en oupa's."
"En Mamma, waar kom ouma en oupa vandaan?" vra hy.
Sy antwoord: "Liewe Jesus het hulle ook gemaak en hulle vir hulle mamma's en pappa's gegee."
Jannie staan so rukkie en dink….: "Fokkit Ma, wil Ma dan vir my sê niemand in die familie het die afgelope 200 jaar genaai nie??! G'n wonder almal is so befok nie!"

Kokketril
'n Man loop by 'n kroeg in met 'n krokodil op 'n leiband, sit die krokodil op die bar counter, draai om na die verbaasde mense in die kroeg en tune: "Ek maak julle 'n deal. Ek gaan hierdie krokodil se bek oopmaak, my piel en ballas in sy bek sit en dit toemaak vir een minuut lank. Hy sal dan sy bek oopmaak en my piel en ballas sal fokol makeer, maar dan koop elkeen van julle vir my 'n drink!"

Die patrons stem in en so gesê, so gedaan. Die ou sit sy onderstel in die krokodil se bek en hou sy G-shock dop vir 'n minuut lank. Hy gryp toe 'n bierbottel en moer die krokofil oor die kop. Die krok maak sy bek oop en die ou present sy zaber en eiers. Nie 'n balhaar is uit plek nie. Die mense in die kroek klap hande en cheer en die bra kry solank sy eerste drink waarop hy aankonding: "Ek gee R500 as daar nog iemand is wat dit wil waag!"

Dit raak tjoepstil vir 'n rukkie totdat 'n krimpie haar hand agter in die kroeg opsteek: "Ek sal dit probeer, maar jy moet my net nie so hard poes met die bottel nie!"

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Grapgat | 8 Comments

So paar ou grappe

Net 'n vinnge reminder – Hierdie Saterdag is Nasionale Braai Dag! Gaan like hulle official Facebook page om te check wat orals in SA gebeur. Jy kan na die France vs New Zealand game dier op vuur gooi en so paar skuimkoppe deur die nek jaag…

Liewe Vader
'n Boef breek in 'n huis in. Toe hy die CD player optel hoor hy 'n stem in die donkerte. "Jesus watch jou." Hy skrik amper sy gat af maar sien bokkerol. Hy skiem hy't seker gedroom en kyk maar verder. Hy nodge die DVD en maak reg om dit te sluk. Toe hy aan die cords raak hoor hy weer daai stem. "Jesus watch jou."
Nou's hy lekker uitgefreak. Hy skyn vervaard sy torch rond tot hy finally op 'n papegaai land. "Is dit jy?" vra hy.
"Ja," tune die papegaai. "Ek waarsku jou net."
"My waarsku? Wie de fok dink jy is jy?" vra die maaifoedie.
"Moses," tune die papegaai.
"Moses?" lag die rampokker.
"Watter deur-die-kak mense noem hulle papegaai Moses?"
Skiet die papegaai: "Dieselfde mense wat hulle Rottweiler Jesus noem!"

Watter paartie?
Na 'n paartie ry 'n couple terug huis toe. Na so rukkie se ry vra die vrou vir die man:"Honey," vra sy liefies, "Het iemand al ooit vir jou gesê hoe amazingly handsome, sexy en onweerstaanbaar jy vir vroue is?
Baie gevlei antwoord die man: "Nee, skat niemand het nie."
Kap sy vrou terug: "So wat de FOK het jou daai idee vanaand gegee?"

Gebede word beantwoord… soortvan…
'n Hippie sit voor in 'n bus langs 'n non. (Fokkit met so opening line kan dit net 'n joke wees.) Anyway, hy check die non so en vra haar of sy met hom sal seks hê. Die non kyk verbaas na hom en tune hom dis nie op die kaarte nie. Sy's heel hoflik maar klim af by die volgende stop. Die busdrywer vertel die hippie hy kan help. "Check, elke Dinsdagaand gaan daai non na die begraafplaas toe om te bid. Gaan soontoe in 'n swart mantel met 'n glow-in-the-dark masker en dan skiem sy jy is God. Dan command jy haar om met jou seks te hê en daar gaan jy."
Befok dink die hippie en sure enough is hy daar Dinsdagaand. So net voor 12 slaan die non uit en begin bid.
Die hippie spring uit en skree: "Ek is God. Ek het jou gebede gehoor en sal dit beantwoord maar jy moet met my seks hê."
Die non is verward maar stem in. Sy vra egter dat dit anal is omdat sy 'n virgin moet bly. Die hippie stem in en doen sy ding. Toe hy klaar is, ruk hy die masker af. "Hahaha, ek is die hippie van die bus," lag hy.
Net toe spring die non op en skree: "Hahaha. Jou bleddie fool. Ek is die busdrywer."

Vasbyt, min dae
'n Middeljarige vrou kry 'n hartaanval en word hospitaal toe ge-rush vir 'n opehart operasie. Sy het amper ge-peg, maar op die operasietafel hoor sy stemme en speck vir God.
"Is my tyd op?" vra sy vir God.
"Nee, antwoord hy". "Jy het nog 43 jaar, 2 maande en 8 dae oor om te lewe."
Terwyl die vrou recover in die hospitaal besluit sy om so ekstra rukkie aan te bly en 'n facelift en liposuction te kry. Sy besluit toe ook sommer om 'n tummy-tuck in te gooi en haar tiete so bietjie te lig. Sy het even iemand gekry om haar hare te kleur. Sy moes maar alles doen, want as sy hierdie extra tyd het om te lewe moet sy die beste daarvan maak. Na haar laaste operasie word sy ontslaan en sy is moerse geesdriftig om die lewe met nuwe lus aan te pak. Oppad huistoe ry die ambulans haar faktap toe sy oor die eerste straat loop.
Sy kom in die hemel aan en vra vir God: "Ek dog jy sê dat ek vir nog meer as veertig jaar sou lewe? Hoekom het jy nie die ambulans gekeer nie?"
God reply: "Sorry, ek het jou nie herken nie."

Fiets en gesond
Klein Pietie slaan in die kombuis uit en tune sy ma hy wil praat oor geskenke.
"Ma," reken die mannetjie. "Ek soek 'n fiets vir Krismis." Maar Pietie is eintlik 'n klein kak en maak altyd moeilikheid by die skool en oral. Sy ma reken hy moet eers dink aan sy optrede deur die jaar. Dan moet hy vir God 'n briefie skryf en verduidelik hoekom hy 'n fiets moet kry. Hoogs die bliksem in, suiker Pietie na sy kamer toe.
Brief 1:
Liewe God,
Ek was baie soet hierdie jaar. Kan ek asb 'n fiets kry vir Krismis? 'n Rooie.
Well lekker,
Pietie
Na hy bietjie gedink het weet Pietie hierdie storie gaan nie werk nie. Hy het sommer spanne kak aangejaag deur die jaar.
Brief 2:
Liewe God,
Ek was redelik soet hierdie jaar en sal hou van 'n rooi fiets vir Krismis.
Shot,
Pietie
Weer weet Pietie hy vat 'n kans. Hy skeur die briefie op en begin oor.
Brief 3:
Liewe God,
Ek was 'n paar keer soet en dit sal nice wees as jy maybe vir my 'n fiets kan gee vir Krismis.
Pietie
Amper dadelik weet Pietie dit gaan nie werk nie. Nou's hy die moer in. Hy's uit kombuis toe en vra sy ma of hy gou kerk toe kan gaan. Sy skiem kwaai, die plan het gewerk en die mannetjie bekeer of iets.
"Wees net betyds vir ete," roep sy agterna.
By die kerk gekom stap Pietie na die altaar toe. Hy check gou sideways en dief toe die Maria beeldjie. Hy's Rooms Katoliek, OK? Mens kry Afrikaanse mense wat Katoliek is. By die huis gekom gaan sit hy in sy kamer en trek weer die skryfblok nader. Nou's hy reg vir die donnerse brief.
Brief 4:
EK HET JOU MA. AS JY HAAR WEER WIL SIEN, STUUR 'N FIETS.
GETEKEN – JY WEET BLERRIE GOED WIE!

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Grapgat | 5 Comments

Vier vinnige grappe

Hasies

Onderwyser: As ek vir jou twee hasies gee, en nog twee hasies en nog twee, hoeveel sal jy hê?
Jannie: Sewe, meneer.
Onderwyser: Nee, luister mooi. As ek vir jou twee hasies gee, en nog twee en nog twee, hoeveel hasies sal jy hê?
Jannie: Sewe.
Onderwyser: Kom ek stel dit anders. As ek vir jou twee appels gee, en nog twee en nog twee, hoeveel appels sal jy hê?
Jannie: Ses.
Ondrwyser: Mooi so. Nou as ek vir jou twee hasies gee en nog twee en nog twee, hoeveel hasies sal jy hê?
Jannie: Sewe!
Onderwyser: Hoe op aarde kom jy by sewe uit?
Jannie: Want ek het klaar 'n fokken hasie by die huis, meneer!

Braai

Van stop by Builder's Warehouse en koop 'n 18 wheeler trok vol bakstene.
"Fokkit! Wat is jy besig om te bou?", vra die manager
"'n Braai" tune Van.
"So baie bakstene vir 'n braai?"
"Ja boet, my flat is op die veertiende vloer."
 

Kom ons duik vroeg

Drie chicks besluit dat hulle ook vroeg gaan fokof by die werk aangesien hulle baas (wat ook 'n vrou is) al hoe meer vroeër begin duik op Vrydae en nie weer terugkom nie. Die brunette het haar tyd gebruik om bietjie in haar tuin te werk, so bietjie tyd met haar laitie spandeer en vroeg bed toe gegaan. Die rooikop het haar tyd in die gym gaan spandeer, 'n slaai gevreet en 'n DVD gekyk. Die blonde het by die huis aangekom, iets van haar slaapkamer se kant af gehoor en versigtig die deur op 'n skrefie oopgemaak. Haar man was besig om die kak uit haar baas uit te zaber. Versigtig en disgusted het sy die deur toegemaak en gefokof. Die Maandag by die werk bespreek hulle wat die naweek gebeur het en wat hulle gaan doen as hulle Vrydag weer vroeg duik. Die brunette en die rooikop besluit om dieselfde stuff te doen en vra die blonde wat sy gaan doen: "Noddefok waai ek weer vroeg nie. Ek is amper uitgevang!"

Water en wyn

As jy een liter water per dag drink sal jy aan die einde van die jaar meer as 1kg Escherichia coli (E.coli) ge-abosorbeer het. Dis die bakterië wat mens in kak vind. Met ander woorde, jy drink 'n kilogram kak per jaar. As jy drank drink run jy nie daai risk nie, want jou booze gaan deur 'n moerse distilasie proses. Die goed word gekook, ge-filer en ge-fermenteer en al daai tipe van goed

Om op te som:

Water = kak
Dop = gesondheid.

Bevry jouself van kak en begin suip. Dis beter om fles en vat en kak te praat as wat dit is om water te drink en vol kak te wees.

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Grapgat | 6 Comments

So paar kak grappe…

Die onnie vra vir die aardrykskunde-klas: "Watter deel van die son is die warmste?"
Jannie antwoord dadelik: "Bladsy 3, juffrou!"

‘n Ou gaan pis by die krip in ‘n winkelsentum. Hy check so slap links en sien ‘n besondere klein mannetjie wat ook besig is om tjoep te swaai.  Die outjie het egter ‘n enorme peester aan hom.  Die klein outjie kyk op en vang die ou waar hy besig is om so te koekeloer.  Die ou is moerse skaam oor hy so uitgevang is: "Jammer", se hy vir die mannetjie. "Ek is nou nie ‘n holpomper of so iets nie, maar jy het die grootste voël wat ek nog aan so ‘n klein mannetjie gesien het!"

"Wel" se die mannetjie, "Dit is omdat ek ‘n magic dwerg is.  Alle magig dwerge het sulke enorme piele!"  "Sjoe!" se die ou, "Ek wens ek het so ‘n enorme piel gehad…"

"Wel" se die mannetjie, "Jy weet mos:  As jy deur ‘n magic dwerg gespyker word dan kry jy ‘n wens…"  Die ou dink baie mooi hieroor na en reken:  "Okei, kom ons gaan daar by daai laaste toilet in…"  Die klein mannetjie is kort voor lank besig om die ou te raps dat die manbotter spat.  So halfpad deur vra hy vir die man: "Meneer hoe oud is jy nou?"
"Uh, so 42."
"Jissis!" laat hoor die kort mannetjie, "dan fokken glo jy wragtig nog aan magic dwergies!"

Die nuwe predikant besoek sy gemeentelede.  By een huis klop hy en hoor dat die mense tuis is, maar hulle maak nie die deur oop nie.  Hy haal toe ‘n kaartjie uit sy sak en skryf daarop:  "Openb 3:20" en skuif dit onder die deur in.  Openb 3:20 lees:  "Kyk Ek staan by die deur en Ek klop…’’ Die volgende Sondag kry hy die kaartjie in die kollektebord met ‘n boodskappie onderaan:  "Gen 3:10". Die predikant trek die Bybel nader, soek dit op en lees: "Ek het U hoor wandel in die tuin en ek het bang geword, want ek was kaal"
 

Eendag in ou dae van die Wilde Weste, ry ‘n cowboy met sy perd man-alleen deur die woestyn. Hy kruis toe paaie met ‘n Indiaan. Die Indiaan le kaalgat op sy rug met sy stokstywe piel so punt-in-die-wind! "Wat maak jy?" Vra die cowboy. "Ek kyk hoe laat dit is", se die Indiaan en wys na die skaduwee wat sy zaber in die sand los. "En dit is nou so vier-uur." Die cowboy kyk op sy horlosie, en wragtig dit is vieruur! Heel impressed gallop hy en sy perd toe daar weg.  So ‘n ent verder kry hy weer ‘n kaal Indiaan wat op sy rug in die sand le, maar die mennetjie is besig om riem te ruk vir Guiness World Records soos hy soos ‘n maniak draad te trek. "Wat maak jy?" vra die cowboy. "Ek wen my horlosie op", kom die antwoord.

Die jagter gaan koop ‘n teleskoop vir sy geweer.  Hy kom by die wapenwinkel aan en die klerk show af met ‘n splinternuwe teleskoop wat al die pad van Switserland ingevoer is.  "Die ding is so gedetaileerd, jy kan ‘n haar van iemand se kop daarmee afskiet!" vertel hy. "Check hier by die ruit uit, daar doer teen die heuwel op.  Jy kan tot in my huis in kyk. Die jagter loer deur die teleskoop en begin lag.  "Wat nou?" vra die klerk. "Ek sien ‘n kaal ou en ‘n kaal vrou wat mekaar in die kamer rondjaag." se die jagter.  Die woedende klerk gryp die teleskoop en kyk.  "Dis my VROU!" skree hy kwaai. "En die vark van die huis langsaan!"  Hy gaan haal ‘n jaggeweer en gee dit vir die jagter saam met twee koeels. "Okei, jy kan obviously beter skiet as ek.  So, hier is twee koeels. Ek wil he jy moet haar kop van haar lyf wegblaas en jy moet hom tref op sy piel! Dan gee ek hierdie teleskoop vir jou present." Die jagter willig in, skroef die teleskoop op, haal die geweer oor en le aan.  Weer begin hy grinnik. "Wat lag jy nou weer?’’ vra die klerk. Die jagter reken:  "Weet jy, ek dink ek gaan net een koeel nodig he…"

Die dronkie kies kortpad deur die begrafplaas en neuk in 'n oop graf. Later die nag begin dit reen en die outjie kry koud… Huil hy kliphard:  "Help ag jimmel – iemand, help my tog, dis koud hier onder".  Stap Gatiep verby (ook maar lekker gesuip), steek vas, loer in die graf, gryp 'n graaf en begin die hoop sand ingooi terwyl hy troos: " Toemaar, toemaar, ek ishhhh hier – dishhhh g'n wonner jy kry koutie – jy't jousjelf dan oopgesjkop"

Die twee eerstejaar studente het 'n bietjie te ver met die vryery gegaan, en besluit om die nooi se ouers die naweek op die plaas oor die onverwagste swangerskap te gaan inlig.  Die hele aand het die kêrel gewroeg oor hoe hy die voorgenome skoonouers oor hul lot gaan vertel, maar hy kom nie sover om dit te doen nie. Die nag het hy sleg geslaap en die volgende more was hy vroeg op. Hy was heel verbaas om oral op die werf net Toyotas te sien.  In die motorhuis het 'n Camry gestaan, onder die boom 'n Hilux bakkie en in die stoor was 'n Land Cruiser. Selfs die plaas se naambord was geborg deur Toyota. Terwyl hy hom so verwonder, groet die oom hom skielik. Die arme kêrel skrik hom flou. Maar kenmerkend van 'n vindingryke student herstel hy gou en vra die oom uit oor sy baie Toyotas. "Toyotas het baie goeie masjiene. Hul ratkaste gee nie in nie. Die Land Cruiser se vere kan jy maar laat werk. Die onderstelle hou vir ewig. En selfs in die winter sukkel 'n mens nie om die Toyotas te start nie," sê die oom.  Waarop die kêrel vinnig antwoord: "Oom se dogter is seker ook 'n Toyota. Ek het haar net so 'n ligte stootjie gegee, toe vat sy."

Eendag merk die dominee 'n klein seuntjie in die voorportaal van die kerk op wat aandagtig na 'n groot gedenkplaat teen die muur staan en kyk. Dit was oortrek met name en daar was klein landsvlaggies weerskante. Die sewejarige seuntjie het vir 'n lang tyd aandagtig na die plaat gestaan en kyk. Toe loop die dominee nader, kom staan langs die seuntjie, en sê saggies: “Goeiemore my Seun”.

“More, Dominee” sê hy, met sy oë nog vasgenael op die plaat. “Dominee, wat is dit hierdie?” vra hy.
Die dominee antwoord: “Wel, my seun, dit is 'n gedenkplaat vir al die jongmanne wat in die diens gesterf het”.  In doodse stilte en met groot eerbied staan die twee toe voor die plaat en staar na die name.

Uiteindelik, in 'n skaars hoorbare stemmetjie en bewend van vrees vra die seuntjie: “Watter diens Dominee? Die agtuur- of die elfuurdiens”

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Grapgat | 2 Comments