Category Archives: Grapgat

So paar kak grappe…

Die onnie vra vir die aardrykskunde-klas: "Watter deel van die son is die warmste?"
Jannie antwoord dadelik: "Bladsy 3, juffrou!"

‘n Ou gaan pis by die krip in ‘n winkelsentum. Hy check so slap links en sien ‘n besondere klein mannetjie wat ook besig is om tjoep te swaai.  Die outjie het egter ‘n enorme peester aan hom.  Die klein outjie kyk op en vang die ou waar hy besig is om so te koekeloer.  Die ou is moerse skaam oor hy so uitgevang is: "Jammer", se hy vir die mannetjie. "Ek is nou nie ‘n holpomper of so iets nie, maar jy het die grootste voël wat ek nog aan so ‘n klein mannetjie gesien het!"

"Wel" se die mannetjie, "Dit is omdat ek ‘n magic dwerg is.  Alle magig dwerge het sulke enorme piele!"  "Sjoe!" se die ou, "Ek wens ek het so ‘n enorme piel gehad…"

"Wel" se die mannetjie, "Jy weet mos:  As jy deur ‘n magic dwerg gespyker word dan kry jy ‘n wens…"  Die ou dink baie mooi hieroor na en reken:  "Okei, kom ons gaan daar by daai laaste toilet in…"  Die klein mannetjie is kort voor lank besig om die ou te raps dat die manbotter spat.  So halfpad deur vra hy vir die man: "Meneer hoe oud is jy nou?"
"Uh, so 42."
"Jissis!" laat hoor die kort mannetjie, "dan fokken glo jy wragtig nog aan magic dwergies!"

Die nuwe predikant besoek sy gemeentelede.  By een huis klop hy en hoor dat die mense tuis is, maar hulle maak nie die deur oop nie.  Hy haal toe ‘n kaartjie uit sy sak en skryf daarop:  "Openb 3:20" en skuif dit onder die deur in.  Openb 3:20 lees:  "Kyk Ek staan by die deur en Ek klop…’’ Die volgende Sondag kry hy die kaartjie in die kollektebord met ‘n boodskappie onderaan:  "Gen 3:10". Die predikant trek die Bybel nader, soek dit op en lees: "Ek het U hoor wandel in die tuin en ek het bang geword, want ek was kaal"
 

Eendag in ou dae van die Wilde Weste, ry ‘n cowboy met sy perd man-alleen deur die woestyn. Hy kruis toe paaie met ‘n Indiaan. Die Indiaan le kaalgat op sy rug met sy stokstywe piel so punt-in-die-wind! "Wat maak jy?" Vra die cowboy. "Ek kyk hoe laat dit is", se die Indiaan en wys na die skaduwee wat sy zaber in die sand los. "En dit is nou so vier-uur." Die cowboy kyk op sy horlosie, en wragtig dit is vieruur! Heel impressed gallop hy en sy perd toe daar weg.  So ‘n ent verder kry hy weer ‘n kaal Indiaan wat op sy rug in die sand le, maar die mennetjie is besig om riem te ruk vir Guiness World Records soos hy soos ‘n maniak draad te trek. "Wat maak jy?" vra die cowboy. "Ek wen my horlosie op", kom die antwoord.

Die jagter gaan koop ‘n teleskoop vir sy geweer.  Hy kom by die wapenwinkel aan en die klerk show af met ‘n splinternuwe teleskoop wat al die pad van Switserland ingevoer is.  "Die ding is so gedetaileerd, jy kan ‘n haar van iemand se kop daarmee afskiet!" vertel hy. "Check hier by die ruit uit, daar doer teen die heuwel op.  Jy kan tot in my huis in kyk. Die jagter loer deur die teleskoop en begin lag.  "Wat nou?" vra die klerk. "Ek sien ‘n kaal ou en ‘n kaal vrou wat mekaar in die kamer rondjaag." se die jagter.  Die woedende klerk gryp die teleskoop en kyk.  "Dis my VROU!" skree hy kwaai. "En die vark van die huis langsaan!"  Hy gaan haal ‘n jaggeweer en gee dit vir die jagter saam met twee koeels. "Okei, jy kan obviously beter skiet as ek.  So, hier is twee koeels. Ek wil he jy moet haar kop van haar lyf wegblaas en jy moet hom tref op sy piel! Dan gee ek hierdie teleskoop vir jou present." Die jagter willig in, skroef die teleskoop op, haal die geweer oor en le aan.  Weer begin hy grinnik. "Wat lag jy nou weer?’’ vra die klerk. Die jagter reken:  "Weet jy, ek dink ek gaan net een koeel nodig he…"

Die dronkie kies kortpad deur die begrafplaas en neuk in 'n oop graf. Later die nag begin dit reen en die outjie kry koud… Huil hy kliphard:  "Help ag jimmel – iemand, help my tog, dis koud hier onder".  Stap Gatiep verby (ook maar lekker gesuip), steek vas, loer in die graf, gryp 'n graaf en begin die hoop sand ingooi terwyl hy troos: " Toemaar, toemaar, ek ishhhh hier – dishhhh g'n wonner jy kry koutie – jy't jousjelf dan oopgesjkop"

Die twee eerstejaar studente het 'n bietjie te ver met die vryery gegaan, en besluit om die nooi se ouers die naweek op die plaas oor die onverwagste swangerskap te gaan inlig.  Die hele aand het die kêrel gewroeg oor hoe hy die voorgenome skoonouers oor hul lot gaan vertel, maar hy kom nie sover om dit te doen nie. Die nag het hy sleg geslaap en die volgende more was hy vroeg op. Hy was heel verbaas om oral op die werf net Toyotas te sien.  In die motorhuis het 'n Camry gestaan, onder die boom 'n Hilux bakkie en in die stoor was 'n Land Cruiser. Selfs die plaas se naambord was geborg deur Toyota. Terwyl hy hom so verwonder, groet die oom hom skielik. Die arme kêrel skrik hom flou. Maar kenmerkend van 'n vindingryke student herstel hy gou en vra die oom uit oor sy baie Toyotas. "Toyotas het baie goeie masjiene. Hul ratkaste gee nie in nie. Die Land Cruiser se vere kan jy maar laat werk. Die onderstelle hou vir ewig. En selfs in die winter sukkel 'n mens nie om die Toyotas te start nie," sê die oom.  Waarop die kêrel vinnig antwoord: "Oom se dogter is seker ook 'n Toyota. Ek het haar net so 'n ligte stootjie gegee, toe vat sy."

Eendag merk die dominee 'n klein seuntjie in die voorportaal van die kerk op wat aandagtig na 'n groot gedenkplaat teen die muur staan en kyk. Dit was oortrek met name en daar was klein landsvlaggies weerskante. Die sewejarige seuntjie het vir 'n lang tyd aandagtig na die plaat gestaan en kyk. Toe loop die dominee nader, kom staan langs die seuntjie, en sê saggies: “Goeiemore my Seun”.

“More, Dominee” sê hy, met sy oë nog vasgenael op die plaat. “Dominee, wat is dit hierdie?” vra hy.
Die dominee antwoord: “Wel, my seun, dit is 'n gedenkplaat vir al die jongmanne wat in die diens gesterf het”.  In doodse stilte en met groot eerbied staan die twee toe voor die plaat en staar na die name.

Uiteindelik, in 'n skaars hoorbare stemmetjie en bewend van vrees vra die seuntjie: “Watter diens Dominee? Die agtuur- of die elfuurdiens”

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Grapgat | 2 Comments

So paar mid-week jokes

Helikopter

Elke jaar slaan Henk en Susan uit by die Rand Show en elke jaar smeek Henk: "Ag Susan, ek wil bietjie in daai chopper vlieg." Hy kry elke jaar dieselfde antwoord terug: "Daai ding is te duur. R200 is baie geld"

So gaan dit elke jaar. Henk smeek. Susan tune net elke keer "R200 is baie geld". Henk try sy luck nog eenkeer toe die pilot toevallig verbyloop en die gesprek hoor. Hy besluit toe om so bietjie met hulle te fok: "Ek sê julle wat – julle kan altwee vlieg en as julle kan stilbly deur die hele flight, dan is dit verniet. As julle 'n geluid maak, daan betaal julle my R200". Die couple stem in en hulle styg op. Aanvanklik vlieg die pilot oordentlik maar begin toe rondfok met dives en allerhande loops om die paartjie te laat skree, maar fokol gebeur. Hy land eventually die helikopter en terwyl hy sy helmet en baadjie uitrek skree hy vir Henk oor die laaste bietjie lawaai wat die rotors maak: "Ek het myself omtrent bang gevlieg maar ek kon nie 'n woord uit julle uit kry nie!" Henk skree van agter af terug: "Ek wou graag iets sê toe Susan by die helikopter se deur uitpoes, maar R200 is baie geld!"

Krimpies
'n Groepie Britse krimpies sit een aand by die Spur en eet en gesels toe een van die tannies skielik begin verstik aan 'n stuk steak. Die toeriste is uitgefreak en lyk hulpeloos, maar ou Hedrik staan op van die tafel of oorkant hulle om te kom help. "Can you swallows?" vra hy haar. Sy gooi handgebare wat nie sin maak nie. "Can you breeve?", vra die ou weer. Die antie se hande maak weer frantic wawiele en sy begin blou word. Die volgende oomblik lig Hendrik haar rok op, trek haar oversized panty af en lek die antie se hol. Sy skrik so groot dat sy die steak sommer projectile kots en weer begin asem haal. Terug by sy tafel hi-five Hedrik sy tjom wat hom tune: "Jissis ou, ek het al gehoor van die hind-lick manouvre, maar het dit nog nie in action gesien nie!"

Meyerton Laerskool
Die Engelse juffrou by 'n laerskool in Meyerton is effens confused. Elke oggend groet sy die kinders met "Good morning Class!" en elke keer is daar net een fokken laitie wat opstaan om die juffrou terug te groet. Sy strip een Maandag haar moer vir die klas: "You have no manners whatsover. Why is it that every time when I greet the whole class, only one little boy gets up to greet me back?"
Die laitie wat altyd opstaan staan weer op: "Juffrou, it are because I'm the enigste een whose name is Klaas…"

Brandweer
'n Omie is besig om sy plante te water toe hy die bure se dogtertjie opmerk in die erf langsaan. Sy het 'n rooi waentjie met geel plastiek leertjies wat afhang aan die kante. 'n Tuinslang is opgerol in die waentjie en sy dra 'n brandweer helmet. Die waentjie word deur haar kat en hond getrek. "Dis 'n oulike brandweerwaentjie!" laat die omie hoor. "Maar dink jy nie die arme katjie se leiband moet ook aan die waentjie vasgemaak word in plaas van aan sy eiertjies nie?" Die klein dogtertjie antwoord terug: "Nou wat de fok moet ek dan as 'n sirene gebruik, Einstein?"

Kortes

Ek het eenkeer op 'n trip in Thailand oorkant 'n fokken hot chick op die trein gesit en vir myself bly herhaal: "Moenie 'n boner kry nie, moenie 'n fokken boner kry nie!" …. maar sy het een gekry.

Mike tune vir Kallie: "Ek dink ek wil 'n labrador koop." Kallie: "Het jy al gesien hoe fokken baie van hulle eienaars blind word?"

Ek was gisteraand lekker besig in die bed met 'n blinde meisie. Sy het gesê dat my piel die grootste was wat sy nog ooit haar hand opgelê het. Ek dink sy was besing om my been te trek.

Ek het 400 skille spandeer op 'n penis enlargement produk. Toe ek dit oopmaak was daar net 'n fokken vergrootglas in die boks.
 
Ek het 'n arme ou tannie by die ice rink in Montana sien val. Wel, ek dink sy was arm. Daar was net R1.24 in haar beursie.
 
Wat is die verskil tussen Iron Man en Iron Woman? Die een is 'n superhero en die ander een is 'n opdrag.

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Grapgat | 10 Comments

So paar grappies saam met jou toebas.

Matte
'n Vrou loop rond in 'n duur matwinkel.  Net toe sy buk om aan 'n mooi mat te voel poep sy kliphard.  Volgende oomblik staan die assistent langs haar.
Ongemaklik vra sy "Hoeveel kos die mat?"
Die assistent antwoord "Mevrou, as jy gepoep het toe jy aan die mat gevat het, gaan jy definitief in jou broek kak as jy sy prys hoor."

1950
Vraag aan 85 jarige man: "Wanneer het Oom laas seks gehad?"
Oom: "So 1950"
"Dit was darem lank gelede, ne' oom?"
Oom: "Nee wat, dis nou eers 20h30"

Peanuts
Oom Boet sit een aand tuis vor die TV en vreet peanuts. Hy skiet dit in die lug op en vang dit met sy mond. Terwyl hy nog een in die lug in opskiet vra sy vrou vir hom 'n vraag. Toe hy sy kop draai om haar te antwoord, kom die peanut af en land in sy oor. Hy probeer dit uitkry maar druk dit net dieper in. Vroulief probeer help maar niks werk nie. Hulle besluit om hospitaal toe te gaan en net toe die tannie haar handsak het, kom hulle dogter en haar nuwe boyfriend terug van die movies af. Die jong laitie offer toe om die oom te help. Hy laat die oom sit, druk sy vingers in sy neusgate op en tune hom om te blaas. Die peanut skiet by die oom se oor uit en almal is moerse happy. Die tannie bied vir die seun aandete aan. Later toe hy weg is tune sy haar man: "Dis 'n oulike seun. Ek wonder wat hy gaan word as hy ouer is."

Die omie antwoord terug: "Tien teen een ons skoonseun. Jy moes sy vingers geruik het"

Mike & Kallie
Die pilot kondig af: "Ladies and gentlemen. We are now entering the Ethiopian airspace. Here 40% of the population are infected with TB.  The other 60% are infected with the HIV virus."
"Wat sê daai ou?" vra Mike vir Kallie.
Hy sê "As die vliegtuig nou val, moet ons net dié spyker wat hoes."

Blond
Blond huil vreeslik tydens die geboorte van haar tweeling. Dokter vra verbaas: "Hoekom huil jy so vreeslik, jy het dan nounet 'n tweeling ryker geraak?"
"Ja", sê sy, "maar ek weet nie wie die pa van die tweede  een is nie!"

Viagra
Oom vra apteker vir 'n kwart sterkte Viagra.
Apteker: "'n Kwart sal oom nooit 'n ereksie gee nie!"
Oom: "Ek's nie gepla oor 'n ereksie nie.  Ek wil net nie meer op my skoene pis nie!"

Jagtrip
Die ou gaan gereeld jag en sy vrou moet altyd by die huis bly. Sy besluit toe om vir haar `n geweer te koop en saam te gaan jag. Op die plaas aangekom sê hy vir haar om links teen die rivier af te loop dan loop hy regs teen die rivier af. Hulle sal dan weer mekaar onder by die hoofhek ontmoet. So gesê, so gedaan.

Hy het skaars 200 meter geloop toe hy drie skote hoor klap.  Hy hardloop terug in haar rigting en by die rivier kry hy haar.  Sy stry kliphard met `n man: "Meneer, dit is my Kudu die ek het hom eerste gesien en drie kopskote gegee!"

"Goed mevrou, ek gaan nie verder met jou stry nie, vat dan die kudu vir jou, maar gee jy om as ek darem net my saal en toom van jou kudu afhaal!?"

Wurms
Koos stap eendag by sy dokter se spreekkamer in en kla dat hy dink dat hy dalk 'n lintwurm het.Die dokter het hom deeglik ondersoek en saamgestem.
Dokter: "Ek wil hê jy moet more terugkom om jou behandeling te begin en ek wil hê jy moet vir my 'n piesang en 'n koekie saambring."
Koos is effens verward, maar doen maar wat die dokter van hom verwag. Die volgende dag is hy terug met sy piesang en sy koekie.
Dokter: "Uitstekend, trek nou asseblief jou broek uit en buk vooroor. Dit gaan niks seermaak nie."
Nou ja, wat kan hy doen? Hy trek sy broek af, buk vooroor en die dokter druk die piesang in sy hol op. Hy wag 'n minuut -
presies 60 sekonde later volg die koekie die pad van die piesang. Woerts! In sy hol op.
Dokter: "Nou ja, dit was die eerste deel van jou behandeling. As jy wil hê dit moet regtig werk, kom more terug met nog 'n piesang en nog 'n koekie."
Arme Koos is daar weg met trane van pyn en vernedering in sy oë, maar die volgende dag is hy terug – piesang, koekie en al. Presies dieselfde gebeur op dag twee, dag drie en dag vier… Eers die piesang, dan die koekie. En so gaan dit vir 'n hele week lank aan.
Dokter: "Veels geluk, more is jou heel laaste behandeling. Ek wil graag hê jy moet 'n piesang en 'n hamer saambring."
Koos (bang verby, wil nie eens dink waarvoor die hamer is nie): "Nie 'n koekie nie?"
Dokter: "Nee, 'n hamer."
Die volgende dag is Koos terug – met sy piesang en sy hamer.
Dokter:"Nou ja, meneer Van der Merwe, jy ken nou al die roetine. Broek uit, buk af. Die dokter druk die piesang op, kyk op sy horlosie en tel die hamer op.
Een minuut gaan verby. Twee minute gaan verby. Drie minute. En uiteindelik na vier minute… druk die wurm sy klein koppie by Koos se poefenjorts uit en skree: "Waar's my fokken koekie!!!??"

pop job

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Ook gefile in blou maandag | 9 Comments

So paar kak jokes voor die naweek.

Bome
Twee ouens wat vir Parkeraad werk is hard aan die besig  – die een ou grawe 'n gat en die ander ou gooi weer grond in. 'n Omie wat met sy hond deur die parkie loop kom op hulle af: "Check, ek kan sien julle werk hard, maar wat is die fokken punt? Jy grawe 'n gat en jou tjommie gooi dit weer toe?"
Die een bra vee sy voorkop af en antwoord: "Ons is gewoonlik drie ouens, maar die ou wat die bome plant is by die huis met 'n hangover."

Boere en jakkalse
'n Klomp boere hou vergadering in die Vrystaat oor die jakkalse wat die skape so afmaai. Natuurbewaring stuur 'n jong dametjie om die boere te kom oortuig om nie die diere uit te wis nie. 'n Paar voorstelle word daar aan die vergadering voorgelê.

Een idee is om die mannetjie jakkalse te vang en steriliseer, en so getalle te begin beheer sonder om die spesie uit te wis. Sit een omie baie aandagtig en luister en op die uitnodiging om vrae te stel, vra hy sy beurt aan en sê: "Juffrou jy verstaan nie die probleem so mooi nie. Die jakkalse naai nie ons skape nie, hulle EET die fokken goed!"

Dronk jagtrip
Drie ooms, Piet, Sarel en Koos is goeie ou jag vriende.  Hulle jag gereeld saam maar oom Piet drink verskriklik. 

Die drie gaan jag vir die naweek in die Vrystaat, en oordat oom Sarel en Koos vir oom Piet goed ken, vat hulle genoeg dop saam vir vier naweke se kuier.  Kom die manne by die jag kamp aan, skink oom Piet vir almal 'n dop.  Oom Sarel en Koos is nog besig met die eerste klippies en coke toe Oom Piet die eerste bottie klippies klaar maak. 

So gaan dit aan tot later in die aand toe oom Piet eventually uitpaas en al die dop is klaar. Oom Sarel en Koos besluit om vir oom Piet 'n moerse les te leer en skiet skelm 'n rooibok. Hulle slag die bok af en steek die derms en binnegoed in oom Piet se broek daar waar hy in sy dronkenskap uitgepaas lê.

Die volgende more roep die moeder natuur vir oom Piet na die 4 kaste klippies en 8 kaste coke wat hy gedrink het. Hy storm in die bos in en bly weg vir drie ure. Toe hy eventually terugkom lyk dit of hy 'n spook gesien het. Oom Sarel tune hom: "Jissis Piet, hoekom het jy so lank weggebly? Ons het begin worry oor jou, ou maat!" Antwoord oom Piet terug: "Jirre kêrels, toe ek my broek losmaak om te pis te val my derms uit. Dit het my drie ure gevat om alles terug te sit. Ek drink NOOIT weer nie! "

Gatiep en Meraai
Meraai is besig om eiers te bak toe Gatiep van agter af kom en haar 'n klap op die boud gee: "Ek sê, ou Dikkes! As jy van hierdie vet ontslae raak sal die ride bietjie smoother wees!" Meraai draai om en klap hom dwars oor die piel met die pan: "Jy weet ou Slappes, as jy bietjie meer om daai stokkie gehad het kan ons ontslae raak van die posman, die buurmaan en jou broer, jou naai!"

Slaailepel
In 'n klein dorpie in die Vrystaat trek 'n jong dametjie by die dominee in oordat sy nie blyplek het nie. Die stories begin die rondtes doen in die dorp en een van gemeente lede, Oom Daan, besluit om ondersoek in te stel. Hy bel die dominee en reel dat hy en sy vrou by die dominee kom eet. Oom Daan en sy vrou bring toe al die kos en geniet 'n ete saam met die dominee en die jong dame.

Later die week bel die dominee vir oom Daan. "Oom Daan, ek wil nou nie se julle steel nie, maar daai mooi slaailepel wat ek in Pakistan gekry het is weg vandat julle hier gekuier het". Oom Daan antwoord "Dominee, ek wil nou nie sê jy naai daai fietse jonge dame nie, maar as jy in jou eie bed geslaap het, dan het jy jou slaailepel gekry".

Wildtuin vibes
Ma en pa vat hul vertraagde seuntjie, Marius, wildtuin toe.  Marius is heel excited, venster oop gil en giggel en gaan aan.  Die volgende oomblik storm 'n volstruis hom, pik hom dat die bloed spat.  Dis net vere, geraas en chaos in die kar!!

Marius sit so terug vir 'n paar minute, kyk vir sy ma en sê: Fokken duif.

Ford Escourt
Ou Oom Frik is 'n groot Ford aanhanger en wil 'n klein motortjie koop.  Hy lees in die koerant: Escourt Agency – en skakel sommer dadelik die nommer. "Dagse Dame.  Het julle enige Escourts en hoeveel kos hulle?" "Ja meneer ons het.  Hulle wissel tussen R200 en R250."

"DONNER, my meisie.  Wie het hulle so in hulle moer gery?"

Checkers chat-ups
Piet staan in die queue by Checkers se til. Hy vang so uit die hoek van sy oog dat 'n fokken mooi cherrie haar hand efens lig om te waai en smile. Sy lyk vir hom moerse bekend maar hy kan nie dink van waar af nie en stap oor na haar toe: "Sorry, maar ken ons mekaar?" Sy antwoord terug:  "Ek mag verkeerd wees, maar ek dink jy is die pa van een van my kinders?" Piet dink nou fokken hard aan wanneer hy sy vrou verneuk het: "Is jy die girl wat ek jare terug by daai strip joint in Sunnyside op die pooltafel gespyker het?". Sy strip dadelik haar moer: "Ek is jou laitie se Wiskunde onderwyseres, jou fokken vark!"

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Grapgat | 10 Comments