Moeroelas
Oom leeu lê lekker en slaap onder die maroelaboom. Bo in die boom sit 'n verveelde bobbejaan. Hy pluk 'n maroela en moer leeu een teen die oor. Leeu kyk rond en toe op, en toe sien hy die bobbejaan. "As jy my weer wakker maak…", waarsku leeu en probeer weer bietjie slaap. Nou raak die speletjie lekker vir die bobbejaan, en elke keer as leeu net so wil-wil wegraak, dan bliksem 'n maroela hom weer teen die kop. Goed kwaad, waarsku hy die bobbejaan om op te hou, maar die bobbejaan vee sy gat aan hom af. Die maroelas raak al min in die boom, en toe bobbejaan weereens dit waag om ver uit te reik na 'n maroela aan 'n dun takkie, verloor hy sy balans en bliksem teen die spoed van bedonnerd uit die boom uit. Hy beland amper op die leeu. Leeu is onmiddelik by en gryp hom vas. "Nou het ek jou, jou moer!!! Jy kan kies. Of ek byt jou kop af, of ek byt jou stert af." Bewend van vrees dink die bobbejaan lank en sê toe: "Byt maar my kop af." Leeu sê: "Is jy nou simpel, as ek jou kop afbyt is jy dood!" "Ja," sê die bobbejaan, "maar as jy my stert afbyt lyk ek soos fokken Robert Mugabe."
Diere maniere
'n Kameel en 'n olifant sit en kak praat. Olifant vra vir kameel: "Nou maar hoekom sit jou tiete op jou rug?" Kap kameel terug: "Dis nogal rich, veral van iemand wie se fokken tril op sy gesig groei!"
Beste ding uit
Wat is die beste ding wat nog ooit uit die Kaap uit gekom het?
Die N1
Vinkel en koljander
Twee manne staan in die bar se toilets en handskud met hulle vrouens se beste vriende. Laat die een man mos enetjie gaan. Die ander ou miss nie 'n beat nie en tune hom once:"Ja-nee, 'n pis sonder 'n poep is soos 'n huis sonder 'n stoep."
Jannie
Jannie verstik in iets en sê:"Daar's 'n parra in my keel Sy ma is baie kwaad en sê: "Los jou sussie uit en moemfie ook .





Koos vs. Saddam
Knoeiwerk
Twee blondes wat verwag sit en brei.
Tune die een: "Ek hoop ek kry 'n dogtertjie want ek check nou my wol is pienk."
Skiet die anner een: "En ek hoop ek kry 'n retard, want ek het nounet hierdie trui se moue opgefok."
Koos vs. Saddam
Saddam sit en draties kap met die nuutste Maxim magazine toe hy 'n long distance oproep kry.
"Howzit Saddam!", sê iemand in gebroke Engels. "Koos hier van Welkom, Suid-Afrika. Ek bel net om te sê ons verklaar oorlog en ons gaan vir julle opfok."
"Wel Koos," tune Saddam. "Dis piele. Hoe groot is jou army?"
"Op die oomblik," sê Koos, "issit ek, my neef Jan, my buurman Lang Hannes en die poolteam hier by die klub. Dit maak agt"
Na 'n oomblik se stilte tune Saddam: "Ek het 'n miljoen ouens in my army ou pel en ons gaan vir jou naai."
"Bliksem," tune Koos. "Ek bel jou terug."
Sure enough, die anderdagmore bel Koos terug. "Saddam, my china, die oorlog gaan voort. Ons is mobilised."
"Soos wat?" skiet ou Saddam terug.
"Wel ons het vier Hilux double cabs, twee combies, 'n stootskraper en vet Gert se John Deere. Hoe's daai?"
Saddam sug en sê: "Luister hier Koos, ek het 16 000 tenks en 14 000 armoured personnel carriers. My army is nou al 1.5 miljoen ouens sterk sedert laas."
"Liewe hel," tune Koos. "Ek kom more terug na jou toe."
So waar as wragtig bel Koos die volgende dag terug. "Saddam, ou swaer, die oorlgo is aan pellie en ons het air power. Ou Doepie se microlight is modified en die ouens van die Virginia hengelclub join ons ook."
Antwoord Saddam heel amused: "Ek het 10 000 bombers en 20 000 fighter planes nie eers te praat van die missiele en anti-aircraft guns nie. En my army is nou al 2 miljoen man sterk.
"Twee miljoen," vra Koos ongelowig. "Goeie hel," sê Koos. "Ek bel jou terug."
Dis aand en more en die volgende dag bel Koos terug. "Jis, jis, jis Saddam. Sorry om jou aan 'n lyn te hou man, maar die oorlog is af."
"Ek's fokken jammer om dit te hoor, " tune Saddam. "Hoekom nou ewe skielik?"
"Wel, die saak staan so" sê Koos. "Ons het 'n lang chat gehad oor 'n bottel Klippies en toe besef daar's geen fokken manier waarop ons twee mijoen prisoners kan voer nie."