Category Archives: Grapgat

Vier vinnige grappe voor jy fokof…

Krimpie klagtes
Drie krimpies sit op die stoep by Huis Herfsblaar. Oom Fanie tune: "Manne, ek het 'n probleem. Ek is nou 70 en ek sukkel om te pis. Elke oggend staan ek 7 uur op en probeer alles om te pis en niks help nie. Hulle gee vir my even medisyne maar fokol help"
Oom Frik gee ook 'n diep sug: "Kyk, ek is nou net skuins oor die 80 en ek weet waarvan jy praat, ou Faans. Ek staan ook net na 7 op en ek sukkel ook om te pis, maar dis vir my effens erger, want ek sukkel om te kak ook en nie eers groen tee wil my maag laat loop nie."
Oom Louis steek sy pyp op en tuur in die verte in: "Ek is net onder neeeeentig, ou vriende. Klokslag elke oggend om seeeewe, dan laat loop ek met die pielietjie en ek vang ook sommer 'n gesonde ou kak. Die probleem is, ek word eers hier by neeege wakker."

'n Briefie aan Jesus
'n Poskantoorwerker kom af op 'n koevert sonder 'n stamp en 'n moerse kak handskrif. Die brief is aan Jesus ge-addresseer. Hy besluit om die brief oop te maak en te kyk wat aangaan. Hy kom agter dat dit van 'n ou tannie af is wat aangaan oor hoe swaar sy kry omdat iemand haar van R100 beroof het en dat sy die volgende maand gaan honger ly as daar nie een of ander tipe van divine intervention gaan plaasvind nie.

Die werker voel half jammer vir die ou tannie en samel geld in by drie ander werkers wat saam met hom elkeen R20 donate. Hulle pos die geld sommer in 'n koevert na die tannie se return adres toe.

Twee weke later herken die werker weer die tannie se handskrif. Weer aan Jesus ge-addresseer sonder 'n stamp. Weer maak hy dit oop en lees:

"Dankie Jesus, dat jy my geld wat gesteel is vir my vervang het. Ek sou sweerlik nie hierdie maand oorleef het nie. P.S. Daar was R20 short gewees. Dit was seker daai konte by die Poskantoor"

Lekker broodjies
Jan loop by 'n pub in en sien 'n sign wat tune:
Cheese sandwich – R10.50
Chicken sandwich – R15.50
Hand jobs – R60
Hy check sy beursie vir zak en loop na die bar toe waar 'n moerse hot blonde chick met groot kanne agter die counter werk.
"Kan ek jou help, meneer?" vra sy wupls.
"Ek het gewonder," fluister Jan, "is jy die een wat die hand jobs gee?"
Sy tilt haar kop en gooi haar hare effens eenkant toe en giggel "Yup, dit sal ek wees!"
Tune Jan haar "Wel, gaan was jou hande, ek soek 'n fokken chicken sandwich!"

Genie maak 'n plan
'n Man stap rond op 'n strand in Kaapstad en kom op 'n ou lamp af. Soos met enige lamp wat mens optel op 'n strand in Kaapstad, pop daar 'n genie uit:
"Ok, jy het my lamp opgetel. Blah-blah-blah. Dis die vierde fokken keer hierdie week. Whoop-die-fokken-doo! Ek raak gatvol vir hierdie kak. Jy kry een wens in plaas van drie. Wat sal dit wees, ou grote? Make it snappy!"
Die man dink so bietjie na en kom toe op met sy wens: "Ek wou nog altyd Hawaii toe gaan, maar ek is fokken bang om te vlieg. Ek kan ook nie eers in 'n roeiboot sit vir langer as 5 minute voor ek seesiek word nie. Kan jy vir my 'n brug bou Hawaii toe en 'n nice camper van met 'n trailer vol petrol gee sodat ek soontoe kan ry?"
Die genie grinnik en skud sy kop: "Dis fokken onmoontlik. Dink net aan al die logistics. Hoe kry ek die brug se support beams tot op die bodem? Dink aan al die konkryt wat gegooi moet word. Al daai staal! Jy is seker befok in jou kop. Dink aan iets anders. Die brug en die camper van is in elk geval twee apparte wense."
Weer sit die man en dink en kom op met sy replacement wens: "Ok, hier is die storie… Ek is al drie keer getroud en geskei. Die vrouens in my lewe vertel my altyd dat ek onsensitief is en nie omgee nie. So hier is my wens: ek wens ek kan vrouens verstaan – hoe hulle voel en waaraan hulle dink as hulle my die silent treatment gee. Ek wil weet hoekom hulle huil en wat hulle bedoel wanneer  hulle antwoord "niks nie" as ek vra wat fout is."
Die genie antwoord die man: "So soek jy daai brug met twee of vier lanes en soek jy regular of unleaded petrol vir jou camper?"

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Grapgat | 7 Comments

So paar mid-week jokes…

Begrafnis
Die kisdraers is besig om 'n tannie wat gesterf het se doodskis uit te dra na die diens toe hulle per ongeluk die kis teen 'n hoek van die muur stamp. Vanuit die kis hoor hulle 'n sagte gekreun. Tot die begrafnisondernemer se embarrasement maak hulle die kis oop net om die ou tannie nogsteeds lewendig te vind.
Sy lewe vir nog tien jaar voor sy afsterf en die begrafnisdiens word by dieselfde plek gehou. Die kisdraers is amper naby die deur toe toe wewenaar skielik vir hulle skree: "Pasop tog net vir die fokken muur hierdie keer!"

Liewe ouers!
Jannie loop by sy ouers se slaapkamer in terwyl sy pa besig is om 'n effie oor sy zaber te trek, net reg om Jannie se ma onder die lakens by te kom. Moerse embarrased met 'n full-on ereksie buig Jannie se pa skielik vorentoe en maak asof hy iets onder die bed soek.
Jannie: "Wat doen jy, pappa?"
Pa: "uhm.. kyk.. uhm daar is 'n rot wat onder die bed ingehardloop het…"
Jannie: "So wat wil pappa doen? Die ding dood naai?"

Hoofpyn
Koos loop kaal by die badkamer uit en klim langs sy vrou in die bed. Soos gewoonlik het sy 'n klaende stem: "Nie vanaand nie, ek het 'n hoofpyn"
Sonder om te huiwer antwoord Koos: "No worries, ek het nou net my piel met pakkie 'n Grandpa gepoeier. Soek jy hom in die mond of in die hol?"

Krimpie dinner
Oom Japie is op sy gereelde besoek by die dokter en vra die dokter of daar 'n manier is waarop hy kan vasstel of sy ewe bejaarde vrou doof is, want dinge in die krimpies se huwelik is nie meer so sharp soos wat dit altyd was nie.
Die dokter gee die volgende raad: "Wel oom, as die tannie nie wil inkom vir toetse nie moet oom maar self probeer vasstel hoe doof sy eintlik is. Probeer met haar praat as oom by die huis aankom. As daar nie 'n response is nie, beweeg elke keer 'n klein bietjie nader en praat dan maar weer. Oom sal dan sien min of meer hoe doof sy is soos wat oom nader aan haar moet staan"
Daardie aand kom die oom Japie by die huis en roep van die deur af: "Gertruida, ek is terug van die dorp af. Wat is vir aandete?!"
Hy hoor geen antwoord nie en stap nog so paar tree in die huis in: "My bokkie, wat eet ons vanaand?!"
Doodstil.

Hy loop toe tot reg agter haar, vat aan haar arm en probeer weer: "Gerruida! Wat eet ons vanaand!?"
Die tannie draai vies om en skree: "Vir die derde keer, ek het fokken wors en mash gemaak jou dowe kont!!!"

bill gates

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Grapgat | 8 Comments

Kraak ‘n smile of twee

Briewe
'n Man en vrou besluit om kodewoorde te gebruik vir wanneer hulle wil gaan zaber sodat die kids nie agterkom wat aangaan nie. Hulle besluit toe op "Briewe tik".

'n Dag of wat later tune die pa sy 4-jarige dogtertjie: "Gaan sê vir mamma dat pappa lus is om 'n brief te tik"

Die dogtertjie dra die boodskap aan haar ma oor en sy vra haar dogter om weer 'n boodskap vir haar pa te stuur: "Sê vir pappa ons kan nie vandag briewe tik nie – daar is 'n rooi lint in die tikmasjien." Die dogtertjie maak toe so.

'n Paar dae later stuur die ma weer die kind na die pa toe: "Gaan vertel vir pappa dat mamma nou reg is om daai brief te tik". Die dogtertjie doen so waarop haar pa antwoord: "Sê vir mamma om nie te worry oor die brief nie, my kind. Pappa het hom sommer met die hand uitgeskryf."

Kalenderpes
'n Onlangse studie het bewys dat vrouens verskillende tipe mans verkies tydens hulle kalenderpes cycles afhangende van waar hulle met die cycle trek. Wanneer 'n vrou ovuleer verkies sy gespierde, aantreklike mans.
Maar net voor sy menstrueer verkies sy 'n man wat in petrol ge-soak is met 'n sker in sy voorkop en 'n krieketbat wat by sy hol opgedruk is.

Beter job
Koos loop by die slaapkamer in en kry sy vrou waar sy besig is om haar tasse te pak.
Koos: "Wat maak jy?"
Vrou: "Ek trek Londen toe. Ek hoor prostitute daar word £400 betaal vir wat ek by die huis verniet weggee!"
Koos begin sy tas ook te pak tot verbasing van sy vrou.
Vrou: "En nou, hoekom pak JY jou tasse?"
Koos: "Ek kom saam. Ek wil sien hoe fokken lewe jy op £800 per jaar!"

Julius Malema
Julius park sy nuwe Range Rover wat een van sy "business partners" vir hom as persent gegee het voor Luthuli House om af te show. Hy is skaars uit die kar uit of 'n taxi kom met skreeuende tyres om die hoek en haal sy nuwe kar se deur fokken skoon af.
Julius bekak homself en gil op een van sy blue light cops: "Arrest that fucking agent! Look at my car!"
Die cop is al lankal gatvol vir sy baas en tune vir Julius: "You and your youth league are so materialisic. You are so worried about materialistic things and wealth that you don't even notice anything else in your life!"
Julius freak uit: "How can you be so disrespectful at a time like this!?"
Die cop tune hom: "Didn't you realise that your right arm was torn off when that taxi took off the door??!"
Malema verloor dit: "Fucking hell! My Breitling watch! Where is my Breitling watch??!"

Fokken hippies en vegatarians:


fokken hippies

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Grapgat | 16 Comments

Begin jou Woensdag met ‘n paar grappe

Matrose

'n Depressed hipster chick in Kaapstad besluit om haar lewe te eindig deur by die hawe dramaties in die see in te spring. Daar aangekom is daar 'n matroos wat sien sy staan en tjank en sy vertel hom van haar depressie.

"Check, jy het baie om voor te lewe. My skip gaan more Amerika toe en ek kan jou wegsteek. As jy in Amerika nogsteeds wil selfmoord pleeg kan ek jou seker nie keer nie, maar gee die lewe nog een kans op 'n nuwe kontinent". Hy voeg ook by: "Ek sal mooi na jou kyk en elke dag vir jou kos bring in jou wegkruipplek. Ek hou jou happy en jy hou my happy" tune hy met 'n knipoog en streel oor haar boud.

Die chick stem in op die deal en later die aand steek die matroos haar weg in een van die lifeboats. Elke aand bring hy vir haar vrugte en broodjies en dan naai hulle dat die manbotter spat.

Drie weke later ontdek die kaptein haar toevallig met 'n ongereelde inspeksie van sy skip: "En waddefok gaan hier aan?" vra hy vir die chick.
"Ek het 'n deal met een van die matrose", antwoord sy skaam terug, kop onderstebo. "Hy smokkel my Amerika toe en in ruil daarvoor laat ek dat hy my naai"
Die kaptein antwoord terug: "Hy is verfokken seker besig om jou te naai. Hierdie is die ferry wat elke dag Robben Eiland toe gaan!"

Die Lugmag

Jannie join die lugmag en stuur vir sy pa 'n e-mail waarin hy tune dat hy fokken bang is vir hulle training, maar meer spesifiek die parachute jumps wat in die week gaan plaasvind.

Die pa raak effens bekommerd en die gesprek gaan oor na SMS toe.
Pa:"Seuna, wat gaan aan? Hoe was die valskermsprong?"
Jannie: "Ek was laaste om te spring. Toe my beurt aanbreek het die sersant agter my kom staan en geskree dat ek moet spring of hy druk sy 12 duim piel in my hol op!"
Pa: "Het jy toe gespring, my seun?"
Jannie: "Ag, net so effens aan die begin…"

Fyndraai

Koos het effens probleme met sy onderstel en raak te gou opgewonde. As sy vrou net aan sy piep raak begin die outjie klaar te convulse. Hy bespluit om 'n dokter te gaan sien (hy kom sommer vroeg vir die afspraak ook aan).
Die dokter het nie veel om te deel nie, maar los vir Koos met hierdie wyse woorde: "Elke keer as jy dink jy gaan kom, probeer om jouself skrik te maak op 'n manier. Dit behoort die job te doen."

Koos suiker toe af Sportman's Warehouse toe en koop vir hom een van daai atletiek rollies wat die blanks skiet vir die 100m resies.
Terug by die huis is Koos se vrou poedelnaak en oopketel op die bed. Hulle begin sommer met 'n 69. Dis nie eers tien sekondes nie en Koos kom agter dat sy vleisgeweer wil begin skiet. Hy ruk die atletiek rollie uit en vuur 'n skoot af.

Die volgende dag is Koos terug by die dokter: "Hierdie fokken storie werk nie. My vrou het in my gesig gepis, my zaber se kop afgebyt en die buurman het uit die klerekas gespring met sy hande in die lug!"

Lelik

Hoe weet jy dat jy 'n lelike bliksem is?
As die hond sy ogies toemaak terwyl hy jou been naai.

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Grapgat | 15 Comments