Aussie rulz
Wat noem jy 'n skaap wat aan 'n boom vasgemaak is in Australië? 'n PlayStation
Hoe skei 'n Australiër? Hy vat die skaap slagpale toe.
Wat noem jy 'n Aussie met 'n skaap onder een arm en 'n bok onder die ander? Bi-seksueel
Kelnerinne
Die toeriste kom in Hluhluwe aan in Zoeloeland en kan nie besluit oor hoe om die naam uit te spreek nie. Na 'n groot debat besluit hulle om maar iets te gaan eet. Hulle kom toe in die restaurant aan en besluit om die kelnerin te vra: "Ag sal jy asseblief so gaaf wees om ons te vertel hoe mens julle plekkie se naam uitspreek?" "Ja seker" is die kelnerin se antwoord, "'n Mens spreek dit so uit: Sspuuurr!"
Klokkies
Die priesters se opleiding is amper afgehandel voor hulle na hul onderskeie gemeentes vertrek. 'n Voorstel vir 'n laaste toets word toe gedoen om te sien hoe gefokus hulle is op onthouding. Hulle word almal uitgetrek en staan gemaak in 'n ry langs mekaar. Aan elkeen se piel word 'n klokkie vasgebind. 'n Stripper word ingelaat en sy dans en skuur teen almal dat die stof so staan, maar niks gebeur nie. By die laaste priester is daar so bietjie motion, soveel actually dat sy klokkie van sy piel afspring. Toe hy vorentoe tree en buk om sy klokkie op te tel bars daar een fokken moerse klokkespel uit.
Jesus
Klein Dawie is besig met sy aandgebedjie. "Liewe Jesus, wees asseblief tog met Pappa en met Mamma en wees asseblief tog met Sandra en met Hendrik en wees asseblief tog met Oupa en Ouma en Wagter en Kietsie." Hy bly 'n paar oomblikke stil voordat hy verder gaan. "… en Liewe Jesus, Jy moet tog mooi kyk na jouself. Want as JY iets moet oorkom, dan is daar groot kak! Amen.
Viskoekies
Die goose bring haar nuwe boyfriend vir die eerste keer huis toe vir ete. Halfpad deur die dinner sê die ou: "Jirre tannie, dit is beslis die lekkerste viskoekies wat ek nog ooit geeet het." Met die pomp sy chick hom hard in die ribbekas met haar elmboog en fluister hard: "Jissis, eet met jou fokken ander hand. Dis pampoenkoekies, my fok!"






Die haantjie
Die boer se enigste haan is dood en hy besluit om by die Kaapse mark te gaan kyk vir 'n plaasvervanger. Daar aangekom, kry hy vir Gatiep wat 'n haantjie te koop aanbied.
"Hierdie haantjie is soos Outsurance, hy dek alles" beduie Gatiep en die boer koop hom toe. Op die plaas word haantjie by die henne ingegooi en soos Gatiep beloof het, is die haantjie vreeslik gewillig en in 'n oogwink draf hy al die henne deur.
Toe die boer weer kyk, is hy by die eende, toe by die ganse, by die kalkoene en die boer is sommer baie in sy noppies met die kopie.
Maar die volgende oggend kom ou Simon by die boer en deel hom mee dat die haantjie dood lê in die veld. Hy wys na waar die aasvoëls dan ook reeds al draai. Die boer is sommer baie hartseer, en hy en Simon stap soontoe om vas te stel wat met die haantjie gebeur het. Toe hulle naby kom, lig die haantjie sy kop op en fluister "Ek's okay. Ek wag net vir daardie fokken aasvoëls om te land."