Category Archives: Grapgat

So paar quickies vir Donderdag

Liewe Lena

Liewe Lena

Ek het 'n man wat ek nie kan vertrou nie. Hy verneuk my so baie, ek weet nie eers of die kind wat ek verwag syne is nie.

Liewe Lena

Ek is 'n 23-jarige bevryde vrou wat al twee jaar lank op die Pil is. Dit raak nou duur, en ek dink my kêrel moet begin om die helfte te betaal. Maar ek dink nie ek ken hom goed genoeg om met geld oor hom te praat nie.

Liewe Lena

Ek is al drie maande lank met Dries getroud. Ek het nie geweet hy het 'n drankprobleem nie totdat hy een aand nugter by die huis gekom het.

Liewe Lena

Twee vroue het in die woonstel regoor my ingetrek, een middeljarig en die ander een in haar vroeë twintigs. Hulle gaan oral saam en ek het nog nooit 'n man gesien wat by hul woonstel inkom of uitgaan nie. Dink jy hulle is Lebanese?
 
Seks met die goose

Twee kollegas geniet 'n branna ná werk.
"Jy weet," sê die een, "ek glo in outydse morele waardes. Ek het nie voor ons troue my vrou genaai nie. Kan jy dieselfde sê?"
Die ander ou dink so 'n bietjie en antwoord: "Fok, ek is nie seker nie. Wat was jou vrou se nooiensvan?"

Hondjies vir Jesus

'n Ou kom huilend by 'n dominee aan.
Dominee: "Hoekom so hartseer, broer?"
Man: "My hond is dood. Sal dominee hom begrawe, asseblief?"
Dominee: "Nee broer, ons begrawe nie diere nie. Probeer die AGS oorkant die straat."
Man: "Goed, dink dominee hulle sal 'n donasie van R50000 aanvaar?"
Dominee: "My fok broer, kom sit, pleks jy sê dis 'n NG-hondjie!

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Grapgat | 2 Comments

Bennie se liksens

Bennie van Rooihuiskraal het sopas sy drivers liksens by Centurion gekry en besluit om met sy pa te gesels oor 'n Golf Chico.

Sy pa besluit om hom 'n fair deal te cut: "Raait, seun – bring jou skoolwerk op van 'n D na 'n C toe, lees bybel en sny jou takhare af. Dan kan ons praat oor die Golfie"

Die laitie besluit dis fair genoeg en stem in tot die voorwaardes.

So ses weke later tune die oom sy seun: "Bennie, ek check jou skoolwerk het verbeter en ek vang jou so nou en dan bybel lees, maar daai hare moet nog steeds waai of jy kry nie jou kar nie"

Bennie antwoord sy pa: "Ek so bietjie daaroor gedink. Baie ouens in die bybel het langhare gehad – Johannes die doper, Simson en blykbaar Jesus ook."

Sy pa tune hom: "Het jy ook gecheck dat Jesus fokken orals heen moes loop waar hy wou kom?"

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Grapgat | Leave a comment

Dis naweek.

Grapgat voor ons duik:

Moffie in salon: "Ek wens ek het meer borshare gehad." n Vrou wat dit hoor se: "Ek het gehoor vaseline help, smeer net elke aand bietjie aan". Die moffie klap sy tong en met een pap handjie in die lug haak hy af: "Ag nou praat jy kak doll, dan moes daar al lankal n ponytail by my hol uitgehang het!"

naweek9

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Ook gefile in duik, naweek | 21 Comments

Die krimpie en die laitie

‘n Krimpie sit op ‘n bankie buitekant Centurion Mall. Langs hom kom sit ‘n emo laitie met spike hare wat woes in alles rigtings staan en dit lyk of ‘n reënboog op sy kop gekak het.

Die ou omie staar vir die laitie. Die laitie tune die omie na ‘n ruk: “Wat’s jou fokken probleem ou ballie, het jy nog nooit iets wild gedoen in jou lewe nie, huh?” Die bewekop trek aan sy pyp, tuur oor die parking lot uit, blaas die die rook uit en antwoord hom: “Wel, ou seun, ek het een dag toe ek baie jonger was poesdronk geword en ‘n papegaai genaai. Ek het maar net gewonder of jy my laitie is…”

papegaai

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Grapgat | 3 Comments