Category Archives: Grapgat

Nege grappies voor jy fokof…

#1. 'n Man kom by die pastoor om te bieg…

Man: "Vergeef my vader ek het gesondig. Ek het gister met my vrou omgang gehad "
Pastoor: "Was dit dan teen haar sin?"
Man: "Nee, maar ek het haar van agter af gelooi."
Pastoor: "O ja? En dit was teen haar sin?"
Man: "Wel nee, maar haar kop was so half in die  vrieskas."
Pastoor: "Oeeee koud! En dit was sekerlik teen haar sin?"
Man: "Nee, ook nie …"
Pastoor: "Waaroor bekommer julle dan? Jy het duidelik glad nie gesondig nie!"
Man: "Dis moerse goeie nuus maar  ek dink nie een van ons twee gaan ooit weer fokken Woolworths toe nie!"

#2. Laitie tune sy pa: "Jissis, hoekom is ons eletrisiteitsrekening so laag? Daar moet iets fout wees?"
Die pa antwoord: "Sharrap jou klein snot, dis my fokken payslip!"

#3. Dronk ou kom by die huis en besluit hy gaan sy vrou zaber en wil begin met so bietjie foreplay. Na `n hele ruk tune sy hom: "Wat die fok doen jy?"
Hy tune: "Jislaaik, maar jy is darem droog en skurf vanaand!
Sy snap terug: "Lig net jou fokken kop op, jou brood! Jy is besig om die mat te lek!"

#4. Hoe verander jy 'n weeshuis in 'n malhuis?
Jy rol n koekie in die gang af.

#5. Wetenskap het bewys dat vrouens se wangspiere so sterk is dat dit hulle bene toehou as hulle dikbek is.

#6. ‎'n Ware rassis is iemand wat 'n zebra skiet en dan net biltong maak van die wit stukke.

#7. Wat is die toppunt van gesuip wees?
As jy oor die dansvloer slenter vir nog 'n dop en jy wen die singles dans kompetisie.

#8 Seuntjie van drie vra sy ouma: "Ouma, is jy van karton gemaak?"
Ouma lag lekker en sê: "Haai nee my skat, hoekom vra jy dan nou vir Ouma so?"
Seuntjie antwoord: "Want Pappa sê altyd Ouma is 'n regte ou doos."

#9. Seks is soos 'n payslip. Mens praat nie rerig daaroor nie, want dalk kry die ander ou meer as jy.

Gefile in Grapgat | 7 Comments

Ninja en Bruce Willis

bruce-willies

Ook gefile in Die Antwoord | 1 Comment

Groente

Juffrou vra vir die klas: "Watter soort groente laat 'n mens se oë traan?"einajasiss
Jannie se hand is eerste op.  Juffrou: "Ja Jannie, wat is dit?"

Jannie: "'n Aartappel, juffrou…" 
Juffrou: "Nee Jannie, dit is 'n ui!"

Jannie: "Dis baie duidelik Juffrou is nog nooit met 'n aartappel op die fokken ballas gegooi nie."

(ingestuur deur Henry)

Gefile in Grapgat | 1 Comment

Gatiep & Meraai overdose

#1.
Gatiep lê in die hospitaal na 'n ernstige ongeluk. Hy vra vir die dokter: "Sal ek darem kan kitaar speel?" "Ja" sê die dokter. "Dis fokken great" tune Gatiep, "want ek kon nog fokken nooit nie!"

#2.
Meraai loop in die straat met ´n baie stywe jeanpant. Gatiep: "Meraai, is djy nie bang vi Fauna & Flora nie?" Meraai: "Never! Hoekom?" Gatiep: "Omdat djy daai arme parratjie so wurg!"

#3.
Gatiepie loop Meraai raak. "En nou Meraai, die wit v-nek jersey?" "Nai, die v staan vir virgin, maar moenie worry nie, disse fokken ou jersey!"

#4.
"Edelagbare, ek was in die telefoonhokkie besig om met my cherry te gesels toe die klaer my met geweld daar uitpluk."
"Toe word jy so kwaad dat jy hom slaan?" "Nee, edelagbare, dis eers toe hy my cherry ook uitpluk dat ek hom gepoes het!"

#5.
Meraai loop straataf met ´n matras op haar kop. Gatiep: Wa gat djy met djou furniture? Meraai: Hierie is g´n furniture nie. Dis my workshop!

#6.
Regter: Hoe kan jy onskuldig pleit as 5 persone jou sien steel het? Gatiep: Djou Honour, ek kan thousands mense bring wat my nie gesien steel het nie.

#7.
Meraai vang Gatiep met 'n los vrou in die bed. Sy gooi hom van die vierde verdieping af en skree: "Jou blêrrie insek! As jy kan steek dan kan jy fokken vlieg ook!"

#8.
Meraai aan Gatiep na seks: "Jong jy het ook maar 'n ou klein kitaartjie!" Gatiep: "Ja maar ek het nou ook nie geweet ek moet vanaand in die City Hall perform nie!"

#9.
My bra, Gatiep is nie available nie. Los djhou naam en djhou nomma en ek stuur vir djhou a "please call me".

#10.
Juffrou vra vir Gatiep: Jou ma het 4 aartappels, julle is 9 kinders, hoeveel aartappels gaan elkeen kry? Gatiep: My ma's nie 'n doem poes nie, sy maak mash!

#11.
Die Regter kyk vir Gammat in die oog en së: 'Dis nou die sesde jaar na mekaar dat jy in my hof in die beskuldigdebank staan.' 'Djou honour,' së Gammat, 'djy moenie vir my kom blame omlat jy nie promotion kan kry nie.'

#12.
Gammat word aangekla dat hy vir Meraai 'n bitch genoem het. Tydens kruisverhoor sê Gammat, 'Djy't da' boe oppie balcony gastaan, en ek da' onner innie straat.' 'Ja,' së Meraai. 'Daar was mos baie anner mense by djou da' oppie balcony,' së Gammat. 'Ja,' së Meraai. "Nou hoe wiet djy dan ek het met djou gapraat?' 'Omlat ek die enigste'bitch' daar was,' së Meraai.

#13.
Die skip land in die hawe en Meraai is soos blits teen die trapleer op. Gammat kyk haar so van onder af. "Haai meraai, djy't dan nie underwear aan nie!" Meraai: "So what? Dra djy miskien earplugs as djy Nico Malan toe gaan?"

#14.
Gatiep sleep 'n tou die straat af en loop verby Maraai. Maraai sê vir Gatiep, Hoekom sleep jy die tou? Gatiep sê, want as ek hom stoot val ek die heel tyd oor hom.

#15.
Juffrou vra vir Gatiep om sinne te maak met "gewig" en "massa". Gatiep se antwoord: My pa sê vir my ma, "Djy moet gewig veloer djou vetgat". My ma antwoord, "Djou massa poes!"

#16.
Gatiep was ses maande lank op die see. Die oomblik toe hy in die Kaapstadse hawe voet aan wal sit, sien hy Meraai en doen 'n naai met haar. Die volgende dag is hy terug see toe. Toe hy uiteindelik weer op land is, loop hy weer vir Meraai raak, en sy word sommer baie vriendelik toe sy hom sien, maar hy is woedend. "Jy het my laas crabs gegee, Meraai!!" "So? Wat het jy dan vir 15 rand verwag? Prawns?

#17.
Gammat vang 'n dip in die see, 'n brander lig hom hoog op en hy skree benoud: "Help, help! Help my Meraai, ek kannie swemmie! "Okei Gammat, calm down. Ek kan ook nie swem nie maar hoor jy miskien vir my so skree?"

#18.
Gatiepie: Meraai! Mar djy het darem baie spatare op djou bene! Meraai: Nei, dit issie spatare nie, dit is net die wiring na my hotplate toe!

#19.
Sannie koop eiers by Gatiep en bak 'n koek, sy kla by Maraai – Jou man se eiers is vrot. Meraai – JY LIEG MAN, hoe weet jy? Sannie antwoord: Kom ruik my koek.

Gefile in Grapgat | 3 Comments
Afrigator