Category Archives: Gorrel kakpraat

As Naspers Gaming Consoles ook beheer het …

… sou hulle tien teen een vir Beeld in charge gesit van games se titels. Dit sal dan min of meer so ‘n tiep van fokop wees:

Die Oranje Doos – The Orange Box
Ratte Van Oorlog – Gears of War
Ouderling Rolle IV: Die Vergetelheid – Elder Scrolls IV: The Oblivion
Oproep Vir Plig: Monderne Oorlogvoering – Call of Duty 4: Modern Warfare
Diffussiekring 3 – Halo 3
Klip Orkes – Rock Band
Spoggerige Diefstal van Motorkarre IV: Die Verlore en Verdoemde – Grand Theft Auto IV: The Lost and Damned
Uitgebrande Paradys – Die Opperste Doos – Burnout Paradise: The Ultimate Box
Legkaart Soektog: Uitdaging van die Oorlog Gode – Puzzle Quest: Challenge of the Warlords
Skaatsplankry – Skate
Kitaarheld Wêreld Toer – Guitar Hero World Tour
Inwoner Onheilspellend – Resident Evil
Duiwel Mag Tjank – Devil May Cry
Die Drang vir Spoed Mees Gesogte – Need for Speed Most Wanted
Onwerklike Toernooi 3 – Unreal Tournament 3
Skoppens Oorlog Ses: Vure van Vryheid – Ace Combat 6: Fires of Liberation
Noodlot – Doom
God Van die Ringe: Oorlog vir Middel-Aarde – Lord of the Rings: The Battle for Middle-earth
Groot Liga Bofbal – Major League Baseball
Broeders in Wapens: Hel se Hoofpad – Brothers in Arms: Hell’s Highway
Tinus Arendse se Amerikaanse Onontgonne Land – Tony Hawk’s American Wasteland
Skokkie Sokkie Revolusie – Dance Dance Revolution
Medalje van Eerbaarhied Luglangs – Medal of Honor Airborne
By Film Speletjie – Bee Movie Game
Onbeduidende Najaging – Trivial Pursuit
Vyftig Sent: Bloed op die Sand – 50 Cent: Blood on the Sand
Dowe Konvyt: Ikoon – Def Jam: Icon
Dagga Slaan – Joint Strike
Hendrik Pottebakker en die Leër van die Gevleuelde Perde – Harry Potter and the Order of the Phoenix
Gesous 2: Warm Ingevoerde Aande – Juiced 2: Hot Import Nights
Tiener ge-muteerde Oosterse Vegter Skilpaaie – Teenage Mutant Ninja Turtles
Sonnekop Pit Kronieke – Spiderwick Chronicles
Seerowers van die Karibiese See – Pirates of the Caribbean
Gesig Breker – FaceBreaker
Goue Byl Ondier Ryer – Golden Axe: Beast Rider
Fantastiese Vier: Opstaan van die Silwer Branderplankryer – Fantastic Four: Rise of The Silver Surfer
Hoereer My Ryding – Pimp My Ride

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Gorrel kakpraat | 9 Comments

Arctastiese Storie


Rite. Dis Sondag aand en tyd vir Kappelaan se preek. Gaan julle vertel van die beste werk in die hele wye wêreld. AKA Kappelaan se day-job.

Ek werk vir ‘n company wat vliegtuie verhuur. Baie soos ‘n Avis of Budget-rent-a-car, al verskil ons verhuur vliegtuie uit. Maar daar is ‘n catch. Sou jy besluit om jou spaar varkie oop te breek en ‘n vliegtuig by ons te huur kan jy hom ongelukkig nie self bestuur nie. Ons moet hom vir jou rond ry. En as ek na http://fokkendoos.blogspot.com/ kyk dink ek dis ‘n goeie ding want julle fokkers kan nie eers ‘n kar ordentlik parkeer nie, wat nog te sê van ‘n vliegtuig rond jaag!!

Anyway, ek werk al 9 jaar vir die plek en as jy van ‘n beter job vir die brood en botter zak weet, koop ek vir jou ‘n kas Lion Lager (die goue blikkies). Ek meen, hierdie mense betaal my om die wêreld vol te vlieg en plekke te sien wat jy nog nie eers van gehoor het nie. Van Tajikistan tot Spuitieland, noem dit en ek was tien teen een al daar.

Laas week het ek die kans van ‘n leeftyd gekry want hulle het my gestuur na die enigste Kontinent waar ek nog nie was nie.

Antarctica!

Die Norwegian polar research institute het ‘n vliegtuig by ons gehuur om ministers en afgevaardigdes van 13 lande (Algeria, Brazil, China, Denmark, Finland, India, Indonesia, Papa New Guinea, Russia, South Africa, Sweden, United Kingdom, en die US and A) na die Norwegian research station, TROLL, op Antarctica te vat sodat hulle meer kan leer van hierdie hele climate change en global warming ding.


Dit daar gelaat, daar is nie ‘n local Tops-Spar drankwinkel op Antarctica nie so ek het ‘n bottel Jägermeister in Slaap stad gekoop om die event ordentlik te vier! Ek meen, dit sal ongeskik wees om dit nie te doen nie. Het die bottel Jeggies in die vliegtuig se stert gaan bêre dat hy solank kon afkoel. Na amper 9 ure se vlieg met ‘n buite temperatuur van -54 grade buite die vliegtuig was dit die koudste en lekkerste Jeggie OOIT!


En aangesien daar nie souvenir shops op Antarctica is nie het ek die een ding waarvan daar baie is vir Griff en die anner Arctic Monkeys terug te bring. YS! Sommer ‘n hele cooler box vol, 100de jare oue gletser, of liewer soos Griff tjoon,”Arctastieste ys”. Lekker in die whiskey en wit wyn glase gewees toe ons Saterdag aand K-lo se jaardag gevier het!


Nou ja, dis my storie en soos met enige preek moet daar seker ook morele waarde aangeheg word wat jy die week saam met jou kan dra. Moral van hierdie storie: TRAVEL! In plaas van om elke jaar jou 3 weke vakansie op Margate of Amanzimtoti se strande deur te bring, dubbel brannas & coke op jou boep en te perv op die 18 jarige dogtertjies wat nou net matriek klaar geskryf het, Spaar so bietjie extra en gaan sien die wêreld! Gaan check hoe doen mense dit in anner lande en wie weet, net maybe kan ons daai “K” uit jou Kommin haal.


Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Gorrel kakpraat | 3 Comments

Blog Awards 2009

Jy kan Watkykjy gerus nominate as jy lus voel. As ons wen kan almal onderbroeke met gaatjies dra en wit poeier snuif.

http://www.sablogawards.com/2009/

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Gorrel kakpraat | Leave a comment

Blog Awards 2009

Jy kan Watkykjy gerus nominate as jy lus voel. As ons wen kan almal onderbroeke met gaatjies dra en wit poeier snuif.

http://www.sablogawards.com/2009/

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Gorrel kakpraat | Leave a comment