Category Archives: Gorrel kakpraat

Daar is alweer fokol op TV

Ons is geneig om fokken maklik te kla dat daar net mooi niks op TV is nie, maar ek wonder of dit altyd die waarheid is. Tel bietjie jou DSTV remote op en flip deur so paar channels. Ek is seker jy sal iets vind om te kyk. As jy een van daai mense is wat kla dat goed die hele fokken tyd herhaal word, moet jy seriously sonlig inkry, want om vir 24 ure lank straight vir die kassie te staar is about net so gesond as om heeldag te sit en pyp skoonmaak tot jy manbotterloos is. Dis ook ongesond.

Check bietjie hoe het dinge in die 80s gelyk. Jirre outjies, die kinders het dit sleg gehad. Ses ure TV per dag en dis fokken dit. Hoeveel van hierdie programme sou jy nou kyk as dit al was wat ons gehad het?

80sTV

Jy sou Pop Shop gekies het, right? Elke week sal jy wag tot Vrydag om Pop Shop te kyk, 'n supercool musiekprogram wat 20 minute lank is sonder enige advertensie breaks. Jy moes jou pis inhou en hoop jou pa stuur jou nie kafee toe om vir hom Chesterfield 30's te gaan koop nie. Jy kon ook fokol tape, want daai eerste VHS recorders het about net so baie gekos soos jou ouers se Datsun 120Y. Plus dit was van die duiwel af…

Of sou jy Pop Shop gekyk het? Kry bietjie insig in retrospect:

Jirre Cedric Samson, waar kry jy daai fokken hectic outfit?

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Gorrel kakpraat | 30 Comments

MTN launch iPhone 4 in Suid Afrika

iphone-4As jy hierdie kan lees, beteken dit dat ek by 'n fokken lekker jol is met verniet kos en stuffs en dat hierdie post van een hand af gestuur is terwyl ek een of ander snack of drink in my ander hand vasklou.

Ek het sopas 'n knoppie gedruk en hierdie outjie wat jy lees het deur Twitter en Watkykjy geskiet op die intertubes. Die knoppie wat ek gedruk het is op my splinternuwe iPhone4 wat MTN vir my gegee het. For keeps. For mahala. Jy check, so paar mense is in top secret vibes deur MTN uitgenooi na "Domino", die CIA tipe kodenaam wat hulle hierdie launch gee. Ek voel soos Chuck. Nee, nie Norris nie. Daai nerd spy outjie op TV  wat daai blonde girl vol piele wil pak.

Voor die gedagtes te veel dwaal:

Die nuwe iPhone word vanaand in Suid-Afrika ge-launch deur MTN en jy sal hom more kan aanskaf.

Ek vertel julle so bietjie later weer oor hierdie foon en al sy hectic features sodra ek meer met hom gespeel het. Hy blink nogal.

Julle moet my nou eers verskoon vir 'n wyle. Ek moet kamerverlate toe gaan en skommies movies op die interwebs gaan kyk, want ek het ook 500mb per maand se verniet data  vir 'n volle jaar gescore. Vergun my asseblief die geleentheid om "Ayoba" te uiter. Hierdie keer by my mond uit.

Thanks MTN. Dis moerse fokken gaaf van julle.

mtn_iphone

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Gorrel kakpraat | Tagged | 13 Comments

Die Perdeby

Die moerefokken perdeby is 'n skelm stuk kak insek wat sy huis bou net waar die fok hy wil. Soos 'n Zim war veteran vat hy oor. Daai buitekamerdeur wat jy eenkeer per jaar opmaak om drie maande na kersfees jou nuutste oefen apparaat te wegsit om stof op te gaar? Daai naai bly daar, onder andere. Die perdeby sal in daai sleutelgat bly en sodra jy die sleutel indruk om oop te sluit, sal die gevlerkte kont sy bier neersit en met ten minste vyf van sy homies uitvlieg en jou fokken steek. And not in a good way.

Ongelukkig, andersins as met bye, sal die outjie se boude nie afval na hy jou genaai het nie. Sorry ou maat, hy sal jou kataza terwyl jy weghol met flappende arms en soos 'n meisie skree wat 'n skurwe oom in 'n Ford met 'n dowwe linker headlight gesien het.

Dan sal hy terugvlieg na sy sleutelgathuisie, sy bier klaar drink en sy goose met die perdebylyfie naai. En nog perdebye maak.

Jissis, ek haat die fokken goed.

perdeby

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Gorrel kakpraat | 7 Comments

Dinge wat my opfok – die nuwe era doos

(Deur Brendon Koen)

Onlangs kan ek nie help om te let op die nuwe brand doos wat ons wêreld betree nie. Julle almal sal hom ken. Dis die bra wat dink hy is main met sy Levi bootleg jean, punt leer trappers, pinstripe hempie en pastel pullover. Eens op ‘n tyd, toe ‘n 3 liter Ford alle meisies oopketel gemaak het, was outies soos daai maar skaars. Ongelukkig het tye verander en dis waarmee ons nou opgeskeep sit.

Hulle se “change is good”, maar ek sal “hulle” graag wil ontmoet. Dis well documented dat ons in ‘n redelike kak tyd leef. Anders sou daar nie ‘n boek oor die saak bestaan het nie (In dit net ek of is als Tos?).

Terug na die subject, aka. die sensitiewe jock, soos ek hom gedoop het. Die sensitiewe jock het rondom 2000/2001 sy eerste verskynsels gemaak. Dis toe boy bands en sulke tos die wêreld ooregeneem het. Outies het gemeen dat die skêre skoon bejirts raak vir die JT types en in ‘n oppertunistiese move, op die bandwagon van sensitief wees gespring. So is die res van ons onkant gevang deur hierdie nuwe verwikkeling. Terwyl ons dink “wat die fok gaan in die china se kop aan om so aan te gaan”, het die kweppe skoon ‘n slak in hul broek gelos vir die “rugged yet sensitive” bra’s.

Wat mens te bowe gaan is dat die ouens einlik maar ‘n klomp vye is. Niemand anders smaak hulle veel nie, juis omdat hulle altyd onder die wanindruk geleef het dat hy wel iets was (kaptein van die A-rugbyspan in hoërskool of net local gym crawler). Somehow het hulle egter for real main geword deesdae. Hoe presies dit toegelaat is, weet niemand nie.

Nou specs jy die rykseun (elke tweede gwar) in sy Polo Gti wat teen ‘n KS verby jou jaag met iets kak soos Baby Tjoklits op sy blêrboks. Dan vra jy weereens hoe die bra cooler as Ekke is? (skies Jack). Gee my sommer ‘n holknol. Die ergste is as jy hom after hours check, wanneer hy dink niemand kyk nie. Dis wanneer jy agterkom dat hy dieselfde drol is wat pouse afgetos het oor Amor se pictorial in die Huisgenoot van 2003.

Die groot kak is dat ek en jy en al ons blare dit vir ‘n feit weet, maar dat ons ‘n bitter klein deel van die bevolking opmaak. Dis fine om nie deel van die herd te wees nie, but for fuck’s sake, as ek vir veel langer met die mense moet deel wat so deur die kak is, wat ek ongelukkig moet doen, dan gaan ek die Man upstairs binnekort zik.

Ek skeem dat ons eendag nog hieroor sal praat, terugkyk op waar Polo boy nou sit en wonder hoekom ons so befok was. Moontlik sit hy spasties gesuip by die werk, met sy poppie vrou wat hom met ‘n katelknapie verneuk en skuld tot by waar sy ego lank terug was. Sorry boutcha pappie. Maar vir nou piss dit my nog goed af.

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Ook gefile in Snotstories, christo brandbruggies, kak mens | 13 Comments