Category Archives: Fokken zef videos

Spoofie, die movie

So paar Watkykertjies het ywerig verder begin werk aan hulle movie. Ons het hom al so jaar of wat terug ge-feature maar die ouens het vir ons so bietjie nuus gestuur…


Awe dude, SPOOFIE! DIE WILDE WESTE …
Die vollengte Fliek is uiteindelik klaar en die DVD gaan landswyd in Rental/Retail Stores beskikbaar wees vanaf Maart!

Ons het 'n nuwe TEASER TRAILER en WEBSITE gelaunch, en die full official TRAILER launch ons seker volgende week:)

Hoop julle like dit… die Teaser is net so voorsmakie, die vol TRAILER het baie nuwe Footage, grappe en ander kak!

Baie dankie dat julle Spoofie! support van die begin af man, ons waardeur dit moerse baie, ons is huge fans van WATKYKJY!

Laat dit juig!

Thanx bra,
Remano

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Ook gefile in Fokken main videos | Tagged , | 2 Comments

Pomp ‘aai Duitse turbo rave jonguh!

Ek ontmoet moer baie Duitsers in my job, en ek het besef jy kry blykbaar net twee soorte mense in daai land. Die droë ou siele (meestal met kak sif tande) met geen sin vir humor/persoonlikheid nie, en die maller as 'n Capey op 'n papsak en tik binge-mal (ook met kak sif tande). Daar is definitief 'n moerse cultural difference tussen ons en die Europeers. Een ding is verseker, hulle smaak van RAVE pappie.

Wel bygesê, die jirreweet wat Duitsers of enige ander nasie in beskawing sal skiem van die kak wat ons kweek hier op eie bodem. En met bodem bedoel ek die bodem van die galpens van die satan homself.

Daar spuit die kots so dubbelboog uit my neus uit. Jammer ek weet ons het twee dae na daai song uitgekom het 'n pact gemaak om nooit nooit NOOIT weer daai song te speel of eers te mention dat ons al gehoor het daarvan nie. Fokken sorry julle. As jy daai giftige rave tune bo wil download kan jy die link volg.

Nou kan jy hom lekker hard pomp as jy deur Pretoria se strate ry en jou larny hou met jou nuwe Amarok. Julle binnelanders laaik mos van shine vang, geniet hom, jy gaan die laaste jaar voor die wêreld eindig jou doos suur werk om daai bakkie af te betaal.En wat is die hele storie met die "007" op elke GP en FS nommerplaat? Dink jy die tsotsi wat jou gaan hi-jack sodra jy terug is in Gauteng gaan skiem jy's 'n highly trained killing machine en jou uitlos? Hy gaan nie, en dis poes kommen. By the way, dankie aan al julle Valies en Vrystaters vir julle kuiertjie hier by die see, dit was kwaai lekker, maar dankie dat julle ook nou gefokof het. En as julle volgende jaar weer afkom, bring julle eie ice-makers, lang broodrolletjies, charcoal en Stuyvie Blou, want fok julle as ek weer so moet sukkel volgende Desember.

Groete uit Mosselbaai. En pasop vir die tsotsies (p.s. daar's een agter jou by die skuifdeur, moenie nou kyk nie! Panic button. Play dead!)

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Fokken zef videos | Tagged | 20 Comments

Marabs gangsters

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Fokken zef videos | Leave a comment

Ape van die Tarzan

Hierdie is right up there saam met "Who Killed Captain Alex" van Uganda.

De Wet du Toit wil fokken graag Hollywood se volgende Tarzan wees en het 'n video gemaak vir die doel. As hy gelukkig is, verg die rol van Tarzan net aapgeluide en so min dialoog as moontlik, want fok weet, die ou praat so vinnig soos iemand van Randburg of Vereenigning af alhoewel hy van die Outeniekwaberge af is. Die Outeniekwaberge moet dan seker soos Vereeniging wees.

Net met 'n berg of iets.

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Fokken zef videos | 2 Comments