Category Archives: Fokken zef videos

Cannot be unseen. Goeie fok!

Beste Grif,

Somtyds sien 'n mens iets op die interwebs wat nooit weer ge-ontsien kan word nie; daardie dinge wat jou as kind onstel en later 'n moerse impak op jou lewe het.
Ek het steeds slapelose nagte as gevolg van 'n (latest) Prisonbreak episode wat 'n pel van my deur die US intranet vir my gestuur het.; dit draai terloops toe uit 'n home movie te wees van een vrou wat MOERSE baie van haar Alsatian gehou het (dankie Clinton).

Iedergeval, ek is oortuig daarvan dat ek dommer is nadat ek hierdie video gekyk het as wat ek was oomblikke voor ek die link oopgemaak het. Aangesien ek vas glo aan 'deel met jou vriende' wou ek dit vir julle ook stuur.

Groete,

Etienne.

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Fokken zef videos | 42 Comments

Bizarre bedonderde Donderdag – Freeky

Elke Donderdag laai ons 'n faktap video op op Watkykjy wat ons aanmekaarslaan uit user submissions of kak wat ons van ou VHS tapes af trek. En ons het fokken baie ou kak om te begin oplaai. Enige iets van ou fliek clips tot ou advertensies en dis meer. Julle gaan heavy weird kak hier sien en nie almal gaan dit like nie. En ons voel 'n fok.

Hierdie week gooi ons 'n compilation van so paar van die Watkykertjies wat tickets na Die Antwoord se show of Die Antwoord se nuwe album, Ten$ion gewen het. Shot vir almal wat deelgeneem het. (Geluk aan al die wenners – julle het e-mails ontvang. Die CD wenners se CD's sal gepos word en die ticket wenners se name sal by die gig se deur op die special list wees – vat net jou ID of driver's license saam sodat die mense by die deur jou kan ID en geniet die show)

Ons skop die project volgende week oordentlik af en sal julle dan tune hoe julle kan deelneem. Hopelik gaan dit vet pret wees. Gaan soek solank jou ou VHS tapes wat net plek opvat en stof opgaar.

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Ook gefile in Bedonderde Donderdae | 8 Comments

Die Antwoord Parody – Enter The Ginger

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Ook gefile in Die Antwoord | 19 Comments

Spoofie, die movie

So paar Watkykertjies het ywerig verder begin werk aan hulle movie. Ons het hom al so jaar of wat terug ge-feature maar die ouens het vir ons so bietjie nuus gestuur…


Awe dude, SPOOFIE! DIE WILDE WESTE …
Die vollengte Fliek is uiteindelik klaar en die DVD gaan landswyd in Rental/Retail Stores beskikbaar wees vanaf Maart!

Ons het 'n nuwe TEASER TRAILER en WEBSITE gelaunch, en die full official TRAILER launch ons seker volgende week:)

Hoop julle like dit… die Teaser is net so voorsmakie, die vol TRAILER het baie nuwe Footage, grappe en ander kak!

Baie dankie dat julle Spoofie! support van die begin af man, ons waardeur dit moerse baie, ons is huge fans van WATKYKJY!

Laat dit juig!

Thanx bra,
Remano

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Ook gefile in Fokken main videos | Tagged , | 2 Comments