Onthou julle daai ou Wimpy menu's van die 1970's wat hier op Watkykjy was? Hierdie is nog cheaper. Neem wel in ag dat hierdie pryse uit 1912 dateer. Jou oupa grootjie het nog draties gekap oor die prentjies op koekblikke. Maybe was dit poesduur back in the day. (pardon the pun)
Speel met jou muis om dit groter te kry:
Hiert, jou hoer!








Chopper’s Choice – The Running Man
So elke nou en dan as ons tyd kry, gaan grawe ons van die ou Watkykjy snotstories uit wat so oor die jare se interwebs transistions verlore geraak het of deur die krake geval het elke keer waneer ons na 'n nuwe system oorgeskuif het. Moenjie worry nie, ons het nog alles. Dis net poesbaie werk. Dit maak alles deel uit van die Watkykjy Time Machine wat ons probeer bou.
Hier is nog een van daai stories. Ons sal stelselmatig die 150 oorblywendes skelm van agter af inwerk en so nou en dan een voor indruk. In die piep.
Jy sal dit nie eers agterkom nie…
Chopper's Choice – The Running Man
Jaar: 1987
Met: Arnold Swcharzenegger, Maria Conchita en ander.
Kyk, in die eighties was Arnie groot. As laatie het ek (en die res van my bende) die een na die ander Arnie-fiek deurgewerk: Commando. Predator. Conan the Barbarian. Total Recall. Terminator. En toe was daar Running Man. Nou Running Man is nie jou gewone aksiefliek nie. O nee. Die storie is geskryf deur Stephen King en hier word lekker geflirt met sci-fi in die styl van Mad Max, Terminator, Total Recall en Demolition Man bietjie later.
In die future, so kak as wat dit gaan wees volgens die movies, gaan jy 'n sterkman nodig hê – verkieslik Sly of dan die nimlike Arnie. Back to the future. Dis 2017 en die US government is totalitarian en aaklig en trap op die gewone mense. Hello the future, want die fok weet ons is klaar daar. Omdat dit die future is, is dit die hele tyd donker en die gewone mense is so vuil en primitief dra bruin klere. Cops en guards dra natuurlik die standard issue jump suits en plastic helmets. Net evil mense kan plastiek bekostig, jy sien.
Anyway, Arnie is 'n army ou wat weier om los te brand op armgatte wat protest vir kos. Groot spiere, groter hart is die logic hier. Vir sy nice-wees pos hulle vir Arnie (of Ben Richards) tjoekie toe. Moerse futuristiese tjoekie wat jou kop laat explode as jy die parameter breach. Dan is daar 'n breakout en Arnie en twee buddies skiet uit. Lang storie kort en basically word hulle weer gevang en as straf moet hulle deelneem aan hierdie gameshow – The Running Man.
Gewoonlik gaan net een ou op 'n slag op die show, maar die keer gooi hulle Arnie se loser buddies saam in die leeukuil asook die lame girl wat hy somewhere opgetel het. So in plaas van running man het jy hier meer te doen met "Three running men and a little lady" – maar ek neem aan daai title was reeds geregistreer.
Die storie, soos te verwagte, is hoogs voorspelbaar. Arnie is net een te veel vir die MTN Gladi… ek bedoel Stalkers en hy haal hulle een na die
ander uit. Van sy buddies is nie so gelukkig nie. Boo-freakity-hoo. Op die einde ontsnap hulle, die gepeupel (dis nou die gewone futuristiese bevolking) draai teen die gameshow host en ondersteun vir Arnie, en sy buddies sluit aan by die ondergrondse rebellie teen die regering waaraan hulle behoort en saam veroorsaak "the people" 'n revolt teen die goewerment. (Van die begin af al is daar so lame subplot dat hulle deel is van die anti-regering rebelle, maar dis so simpel ek het dit nie eers genoem nie.) Wat vir my moer interessant was, is dat Arnie actually vir die game show host tune: "Kilian, I’ll be back.” Nou waar het ons daai Arnie line al gehoor?
Die man se eensydigheid ken duidelik geen perke nie. Maar in all fairness, hy kom terug om die game show host op te fok. Die script, incidentally, is lame tot naby die punt van vetraagdheid. Meeste mense, dink ek, sal eerder hierdie Stalkers face as ‘n uur en ‘n half van lines soos: “He’s a bit hot under the collar” as die ou so in vlamme opgaan, "Need a lift?" voor die ou in die lug opgeblaas word, en countless ander.
Hoogtepunte:
Sterk wees, soos Arnie. En vinnig hardloop.
Hier kom die Running Man.