Tjekkit, ek is nie 'n ou vir rond loiter in shopping malls, draairoomyse by die Milky Lane vreet, en awkward physical contact te hê met die vet tannie waarin ek vasloop by die groenterakke nie. Maar ek moet ongelukkig die trollie bumper car vibes doen, sienende dat ek ook moet vreet, dop koop en boudservette organise. Dis gedurende hierdie ekskursies dat ek die belaglikste scenes teëkom. Ja fok ek is nie die die Glam Guru nie, maar jissis 'n mens kan vinnig optel as dinge neig na moerse foutief. Ek dra Mr Price kaksakke, pis in die stort, kry die occasional zit op my voorkop, nes die groter meerderheid. Maar daar is sekere public styles wat ek kokkenotch en wat seriously fokken af is. Ek kla nie oor die buurman se hond wat op my gras kak nie, ek's rustig, maar seker vibes is net te fokken annoying om oor stil te bly. Soos die volgende:
Silky boxers met dubbelsinnige seksuele boodskappies is nie fokken onderklere nie. Daar's niks wat 'n meisie se seksdrang so vinnig kanselleer soos, 'n "Horny little devil" – trunky nie. Dra 'n fokken kaksak my broe, self daai borderline homosexual BEAR nommers wat soos thongs lyk aan die kante is aanvaarbaar, wees metro as dit vir jou werk, maar silky broekies is vir slaaptyd. En by the way, vir die girls wat nie weet nie, as mens 'n silky boxer dra as onderklere, kruip hy ernstig in jou gat op, jou toggos hang by die kante uit, dis basies fokken unhygienic, dis hoekom brasse wat daai styles kap heeltyd met hulle hande in hulle broeksakke loop, hulle try die goed reposition. Hoekom so baie moeite doen?
Mans met hi-lights in hulle hare lyk fokken skeef. Is jy deel van Eden? 'n Fokken identiteitskrisis dalk? As jy nie jou haarkleur dig nie, by all means dye jou kop, maar stick by een kleur, moenie try fancy wees nie. Jy's nie 'n fokken meerkat nie. En as jou brows blond is, gaan Black Like Me jou nie goed doen nie. Jy confuse almal. Jy lyk soos Michael Jackson met sproete. Die geheim is om jou kak haarkleur op te cover sonder dat dit ooglopend is dat jy 'n kak haarkleur probeer opcover, jy maak uit? Goed.
Skinny jeans is slegs vir skinny mense, dit geld vir beide geslagte.
Hierdie is maar 'n hartseer saak, want almal wil tog sexy voel (maar sommiges wil terselfdetyd alles vreet wat voorkom). Ek stap rond in Spar en hier kom mamma eend en 15-jarige baba eend aangewaggel. Met elke tree hoor jy hoe daai arme jean pants bid vir pouse, daai YKK zips is goedgekeur deur die SABS, maar jirre die broek se nate kan nou enige oomblik losskeur of 'n knoop kan afvuur soos 'n .22 bullet en die donut counter se ruit uitbliksem. Ek kots so bietjie in my mond. Kameeltone galore. Ek dink ek gaan net fokkof en liewer my gat met ou koerante afvee, voor ek 'n kietie skiet in aisle 3.
Moenie pout op elke foto nie, jy's nie 'n superstar nie. Ook geen rede hoekom jy jou donnerse sonnies in die aand in die klub hoef te dra nie. Celebs doen dit want hulle is fokken celebs en rely op die feit dat jy dink hulle poes cool is en dan jou geld te kan vat. Die paparazzi se kamera's maak hulle sensitiewe ogies seer, maar daar's nie honderde mense by die Mystic Boer wat wag om kiekies van jou te neem nie, en Thunda.com is fucked up. Dis net 'n goeie manier om aan jou te bewys dat al neem hulle celebrity style fotos van jou, jy glad nie soos een kan fokken lyk nie. Poppe, sien dit soos die Maybelline slogan," Maybe she's born with it, but baby, you fucking ain't". Fokken sorry, hoor.
Vou plat daai kragie van jou boetman, dis so fokken last summer bru. En net soos wat 'n bobbejaanwyfie se kwak swel om vir die mannetjie te indicate dat sy gezaber moet word, indicate daai pienk Polo kragie wat jou mullet opstoot aan ander ouens dat jy gedonner moet raak. En ek hoop jy word met 'n appel geswaai, want hierdie is nie iets wat jy nie al lankal van bewus was nie. Moenie maak of jy nog nie agtergekom het dat die mense in die mall hulle holle skeer as jy verbystap met jou wit sonbril, kragie gepop en twee onsigbare boerpampoene onder jou arms nie. Kyk ek verstaan met daai petroldrom-size emmer vol USN en kak houding jy 'n lekker skulpie sal krap, maar ek sal volgende week daai selfde skulpie krap, easy com., Easy go my bra, dis hoe die missions operate..
Bottomline is, moenie try om fokken cool te wees nie, want almal dink hulle is fokken rebels en anders as die res en omdat almal try anders wees volg almal dieselfde resep wat hulle anyway dieselfde maak as die res. Net met fokken silly trends. Vind jou inner ninja my bra's en branina's. Moenie fokken simpel wees nie. Pretention skyn poes erg deur, soos nat wit t-shirts. Wees net rustig, maar operate advanced…
Kak mense op die interwebs
As jy soos ek is en 'n laid-back job het waar jy heeldag voor die pc sit maar nie rerig TE besig is nie, dan spandeer jy seker ook baie tyd deur te kyk na sinnelose kak op die interwebs. Die ideale ding sou wees om 'n movie of series te kyk, of sommer bietjie Counterstrike te gooi teen die bra in die cubicle langs jou, daai laat die klok lekker vinnig 5-uur strike. Maar dis seker bietjie blaaint om daai kak in werkstyd te doen. Nou browse jy maar deur jou emails, kyk na jou gabbas se gesuipde fotos van die naweek en naai jou graft se internet cap six-love met youtube videos. Dan, my vriend, kom jy op tos soos hierdie af: Ek se nog altyd, die pommies se kinders is niks fokken lekker nie my bra, N I K S!! I give you, MR I LOVE ME VEWWY VEWWY MUCH…(In so fucked-up Tweetie bird stemmetjie gese)
Ek gaan jou nou sommer straight se, as jy deur daai hele clip gekyk het sonder om te kots, of 'n girl is wat skiem dis cute in enige manier is daar serious fout. Dis pretty much soos om jou goose te zaber, halfpad deur vir haar te tune jyt Siffies en dan bo-op te try bly, dis fokken moeilik om af te pull, selfs vir 'n paar sekondes. Maar die ding wat my die meeste baffle is die Views, amper 200000! Waddefok?? Die laaitie smaak homself heavy en hy's nie skaam daaroor nie. Maar net toe ek dog ek bluf almal wat verby stap deur die tune die kots in my koppie is Cup-a-Soup toe check ek het die volgende video en dit skiet soos 'n boog teen die pc screen vas..
Die volgende youtube "superstar" is die sadste man op die internet. Moontlik die sadste man wat leef. Of moontlik al dood van vetsug. Of voor 'n trein ingespring. Here we go, Mister Pregnant. (Notice bietjie hoe hy heeltyd nervous rondkyk na sy kamerdeur soos 'n ou wat skelm aaptwak rook. Hy's seker bang sy ma kom in en vra hom waddefok aan die gang is en hoekom hy met sy tiete speel en nie liewer 'n day job kry nie. Either dit of hy sit en kyk by die ruit uit en berispe die mense in die regte wereld wat jobs het, en vriende, en probeer aanvaar dat hy nooit in sy lewe naai sal kry nie.)
Ja lekker "tee-tees like a whoomaaan.." daai shit gaan by jou drome kom inkruip vannaand en jou siel eet. Of te minste jou sanity..