Hi Griff
Eks opsoek na `n DJ vir
`n troue toe dog ek, ek vat gat ek stel vir my verloofde www.corriebotha.co.za voor (hy was op julle site so ruk terug).
Toe ek egter weer die site besoek, toe sien ek daar onder ander links op die site dat Karel Appel (sy vennoot) die site update en actually `n play-list opgesit het. Gaan kyk ook na Karel se biografie. Dis nogals interressant…. Die musiek laat dink my toe aan Poen en vriende
Hannes.
UPDATE:
Ek voel ongelukkig omdat my naam genome word by die volgende link http://www.watkykjy.co.za/2010/10/zef-wedding-dj/
Ek het geen verbintenis met www.corriebotha.co.za en ek doen geen updates op hierdie site nie. Ek is ook glad nie sy vennoot soos daar geskryf word nie. Ek doen one man shows en kan nie bekostig dat my naam so beswadder word met leuens nie.
Ek is woonagtig in Louis-Trichardt en ek vra asb dat dit onmiddelik verwyder word of verander word.
Karel






‘n Briefie uit Aaptwakland
Ho$h aan ali naaiers in watkykjyland! As 'n mens so elke dag op djulle site rondcruise smeer die zef bietjie af en djy begin met ander oegte dinge in die regte wêreld check.
Ek en my betty is nou ini overseas en ons het noudiedag so 'n moment gehad in Amsterdam (die befokste stad op die moederfokkin planeet) en toe moes ons net ons eie zef RSA bydrae maak.
Check, ons was in 'n coffeeshop (come to think of it, ons was weinig iewers anders) ini famous Red Light District. Die plek isi Hill Street Blues en die hele fokken bar binne en buite is gegrafitti deur wie ookal lus is en 'n pen byderhand het.
Al die mure en die dak is ook beplak met 1000'de rolling skins (Rizla's) elk met 'n boodskap, vloekwoord of prentjie van 'n piel op in 'n ander taal.
So, ambassadeurs wat ons is, toe promote ons ma ons beste uitvoerproduk ooit, Die moederfokken Antwoord.
Checkit:
'n Paar gestenigde naaiers sal nou bietjie zef inkry as hulle met rooi oegies daarna kyk, want trust me, na 'n paar aaptwakkies check jy net almal trip balls op al dai donerse papiertjies.
Peace
KaPtEinKuupSeLos