Category Archives: briewe

Pick ‘n Pay pluk steeds verward

Is dit die "mayonnase" wat swart en kwaad is of die waspoeier? Hierdie ingestuur deur 'n Watkykertjie…


Hi griff,

Nog 'n juweeltjie van Pick 'n Pay signage – hierdie foto is by Melville geneem. Ek dink iemand word te veel betaal om 2 reeltjies te tik en dit dan nog reg kry om dit op te fok.

Willem.

pick n pay

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Ook gefile in kak diens | 14 Comments

Universiteit van Ysland tune ons praat kak

Question to the “National and University Library” of Iceland:

I hope someone could give me some more information regarding a South African song apparently banned in Iceland.

Does the words “Ahadi hooi Skarumba!” in this song have any meaning in Icelandic?

I would really appreciate if someone could clear this up for me. There are lots of rumours about this in South Africa but I have never read anything in the press. Google translate isn’t much help. These words could maybe mean something in Icelandic dialect.

Answer:

Firstly there are no Icelandic dialects to speak of. These words have no meaning in Icelandic but that does not exclude that these words might have origin in Icelandic, but if so they have been distorted beyond understanding. There are some nonsense Scout songs but I don’t know them.

Griffin asb nie so baie tos op die website skryf nie.
Met vriendelike groet
Jaap

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in briewe | 13 Comments

‘n Goeie idee vir ‘n kak besigheid

'n Watkykjertjie het hierie outjie vir ons aangestuur uit sy inbox


Ek het vir my Kleinboet gesê ons kort n Inry-teater (Drive-in) in die Kaap, maar die feit dat dit reen in die winter, en eers te laat donker word in die Somer neuk my planne rond.
 
Hier is sy reply – classic:
 
 Jy kan aktyd die inry binneshuis maak? Hier is die besigheidsplan:
 
Koop 'n ou biscope, en sit 'n stuurwiel agter een van elke blok van 4 stoele.  Verkoop die kaartjies in stelle van 4, al is daar net twee mense in die drive in1groep.
 
Sit 'n jungle-gym en swings reg voor die screen, en vervang die popcorn, whispers en slush puppies by die kiosk met footlongs, dagwoods, en koue burgers en bedien met semi deurskynende tamatiesous en mosterd.
 
drive in2Haal die dolby uit, en vervang dit met 400 nat 3 watt Tempest speakers wat los lê in lee koffieblikke, en sit almal aan die regterkant teen die muur af.  Wys twee flieks na mekaar en speel tussen in vir 45 minute lank kak songs uit ou flieks soos, "Take my breath away" , "Power of love", "Hungry eyes", "Chariots of fire" en duete soos "Up where we belong" en  "…now that we're living… seperate lives", teen top volume sodat die speakers kan kraak.
 
Laat 500 motte en 1000 reismiere per dag los in die biscope. Ruk die matte uit, en gooi gruis en hier en daar 'n ou kondoom, en sit die voetliggies in die gangetjie af, sodat mense hulle knie kan stukkend val.drive in3
 
Skuif die toilette 400 meter verder weg, en verwyder die papier en air freshner. Bedek die vloer in 3cm diep verdunde piepie.
 
Instaleer 3 verskillende soorte toeters in die projektor hokkie. Tape twee van daai king size maglights aanmekaar en flits hulle elke 4 minute op die screen. Druk hulle beurtelings die toeters en skree dan 'Fokooooofff!!'
 
Sit die krag 10 minute voor die einde van die laaste movie af. Wag dan 'n halfuur,  en jaag dan die mense huistoe met 'n megaphone. Se jy is jammer maar die lektriesjen se hy slaap al.
 
…jy kan nie verloor nie!
 
Cheers,
Nic

drive in4

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in briewe | 8 Comments

Hershelle Gibbs en Pakistan se match fixing

'n Watkykertjie analiseer Pakistan se match fixing


Hey griff,

Terwyl ek gisteraand die krieket gekyk het, het ek so bietjie een van my oomblikke beleef en gedink ek moet dit met julle deel…

Is Herschelle verantwoordelik vir wat aangaan met die Pakistan krieketspan?

Dis nogal ‘n goeie vraag om te vra, maar nadat ek gisteraand die krieket tussen Engeland en Pakistan begin gekyk het is ek nogal oortuig daarvan dat Herschelle dalk ‘n sterk invloed is in die Pakistan span. My redes is hieronder gelys (maar die foto’s praat natuurlik vanself):

1. Die manne is al klaar in die nuus vir “match-fixing” – ‘n Herschelle ding wat nou wel nooit bewys kon word nie, maar ons wonder maar nogsteeds

2. Wat het Afridi in sy hand daar en hoekom giggel die ander manne so lekker? Daai hande beweeg so vinnig dat die kamera nie eers kan fokus op wat daar gerol word nie…

gibs1gibs2

3. Die antwoord sien ek toe… Hierdie ouens is nie eers skaam daaroor nie en verklaar hul “bron” van krag en inspirasie oop en bloot – as ek reg kan onthou was Herschelle in die moeilikheid hieroor…

gibs3gibs4

So daar het ons dit. Al die Pakistani’s is hoog op Boom! Hierdie ouens is kak mal – en dit stry hulle ook nie:

gibs5

Thanks Herschelle, ten minste doen jy dit nie nou met die Proteas nie!

Christo.

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in briewe | Tagged , | 15 Comments