Lyk ek soos ‘n fokken terroris? Ek heg foto aan net dat julle kan seker maak.
Asseblief, vertel vir my, hoekom moet julle my hele fokken tas uitpak nadat ek vir julle gese het ek het die fokken ding self ingepak, en dat ek nie enige gebruikte kondome, draks, plofstof of verrykte uraan ingepak het tussen my kouse nie.
Julle Pak fokken alles uit, en se dan vir my nogal “Thank you sir you can move on” sonder om my te help om 3 maande se kak weer in te pak. Fok jou, immigration chick met die moerse tiete.
Ek dog toe, nee alles is nou piele, ek kan maar “move on” maar nee, julle kom met die coup de grace, please step this way sir, ondervra my vir 2 fokken ure. Gooi ‘n “please strip to your underwear” en toe ek laat weet ek het nie ‘n fokken onderbroek aan nie, toe gaan haal julle ‘n fokken chick om te kom kyk en te help met die body search.
Ek sit nou hier en huil bietjies bietjies terwyl ek nie eers kan torrent op julle wireless nie.
Julle almal se ma se poese
Ek hoop julle verstik aan die fokken Bezeq infrasruktuur wat ek die afgelope 3 maande aan gewerk het.
Dries






As jy vergeet om te save…
Ek is nou so kwaad vir myself ek vee sommer my gat met 'n moerige mamba af.
Daai oomblik as jy vergeet om te save.
Ek weet nie of moet ek in my broek kak of huil nie of sommer die ontvanger aan sy tottie gaan rondruk oor ek die kak moet sit en doen op 'n MAANDAG!
Jirre weet dit voel of ek die Comrades gehardloop het en nie eers gestop het om te pis nie want ek wil net 'n fokken medalje hê as ek finally daar uitkom (nie dat ek dit sal doen nie ek het 'n fokken kar). Maar anyway, dit voel asof ek by die wenstreep gekom het en die mense is al besig om op te pak – fok die stadige poese wat.
Dis nou hoe 'n Maandag moet begin – 4 ure sit ek en BTW opsommings doen wat my anyway so depressed maak as ek sien hoeveel van Malema se huis ek nou gaan betaal. Dan doen ek nog iets so fokken stupid en save nie!
Ek loop maar buite toe en rook 'n sigaret (dit help mos vir als) net om terug te kom en voor 'n rekenaart te sit en weer uit te werk hoeveel ek aan poes se huis moet betaal. Met dit kom nog 'n armsalige etter in wat nie sy eie huis kan koop nie in en wil weet of ek al vir hom 'n huurhuis het.
NEEJOUDOMPOES ek het nie gister iets gehad nie en ek het nie vandag iets nie en moet my nie weer op 'n naweek bel terwyl ek probeer visvang nie. Dis sommer jou fokken skuld dat ek niks gevang het nie!
Maar so leer ek toe my les nou sit ek soos 'n retard en doen die kak weer oor en save elke fokken 5 minute!
FOK JOU MAANDAG!
Jo-Lene