Check hom

Hangtiete – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

In Is Dit Net Ek Of Is Alles Tos? deur griffinRek jou bek

Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2018) teen Augustus se kant 10 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ongeveer Augustus.

Hangtiete

Volgens wetenskaplike bewyse is gravitasie op sy hoogste versnelling in Oslo en Helsinki. Kaapstad en die res van ons pragtige land is baie laag op die ranglys sover gravitasieversnelling betref. Jy behoort dus die grootste konsentrasie van hangtiete in Oslo en Helsinki te vind.
Tog sien mens hangtiete oral om jou. Doen jouself ‘n onguns en kyk bietjie rond. Kyk daar, twee daar, en wat van daai?
Hangtiete orals!
Tannies, die bra is al vir ‘n rukkie lank in sirkulasie. Hou asseblief die hemphondjies in toom. Ons wil nie sien hoe hulle bruin neusies onder jou Sharks-truitjie uitloer nie. Veral nie as daar ‘n snorbaardjie of twee is nie.

Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.

griffinHangtiete – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?
Check hom

Vat Vyf! Week 41 van 2018 – Floyd is ‘n boef. Kanye nou meer?

In Wat is nuus? deur PK MalherbeRek jou bek

1) Floyd Shivambu, onderhoofseun van die EFF, moes inderhaas hierdie week ‘n optometris gaan sien toe hy nie die fokken balk uit sy eie oog kon kry nie. Arme man. En dit nadat hy soveel ander gehelp het met die splinters in hulle oë. Nee kyk, as jy in ‘n glashuis bly, moet jy liewers nie klippe gooi nie. Maar vriend Shivambu gooi mos rotse. Nou kom dit uit dat sy broer R16 miljoen gescore het uit die intuimeling van VBS Bank. VBS – Verdomde Bliksemse Skelms. Van daai 16 miljoen, is 10 miljoen toe blykbaar na Floyd toe gekanaliseer en nog R1.3 miljoen na almal se morele kompas party, die EFF. En nou is hulle tjoepstil. Soos ‘n spul fokken hadedas te kere gegaan oor almal wat korrupteer en hoereer, maar noudat dinge bietjie nader aan die huis soos boontjiepoep begin ruik, nou is die EFF-besem waarmee voor hul eie deur gevee moet word, skoonveld.

2) Gepraat van Nene. Nene was tot Nounou nog ons Minister van Finansies. Maar toe liegies hy oor ontmoetings met die Guptas en so, en hy besluit toe maar om te bedank. Fok. Ten minste een ANC Minister wat weet wanneer dit tyd is om te gaan. Enter stage left Tito Mboweni. Onthou hom naampie? Die destydse klaskaptein van die Reserwebank wat hy so goed bestuur het. Anders as die Springbokke se reserwebank wat die afgelope naweek ons die game gekos het teen die All Blacks. Maar dit daar gelaat. Tito het moerse baie werk en groot uitdagings – resessie, buitelandse kommer, petrolprys, rentekoerse en musicians wat backtracks gebruik. Maar kom ons hou duim vas dat hy “skoon” is. Dalk is hy een van net 17 mense in die land wat nie iewers hand om die blaas was met die Guptas nie.

3) Die polisie in Brakpan het toegeslaan op ‘n haar- en naelsalon wat blykbaar as ‘n smoke screen gebruik is vir die verkoop van dwelms. Crystal meth, khat, dagga en daai pers kleursel vir ou tannies se hare is alles op die perseel gevind. Die straatwaarde van alles? R5 200. Jirlikheid. Vanaand kan ons rustig slaap mense. Sulke boewe. Maaifoedies. Gelukkig het die pote nou hulle bedrywighede, erm, kortgeknip. Die eienaar is gearresteer met ‘n warm tang nog in sy hand. Dan weer, dis Brakpan. Volop warm tange daar.

4) Jy kry darem maar tacky mense. ‘n Toesighouer by die Tekkie Town in PE is in die poef nadat sy ‘n 18-jarige werknemer gedwing het om met ‘n vernederende plakkaat in die winkelvenster te staan omdat sy blykbaar te raserig was in die winkel. Nadat die girltjie besef het dis nie ‘n grappie nie en gevra het of sy nou maar kan ophou, het die toesighouer haar mond toegeplak en haar hande agter haar rug vasgebind en gedwing om weer haar naam met ‘n plank te moer. #sulkebondagefantasy. #50shadesoftacky. Waddiefok gaan aan met mense? Pleks trap sy haar net uit. Kug.

5) Laastens, maar die minste… minste talentvol… minste ingelig… Almal se favourite musi-cunt, Kanye West, het hierdie week almal se gunsteling presi-cunt, Donald Trump ontmoet by die Wit Huis om te gesels oor ditjies en datjies. Op sy kop was ‘n rooi “Make America Great Again” petjie en hy het Trump in monoloog van babble wat 10 minute geduur het, bedank daarvoor deur te sê dis soos ‘n Superman mantel. Sulke koppiekrap. The world has officially gone mad.

PK MalherbeVat Vyf! Week 41 van 2018 – Floyd is ‘n boef. Kanye nou meer?
Check hom

Jameela Jamil – Woensdag se warm bokkie

In Warm Bokkies deur griffinRek jou bek

Jameela Jamil se ouers is afkomstig van Indië en Paksitan, maar sy is in due UK gebore. Sy het ‘n lekker sexy Britse aksent. Sy was ‘n skooljuffrou gewees tot ongeveer 10 jaar gelede, waar sy op die ouderdom van 22 ontdek is en gevra is om T4 aan te bied – dis die UK se mees populêre youth show waar sy allerhande famous akteurs en musos ge-interview het.

Jy sal haar net van een show af ken as jy dit kyk – The Good Place. Dis haar heel eerste acting rol en sy het voor dit nooit in enige iets anders ge-act nie. Sy het ook nie drama of enige iets in haar veld gessot nie.

Check The Good Place uit as jy nog nie het nie. Hy trek al by season 3 en Kirsten Bell speel die main rol. Dis ‘n fokken lekker reeks.

Place your ad here

griffinJameela Jamil – Woensdag se warm bokkie
Check hom

Hadidas – Is Dit Net Ek Of is Als Tos?

In Is Dit Net Ek Of Is Alles Tos? deur griffinRek jou bek

Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2018) teen Augustus se kant 10 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ongeveer Augustus.

Hadidas

Heel moontlik die domste, lompste en lawaaierigste nikswerd voëls noord van Kaap Agulhas. Lelik ook.
Regtig baie nice by die Vaalrivier en in wilgerbome, maar so ver weg van my huis af as moontlik, asseblief. As daar iets is wat ek regtig verpes is dit ‘n hadida wat met sy Pinocchio-snawel gate in my grasperk pik en dan my sy skril hoogtevrees-krete opstyg as ek hom verjaag. Natuurlik voel hy eers genoop om ‘n volle vierkante meter se wit blerts met pers bessies oor my blink gewaste motor se bonnet te los. Dan wil ek ook so blerts los. ‘n Bruine. Sonder bessies. In my broek.

Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.

griffinHadidas – Is Dit Net Ek Of is Als Tos?