Check hom

Die Horries! Distilled se vierde episode is al laasweek uit!

In Mystic Boer Distilled Sessions deur griffinRek jou bek

Ons het somehow epsiode 4 van Distilled verlede week gemisgedink. Dit moes seker die afwagting van die langnaweek gewees het. Die nuutste episode van verlede Donderdag (fok, daar is seker reeds nog een uit oormore) feature Die Horries. As jy verlede jaar by ons Watkykjy party by Die Melkery was, het jy moontlik hulle heel eerste gig die Vrydagaand gesien, so ons is moerse trots om te sien hoe vêr hulle gekom het in minder as ‘n jaar en dat hulle sommer ook op die Distilled sessions feature.

Die Horries bestaan uit Vici Maud Fourie op vocals en backing guitar, Illimar Neitz op guitar, Justin Snyman op drums, Duard Musk op bass en Heine Van Der Walt op synth en keyboard. Die band som hulleself op as: “We make the kind of noise we like.” Dis ons kerk se mense.

Gaan join gerus die Distilled Sessions se geraas op Facebook en geniet hierdie episode van so net oor die 13 minute voor jy by die werk fokof op hierdie fake Maandag.

Deel met jou tjommies!

    griffinDie Horries! Distilled se vierde episode is al laasweek uit!
    Check hom

    Blood Brothers is hierdie Saterdag in Centurion! Wen tickets!

    In Kompetisie, Watkykjy Gigs deur griffinRek jou bek

    Hierdie Saterdag, die 29ste September, is dit weer tyd vir die jaarlikse Blood Brothers rock ‘n roll show. Hulle trek nou al by die vierde een en hierdie jaar se Gauteng gedeelte van die  show gaan plaasvind  by Platteland in Centurion – ‘n splinternuwe venue met ‘n befokte stage, ligte en sound. Dink daaraan dit as ‘n cooler version van Weiveld. As Weiveld sonbrille gedra het, gerook, gedrink en kitaar gespeel het en ‘n cool meisie gehad het, was sy naam Platteland.
    Platteland is by 270 Witch-Hael Avenue in Centurion.
    Hier is sommer vir jou ‘n map met directions:

    Vir dié van julle wat nog nie die voorreg gehad het om hierdie spectacular show te kyk nie, werk dit min of meer so: van ons land se beste rock ‘n rollers kom saam en jol mekaar se songs asook bedonnerde covers in ‘n all-star band setup en hulle doen dit vir ‘n goeie doel: Fok kanker.
    Hierdie jaar se band members sluit in:
    Francois Van Coke
    Hanu De Jong
    Jason Oosthuizen
    Jaco Mans
    Chris Van der Walt
    Laudo Liebenberg
    Ard Mathews
    Jedd Kossew
    Adelle Nqeto
    Allesando Bengino
    Warwick Rautenbach
    en Hunter Kennedy wat die official 2018 Blood Brothers song geskryf het.

    Die hoofdoel van hierdie jol is nog al die pad om geld in te samel vir die die Vrede Foundation,  ‘n non-profit instansie wat finansiële bystand verleen aan jong mense met kanker. Die ticket sales word vir hierdie doel aangewend en teen R180 wat ‘n absolute bargain is, dink ons die ouens het effens te min gevra. R250 sou maybe ‘n fair prys gewees het as jy in ag neem wat jy alles vir jou geld kry, so kom ondersteun dit asseblief deur jou kaartjie hier te koop:
    https://plankton.mobi/Events/EventBooking/ceb5b16f-d0d2-4086-927b-252785e429d9

    Dis genuine ‘n bargain vir wat jy kry en dit gaan vir ‘n goeie cause. Die afgelope Saterdag het die rock en roll super group die Kaap so bietjie ore aangesit en dit lyk en klink of dit befok was. Chris Van Der Walt het vir ons so bietjie feedback gestuur:

    Ons het ook so paar selfoonfotos ingekry van hoe dit min of meer by die Kaapse show gelyk het en daai stage en lige lyk epic. Ons kan nie wag om self die viuals te beleef nie. By sulke shows maak dit die hele experience net soveel beter en dit lyk hierso of die ouens dit genail het:
    As jy nou genuine nie geld het om te gaan kyk nie en steeds nie hierdie vibe wil mis nie, kan jy tickets wen hier op Watkykjy:
    Ons gee 5  double tickets weg en ons gaan dit vir jou heavy maklik maak om dit te probeer wen.
    Al wat jy hoef te doen is om die Blood Brothers event se Facebook link te copy en te gaan paste op enige ander Facebook page wat jy like of volg.
    Stuur vir  ons ‘n sreen shot van dit wat jy gepost het. Enige Facebook Page behalwe Blood Brothers of Watkykjy s’n sal voldoen. Lekker spam vibes.
    Mail dit na griffin@watkykjy.co.za
    Jy het nie baie tyd nie! Ons soek die entries voor moremiddag 16:00 (Woensdag 26 September) en sal dan die 5 bestes kies.
    Ons sal die wenners per e-mail in kennis stel voor 17:00 (Woensdag 26 September).
    Hier is die link wat jy moet gaan copy en paste:
    https://www.facebook.com/events/1716149335148565/
    En hier is ‘n voorbeeld van ‘n screen shot van jou post wat jy vir ons moet mail na griffin@watkykjy.co.za om in aanmerking te kom vir die kompetisie:
    Meer info oor Blood Brothers:
    Website: http://www.bloodbrothers.co.za
    Facebook: https://www.facebook.com/BloodBrothersSA
    Twitter: https://twitter.com/bloodbrotherssa
    Instagram: https://www.instagram.com/bloodbrotherssa
    Vrede Foundation: http://www.vredefoundation.co.za

    Deel met jou tjommies!

      griffinBlood Brothers is hierdie Saterdag in Centurion! Wen tickets!
      Check hom

      Ons chat met Beer Adriaanse oor Hotel (‘n fokken snaakse Afrikaanse TV-reeks)

      In Snotstories, Watkykjy Interviews deur griffinRek jou bek

      Hotel is ‘n mokumentêr oor wat aangaan in ‘n fiktiewe plattelandse boutique hotel, iewers in Mpumalanga. Ferdie Kruger is bestuurder van ‘n boutique hotel in Fransenburg. Die Lourier hotelgroep koop hierdie rowwe diamant en stuur vir Thomas (Beer Adriaanse) van hoofkantoor, om die oorgang te monitor. Ek het toevallig op hierdie reeks afgekom terwyl ek na iets anders gesoek het en was dadelik ingetrek. Aanvanklik sou ek iets review-erig hieroor skryf, maar ek was so impressed gewees met die acting, skryfwerk en die feit dat ek gereeld hardop gelag het, dat ek besluit het om so bietjie meer behind-the-scenes info te kry by Beer Adriaanse, wat die tol van Thomas vertolk.

      So ek het hom toe met so paar vrae ge-peper.
      Die draaiboekskrywers is Stiaan Smith en Bennie Fourie – wie is hierdie ouens en wat is hulle agtergrond? Die skyfwerk is fantasties.
      Stiaan en Bennie is twee turke wat albei al naam gemaak het as akteurs, skrywers en regisseurs. Bennie kom uit die donker Potchefstroom improv-underground en Stiaan het sy tande geslyp as ‘n drama student by AFDA. Ek het vir Bennie ontmoet by die Silwerskerms toe hy daar was met sy kortfilm, Vuil Wasgoed, en vir Stiaan het ek ontmoet via ons albei se betrokkenheid met die film, Vir Altyd. (Ek was die trou DJ en hy was die man wat by die altaar gelos word.) Hulle twee het die eerste seisoen geskryf en toe van die 2de seisoen af het hulle vir Ryan Metcalfe en myself betrek as mede draaiboekskrywers. Slegs hulle sal weet of dit ‘n goeie idee was.
      Vat die directors input van die akteur ook?
      Ja. Gelukkig verstaan almal dat komedie ‘n spansport is en ons werk en verwerk die tonele en grappe op stel en selfs vooraf in sessies wat ons “punchline pimping” noem. Dan kom ons mede akteurs soos Schalk Bezuidenhout, Mila Guy, Barbara Brasington en Simoné Nortmann ook by om te help skaaf aan die tekste. Die algemene reël is dat as jou voorstel die toneel snaakser maak en eg bly aan die karakter sal dit gebruik word.
      Hoeveel improv is daar?
      Ons probeer om met die skryfslag die tekste so te kry dat ons reeds al die improv-moontlikhede ingewerk het in die komedie. En kyk, ons werk steeds met plaaslike bevondsing en komedie is mos maar die stiefkind van die televisiewêreld hier in Suid-Afrika, so ons skiet teen ligspoed en moet gemiddeld 14 bladsye per dag skiet. Dit gesê maak ons altyd ruimte in die laaste takes om bietjie rond te speel en veral Schalk floreer dan. Bennie het ook hierdie jaar vir twee maande in Chicago gaan swot by The Second City, die grootste improv skool in die wêreld, so hy het allerhande nuwe toertjies vir ons kom leer en ons het weeklikse improv-sessies waar ‘n klomp van ons (insluitend ‘n klomp van die rolverdeling) bymekaar kom om vir ‘n paar ure te improviseer. Hoewel mens so baie opdonner en jou improv-pogings platval, help dit baie en hou dit daai spiere fiks.
      Ek is so fokken bly dat die dialoog bietjie natuurlik is. Even met ‘n vloekwoord hier en daar wat ge-bleep en ge-blur word. Dit maak die reeks heelwat meer geloofwaardig en actually kykbaar. Is KykNet besig om bietjie wakker te word of wat is aan’t die gebeur?
      Ek vermoed die wêreldwye inhoudsontploffing het gemaak dat selfs kykNET se ouer kykers nou ál meer alternatiewe oorsese programme en reekse sien en dit van hulle plaaslike reekse ook begin verwag. Ons kry meestal terugvoer van jonger kykers, wat bv. op hulle ouers se DSTV Hotel ontdek het, en jonger kykers val nie meer vir daai oordrewe en hoogdrawende Afrikaans nie. As die mense op jou skerm soos jy praat trek dit jou eenvoudig makliker in die storiewêreld in. Dit help ook dat dit ‘n mokumentêr is, so ons moet vir die genre se onthalwe so realisties as moontlik probeer bly, al vang die karakters belaglike dinge ook aan.  Dit help ook dat ons produksiemaatskappy, Nouvanaand, honderd persent ingekoop het in die visie en die vibe op stel so bestuur dat dit ‘n baie gesonde en lekker komedieskeppende plek is. Hulle staan so half bekend as die young guns wast inhoud vervaardig en volgens my is hulle op die voorfront van buite die boks produksies wat veral jonger kykers ook betrek.
      Ek het so drie complaints (of konstruktiewe raad of vrae, as jy so daarna wil kyk), so kom ons kry dit gou uit die pad uit.
      1
      )  Ek raai Graham Weir wat Oom Dirk se karakter vertolk is eintlik engels. Hier en daar slaan die soutie aksent ongelukkig deur. Hoekom is daar nie ‘n Afrikaanse akteur vir die rol gekry nie? Of hoekom kan hy nie maar net Engels gooi nie?
      Graham Weir is inderdaad een van die land se voorste Engelse teaterakteurs. Ek het hom onlangs in ‘n stuk gesien wat hy self geskryf en in gespeel het, Dead Yellow Sands. Dit was ongelooflik. Hoewel ek nie betrokke was met die casting-proses nie dink ek die karakter was van die begin af bedoel om ‘n wild card te wees, so hoe meer onplaasbaar hy is, hoe beter. Sy geskiedenis is duister en sy logika en motivering nog meer so. Sover ek verstaan is dit wat hy na die oudisies gebring het en het dit lekker gesit met hoe die res van die rolverdeling uitgespeel het.
      2.)    Hierdie is meer van ‘n “I would have done it this way” tipe van wish list item – ek dink julle het ‘n groot kans gemis in season 1 met Ferdie se obsessie om ‘n swembad te grawe. Oom Dirk en Brenda (daai wille vrou) het hulleself  toegesluit in die stoor en het uitgekom deur ‘n hoek met dinamiet faktap te skiet. Ek het seriously vooruit met die storielyn gehardloop en gedink: “Aah, dis fokken slim! Dis hoe die hotel se swembad gaan begin!” Toe gebeur dit nie. Why not? Het jy nie ook gedink dit sou gebeur nie?
      Ek het twee antwoorde vir jou. Eerstens, jy moes duidelik in die writers room gewees het vir seisoen 1, want daai is ‘n great idee. Tweedens, moenie dink die sage van die swembad is verby nie… Ook: In komedie is dit nie gesond om vir jou karakters te gee wat hulle wil hê nie. Selfs nie met ‘n dinamietontploffing nie.
      3.)    Die kamerawerk en lyk of dit losweg op The Office gebasseer is meeste van die tyd. En dan hier en daar is daar mooier cinemtice-tipe shots. Daar was byvoorbeeld ‘n shot van die kant van oom Dirk wat oor sy gras gesels. Dit het uit plek gevoel. Was The Office ‘n inspirasie gewees? Indien wel, tot in watter mate?
      Ek dink die hele tsunami van mokumentêre soos The Office, Parks & Rec, Modern Family en ander het as inspirasie gedien. Ons almal, insluitende James Borthwick, wat Ferdie speel en byna 70 is, is groot aanhangers van die groot pappa van mokumentêre, Spinal Tap, sowel as al Christopher Guest se flieks, soos Best In Show, A Mighty Wind en For Your Consideration. ‘n Belangrike deel van seisoen 1 was om egter ons eie visuele taal te skep vir Hotel, so ek dink ons het ge-eksperimenteer tussen genres en om nou en dan beter kamerawerk in te span. Jy sal sien ons het met seisoene 2 en 3 nog verder gegaan met die eksperimente. Dis vir ons belangrik om onsself te geniet en as ons wonder of ons iets moet probeer, dan beteken dit gewoonlik ons moet dit JUIS probeer. Dis nie asof ons bang is ons gaan nie ‘n Golden Globe wen nie… Tydens die eerste seisoen het ons wel geweldig baie klagtes oor die swak kamerawerk gekry, maar dit was meestal mense wat nie verstaan het dat die kamera moet ‘n dokumentêre span naboots nie en dat dit doelbewys heeltyd in en uit “crash”. Van seisoen 2 af het die klagtes basies opgehou. Dit wys jou net as mense net eers gewoond raak aan iets sal hulle eintlik enige ding kan geniet. Die lekker ding van die bewegende kamera is dat dit ‘n ongelooflike stuk komediese gereedskap is. Jy beklemtoon sekere dinge en die lens word as ter ware nog ‘n karakter in die storie.
      Soos ek reeds genoem het – die reeks is genuine fokken snaaks. Watter scene het die meeste re-takes geverg omdat julle heeltyd van die lag uitgebars het.
      Daai is ‘n moeilike vraag, want ons corpse nogals gereeld. Veral as die tonele wilde wendings neem wat nie die skrywers, akteurs of regisseurs voorspel het nie. Daar’s ‘n “hof”-episode in Seisoen 2 waar ons basies vir die hele episode in een location was, en daar het ons bitter gereeld uitgebars. Veral vir Danny se gedaanteverwisselings deur die episode.
      Hierdie reeks het nie net die potensiaal om die beste Afrikaanse sitcom te wees nie, want dis reeds heel bo on top of the pile. Vir hoeveel seisoene lank dink jy gaan hierdie outjie nog bene hê?
      Ons het aanvanklik gesê net 3 seisoen, maar ons begin binnekort aan seisoen 4 skryf, so ek is nie seker nie. Dit gebeur baie gereeld dat reekse hulself oor die afgrond laat gaan tot by die punt waar niemand dit meer geniet nie en dit basies net ‘n skadu van die oorspronklike konsep is. Ewenwel is dit nogals algemeen bekend in die industrie dat ‘n komediereeks dikwels eers met seisoen 3 sy voete vind en dan is daar gewoonlik ‘n goue periode van ‘n paar seisoene waar die sneeubal lekker rol. Dit het te doen met karakter en dat jou gehoor en jou skrywers die karakters ewe goed verstaan. Iets soos Always Sunny in Philadelphia bewys egter dat mens selfs vir 12 seisoene briljant en  mal kan wees sonder om muf te word.
      Ek het verwag dat Schalk Bezuidenhout die favourite onder almal sou wees, maar die cast het my heltemal omkant gevang. Almal bring hulle deel. Die nerdy Melanie is (vir nou) my gunsteling karakter as ek regtig een moet kies. Dan is daar ook Ferdie en wat ek like van sy karakter is dat daar net genoeg cringe is om hom nie ‘n complete asshole te maak nie. Hy is nogal likable, al moet hy met soms met pepper spray in toom gehou word. Ek vermoed daar gaan baie karakterontwilleling wees in die opvolgreeks ook. Enige kommentaar? Wie is jou favourite?
      Dis die lekker ding van ‘n ensemble is dat almal soortvan nodig is om dit te maak werk. Met Ferdie wat dien as ons spilpunt en die Jony wat soortvan dien as ons “straight (wo)man” kan die res van ons die gekheid werklik indrink en uitbou. Die karakterontwikkeling is vir ons baie belangrik, maar wat nog lekkerder is, is dat ons eintlik net die karakters self beter leer verstaan. Dit kom op ‘n punt waar in die skryfkamer en op stel kan almal redelike akkurate opinies hê oor wat ‘n karakter sal doen en wat hulle nie sal doen nie. En ons probeer baie streng by daai reëls bly. Ons komedie kom obviously uit die karakters uit en hulle reaksies in vreemde situasies en om nie vervelig te raak nie moet ons toenemend dieper grawe om ons karakter met vreemde shit te gooi sonder om OTT te gaan. Dis vir ons baie belangrik om snaaks te probeer wees en nie net pittig nie. Pittigheid dui op ‘n skrywer wat ietsie slim kon uitdink en neem mens amper uit die storie uit. Jy kan die onsigbare hand voel. Snaaksheid trek jou juis dieper in die storie in, want as dit werk vloei dit direk uit die karakter uit. Pittig is nie gelyk aan snaaks nie, hoewel ek dink baie mense in die plaaslike toneel maak daai fout.
      Bobby Van Jaarsveld se ‘karakter’ van homself het my nogal verbaas. How did that come about? Die ou kan actually nogal act. Kom ons wees eerlik, die segment Suid-Afrikaners wat sy musiek ernstig opvat se lilo’s is nie altyd al die pad opgeblaas nie. Ook, Afrikaanse mense veral, is mense wat nogal geneig is om die lyn tussen karakters en akteurs heeltemal mis te lees. Ons het dit op varsity geleer oor Egoli. Fan-briewe is vir ons in die klas gelees van tannies wat die fok in is vir Walt Vorster en Niek. Is hy nie bang sy fans fok bietjie uit nie?
      Ek meet al ons plaaslike “sterre” aan of hulle vir hulself kan lag en tot watter mate hulle hulself ernstig opneem. Iemand wat bekommerd is oor hoe hulle gaan lyk of wat hulle aanhangers gaan dink, gaan nie ons styl van komedie wil doen nie – veral nie as hulle letterlik ‘n verhoogde weergawe van hulself moet speel nie. Bobby het daai toets dubbel en dwars geslaag. Hy was so bereid en lus om juis met homself te spot en aan die grappe te commit met als. Dit dui op ‘n tipe bevryde selfbewustheid wat so vars is. Veral as jy in ag neem hy’s werklik baie bekend. Dis okay vir die res van ons om ons name met ‘n plank te slaan, maar vir hom is daar dalk meer stakes aan verbonde. Ek was self skepties, maar kon nie blyer wees met die eindresultaat nie. Wanneer ons gassterre kry is dit soos ‘n adrenalieninspuiting op stel want dit gee ons almal iets nuuts om vanaf te bons. Dis ook gewoonlike blerrie moeilik om sommer net in ‘n gevestigde ensemble komedie in te stap en nie soos ‘n buitestander te voel nie. Sover het ons gassterre dit gerook!

      Oor die gehoor wat die lyne mislees tussen akteur en karakter, dink ek die sepie-akteurs kry meer daarmee te doen. Ons het daai vreemde tipe bekendheid waar mense ons dikwels herken, maar hulle het geen idee hoekom nie. Dit vat hulle altyd ‘n tydjie en gewoonlik is hulle oortuig hulle het ons by hulle nefie se troue ontmoet of by Jacques se braai. Dis byna altyd ‘n Jacques.
      Hoe gaan dit met die verfilming van season 3? Enige secrets wat jy kan uitlap?
      Sover gaan dit moer goed! Met elke seisoen maak ons die harnas ‘n bietjie losser sodat die perd (karakters) vinniger en wilder kan hardloop. So hierdie perd hol op die oomblik teen ‘n snelle spoed. Ons het ‘n paar mal cameos hierdie seisoen en ons gaan verder uit die Fransen as ooit tevore. Ons het ook een episode wat moontlik ons, ons hele gehoor gaan kos, of ‘n nuwe gehoor gaan oorwen. Ons dig daai stakes.

      Ons beplan om die op die set van Hotel te gaan kuier een of ander tyd en so bietjie met die ander mense ook te chat en so paar video clips te neem, juis omdat hulle op die oomblik besig is om aan seison 3 te skiet en aan seisoen 4 te werk. Hopelik kan ons julle met cool info klap hier in Januarie se kan in terme van ‘n tipe opvolgstorie.

      Intussen kan jy solank na die eerste twee seisoene van Hotel op Showmax kyk. Die maklikste is om vir die 14 dae free trial op te sign as jy nog nie het nie.  Kry  net vir jouself so stukkie free Showmax

      Jy kan vir 14 dae lank verniet kokkenodge en deur ure se kykgenot trawl en besluit of jy wil aansluit teen R99 per maand. Kanse is goed dat jy jou subscription sal wil hou. Ek vermoed Showmax het moontlik ‘n rekordmaand met nuwe releases vir September, so gaan krap rond. Ons het nog baie om met julle te deel oor die volgende paar weke.

      Deel met jou tjommies!

        griffinOns chat met Beer Adriaanse oor Hotel (‘n fokken snaakse Afrikaanse TV-reeks)
        Check hom

        Vat Vyf! Week 38 van 2018 – Zol is nou legal!

        In Wat is nuus? deur PK MalherbeRek jou bek

        1) Eers was daar De Lille en Zille. Nou’s daar weer ‘n spul Trille. Na die selfpyniging wat die DA in die Wes-Kaap oor die laaste paar maande moes ondergaan, het almal gehoop daar sal werklike winde van verandering waai en dat die party sy kop sal kan optel. Toe kom die winde. Alan Winde om presies te wees. Die DA se Wes-Kaapse premierskandidaat, Alan Winde, so wit soos ‘n volkspele, het twee ander aanspraakmakers in ‘n “rigorous process” gebeat. Volgens hom is sy sterkste punt dat hy ‘n span bymekaar kan sit. Move over Rassie Erasmus.

        2) Gepraat van. Fokkit. Wen is darem maar lekker. Tone-vuisies-maak lekker. En dan as dit teen die All Blacks is, in Nieu-Seeland, vir die eerste keer sedert 1759, fokkit… Lekkerder as wen though, is om te sien hoe dieselfde dom donners wat voor die game weer ‘n Rassie-kwessie uit die hele ding probeer maak het en wie se grootste aanspraak op transformasie in hul lewens ‘n haarsny is, se bekke toegebliksem word. Ons kan weer verloor. Ons gaan weer verloor. Maar die Bokke gaan my nie as fan verloor nie.

        3) Die kinders van vandag darem. Sulke meewarige kopskud. ‘n 16-jarige is hierdie week in Pretoria in hegtenis geneem nadat hy teen 168km/h in ‘n 60km/h-sone met sy pa se VW Golf GTi gejaag het. Aan die positiewe kant, hy is een van 4 tieners in die land wat hierdie week lank genoeg sy gesiggie van ‘n ipad of selfoon kon wegkry om iets anders te doen. Jare se kak vir hom aangesien hy die kar teen ‘n betonkonstruksie tot stilstand gebring het. Sal graag vlieg teen die muur wil wees wanneer Pappie die versekering bel.

        4) Dis’n geruime tydjie sedert ‘n profeet die hoofopskrifte gemaak het. Enter Profeer Andrew Ejimadu van (probeer verras lyk asseblief) Nigerië. Sosiale media was aan die gons hierdie week oor ‘n videotjie waar die profeet, tans in Suid-Afrika, geldnote in ‘n kwansuis leë handsak opkots. Of inkots. Die acting is kakker as 7de Laan en die CGI kakker as “insert movie met kakste CGI ooit hier.” Maar die gehoor is in ekstase. Fok. Wag tot hulle sien hoe ek en baie ander Suid-Afrikaners al vir jare geld uitkak, nevermind uitkots.


        5) Beste vir laaste. Die konstitusionele hof het uitspraak gelewer dat enige persoon voortaan in die privaatheid van hul huis dagga mag kweek, besit of gebruik. Sien? Elke daggawolkie het ‘n silwer randjie.

        Deel met jou tjommies!

          PK MalherbeVat Vyf! Week 38 van 2018 – Zol is nou legal!