Check hom

Laasweek se zefspotters

In Zefspotters deur griffinRek jou bek

Sup Griff,
Check hierdie Fourways tannie, sy mag dalk die kar gekry het, maar fokkol bestuurslesse.
Verder is daar nog ‘n paar wat ek onlangs gesien het.
André

Lekker Mini-Me!
Wesley

Ek het weer op die verkeerde kant van die “Joetjoep” beland…
Ray

Hoe zeffer hoe treffer. Gesien in Pietoria.
Jan
Wanneer ‘n creative persoon ‘n boring report moet invul.
Zoe

Bietjie van ‘n throwback so 8 jaar terug
Griff
“You only live ones” my broe. Fokken ones.
Jakes
Hoekom?
Riaan
Daai roeiboot op die dak is fokken vinniger as daai stuk kak met die vlerk
Fran
En toe speel hulle net so.
Cheers, Jan

Deel met jou tjommies!

    griffinLaasweek se zefspotters
    Check hom

    #VuilbekVrydag. Chopper Reid – Horoscopes

    In Vuilbek Vrydag deur griffinRek jou bek

    Dis 15:00 en Welkom by #VuilbekVrydag! Skop jou naweek af met ‘n oor vol vuil, komplimente van Chopper Reid, ‘n fokken hardcore ex-con van Australië. Die mal bliksem het’n gewoonte daarvan gemaak om drug dealers te beroof en op te fok. Hy’t daai mense getorture deur hulle tone af te sny met bolt cutters of af te smelt met blow torches.

    Hy het tussen die ouderdom van 20 en 38 slegs 13 maande buite die tjoekie spandeer. Tydens sy stint in die tronk het hy ook laat een van die inmates beide sy (Chopper) se ore afsny om ‘n ambush van ander crazy inmates wat hom wou opfok te verhoed.

    Read hom op ‘n stadium geclaim dat hy 19 mense doodgemaak het maar in ‘n interview met die New York Times, het Read getune: “Look, honestly, I haven’t killed that many people, probably about four or seven, depending on how you look at it.”

    Vreeslike fokken vent.

    Hy is op die einde oorlede aan lewerkanker ongeveer vier en ‘n half jaar gelede.

    Lat sy spook vir jou jou fortuin vertel:

    Deel met jou tjommies!

      griffin#VuilbekVrydag. Chopper Reid – Horoscopes
      Check hom

      Smaak my Suid-Afrika kan nou maar weer lag vir ‘n slag

      In Snotstories deur Watkykertjie bydraeRek jou bek

      (deur Melt Sieberhagen)
      Not with a bang, but with a whimper. Daar vat die main peanut in die plunder-pantomime toe sy goed en loop. Nie maklik nie, maar darem. Nie vinnig nie, maar uiteindelik. Daar is wel diegene wat dink dat Cyril Ramaphosa die beste ding sedert gesnyde (wit)brood is, maar kom ons wees eerlik: Dis nog ’n politikus. Hy hoef net beter te wees as sy voorganger. En dis nie juis ’n uitdaging nie. So met die land wat terugkeer na ’n semi-normale bestaan, is daar ’n heel nuwe uitdaging wat voorlê: Komediante moet nou weer hulle eie jokes skryf, want die groot joke met die stortkop, kuggie en koggelmander-laggie is nie meer daar as standaard giggelmateriaal nie.

      Ten spyte van die ekstra moeite en werk vir ons in die lag-bedryf, is dit grotendeels ‘n baie goeie ding. Daar is great komediante in Suid-Afrika wat enige tyd kan kers vashou by internasionale acts. Daar is ook minder great komediante, maar die meeste van ons is nog steeds nie kak nie. Sit hierdie naweek bietjie terug en geniet ‘n paar van Suid-Afrika se bestes op hulle besete beste.

      Hier is die (trompetgeskal) Grappige Groot 3 op Showmax:

      Gums and Noses
      Okay, hierdie is nie ‘n komediant as sulks nie, maar een van Suid-Afrika se beste komedieskrywers in aksie. Dis ‘n movie wat al meer as tien jaar terug gemaak is en omdat dit nie mainstream teatervrystelling gekry het nie, het dit tussen die krake deurgeval en nie op baie mense se radars verskyn nie. As jy net een van al hierdie shows/programme kyk, maak seker dis die ene. Craig Freimond het intussen ook draaiboeke vir Material en Beyond the River geskryf, maar dis met Gums & Noses wat hy my die heel eerste keer laat besef het sy aanvoeling vir eg-Suid-Afrikaanse humor is haarfyn en erg akkuraat.

      Dit gaan oor ‘n gewone ou (Anthony Coleman) wat ‘n job losslaan by ‘n advertensie-agentskap. Met al die druk om te presteer en deadlines op kreatiewe buite-die-doos-dinkende op te los, val hy in die groot, wit, poeieragtige slaggat wat soveel ad execs in val: Koukyn. Colombian Marching Powder. Wit Goud. Drugs. Vir geen oomblik gaan ek voorgee dat drugs en verslawing ‘n piele of snaakse ding is nie, maar hierdie is tog ‘n lighartige kykie na presies hoe hard en uitbundig ‘n lewe uitmekaar kan val as substance (ab)use die oorhand kry.

      Lionel Newton is sy pel en partner-in-crime in ‘n vertolking wat my destyds laat besef het hy is een van die beste character actors wat die plaaslike bedryf ooit opgelewer het. ‘n Lekker rol wat met oorgawe vertolk word. En dan is daar natuurlik my absolute gunsteling: James Borthwick as ‘n dokter wat met ‘n goeie plattelandse metafoor verduidelik wat gebeur as jy jou hart te hard rev. Ek kan sy monoloog al uit my kop uit opsê. As jy my ooit in ‘n bar sien, koop vir my ‘n bier, dan doen ek dit vir jou. Natuurlik nie so goed soos Jimmy nie, maar amper. “You’re heart are like my bakkie…”

      Check dit uit. Dis befok!

      Comedy Central Presents…
      Hier is ons nou by die regte grapgatte. Toe ek in 2006 begin stand-up doen het, was daar ‘n paar groot name (John Vlismas, Mel Miller, David Kau, et al) wat die gesig(te) van plaaslike stand-up was. Ons nuwe outjies het ‘n kleinerige mark gehad waarin ons kon inbeweeg en begin om te probeer om soos hulle te wees.

      En toe ontplof alles. Letterlik. Alles.

      Ek onthou die aand toe ek in Melville se Cool Runnings die Underground Comedy (longest running club gig in SA – 11 jaar) ge-host het, en Jason Goliath die eerste keer daar opgedaag het. ‘n Funny ou met ‘n regte werk in finance wat so bietjie kom grappies gooi vir drie minute… Nou’s dit nog nie eers tien jaar later nie en Goliath & Goliath is ‘n enorme comedy powerhouse. Donovan Goliath en Nicholas Goliath is die ander twee en Kate Goliath is een van die voorste promotors en agente in die land. Minder as tien jaar.

      En dis nie net hulle nie. Daar het ‘n swetterjoel komediante op die scene verskyn en die beste van alles is: Hulle is nie kak nie. Glad nie.

      Check die Comedy Central Presents reek op Showmax uit. Buiksprekers, malkoppe en outjies met snorre en truitjies – daar’s ‘n groot verskeidenheid en dis regtig baie snaaks. Dusty Rich, Conrad Koch, Rob van Vuuren, Schalk Bezuidenhout… Hulle is almal daar en hulle deliver.

      Vang ‘n fliek
      Daar is ‘n groot verskil tussen die Afrikaanse en die Suid-Afrikaanse filmbedryf. Nie in kwaliteit nie, maar in blootstelling en publisiteit. Dis great en alles dat Afrikaanse movies weer ‘n ding is, maar ‘n mens moet nie vergeet van die ander plaaslike films wat dalk nie ‘n hele kanaal, trust of mediahuis agter hulle het nie.

      Check bietjie I Now Pronounce You Black and White of Wonderboy For President uit om te sien wat daar ook in die land aangaan. Selfs Blitzpatrollie of Jozi (Alhoewel Jozi eintlik ‘n baie afgewaterde weergawe van Gums and Noses is… Weereens James Borthwick met die most memorable line: “Here at Daspoort Rehab the only pill is the Gospel”) Moet ook nie van die ouer flieks soos Soweto Green met ‘n baie jong ponytail-bedekte Casper de Vries en Taxi To Soweto met Elize Cawood in een van haar beste rolle ooit, vergeet nie.

      Daar is meer plaaslike humor daarbuite as wat jy dink. En dis alles op Showmax. Selfs al is alles wat hierbo genoem is vir jou redelik flou, vervelig of pleinweg tos, kan jy insettle met ‘n pakhuisie vol vintage Leon Schuster movies, ‘n klomp Casper de Vries shows en omtrent elke snaakse TV program wat die afgelope twintig jaar gemaak is. Van Molly en Wors tot by The Coconuts.

      Die drol is uit die drinkwater uit en die nuwe president is daar. Laat hulle die kak wat hulle selfs aangejaag/laat aanjaag het, self uitsorteer. Kry ‘n bier, skop jou skoene uit en lag. Lag baie. Jy verdien dit.

      Sign hierso op vir ‘n 14-dae free Showmax trial

      As jy van ons vorige reviews gemis het en jy soek lekker leesstof, gaan krap hierso rond: http://www.watkykjy.co.za/tag/showmax/

       

       

      Deel met jou tjommies!

        Watkykertjie bydraeSmaak my Suid-Afrika kan nou maar weer lag vir ‘n slag
        Check hom

        Vat vyf! Week 7 van 2018 – Zuma fokof uiteindelik!

        In Wat is nuus? deur PK MalherbeRek jou bek

        1) Bedankingsbriefies is darem maar fokken oulik is dit nie?
        “Dankie Petro-Liesbet vir gistraand. Volgende keer sal ek beter mik. Belowe.” – Abri.
        “Dankie Juffrou dat jy Gotliep gister jou boeke laat dra het. Hy is erg ingenome. PS: Weet jy dalk hoe om kolle uit ‘n skoolbroek te kry?” – Mevrou Steyn.
        “Dankie Janus vir die leen van jou jumper cables. Hoop jou nipples is nie te erg sensitief vandag nie.” – (In die Kas)per.
        “Dankie Suid-Afrika dat julle my gefokken humour het vir 9 jaar. Ek verstaan nie lekker hoekom julle my almal nou so baie haat nie, maar ek weet wanneer ek nie meer welkom is nie.” – Jacob.
        PS: Ek voel effe seergemaak.
        2) Na Zoom-zoom soos ‘n dief in die nag (coz that’s what you are!!!) op Valentynsdag sy kys met die land gebreek het, is die nuwe staatspresident ‘n dag later ingesweer. Cyril Cupcake Ramaphosa is aan bewind. Blykbaar is Cupcake ‘n liefienaampie wat ‘n vorige skelmpie hom genoem het. Steeds, dis beter as Jacob Fokweg Zuma. Fokweg is die diefienaampie wat die skelmpie vir altyd sal hê.
        3) Patricia De Lille, burgemeester van Kaapstad, kan na hierdie week “Balhaarkenner” op haar CV voeg. Dit nadat sy ‘n mosie van wantroue deur haar eie party, die DA, oorleef het met ‘n balhaarbreedte van 110 stemme teen die mosie en 109 daarvoor. Kyk, die DA moet nou nie met hulle kak begin nie. Vingerwys na ander partye werk net rêrig as jou eie huis silwerskoon is. En tans kan die DA nou nie juis hul hande in onskuld was nie wat nogals kak is considering daar is ook fokkol water om hul hande in te was.

        4) Kyk, die Guptas moet hitte kan hanteer. Indiërs. Kerrie. Stereotipes. Maar dinge het selfs vir hulle effe warm geraak hierdie week toe die Hawks besluit het genoeg is genoeg. Daar is toegeslaan op hul pondokkie in Saxonwold, een van hulle neefs is gearresteer, Ajay is ‘n voortvlugtige (want hy moes homself oorgee aan die polisie en hy het nie) en Atul het homself gestrand gevind op ‘n aanloopbaan in Pretoria toe die vlieënier besluit het hy gaan nêrens heen nie. En dis alles gekoppel aan daai melkplasie in die Vrystaat waarby Duduzane Zuma (ons VORIGE president se seun) ook betrokke is en waarby grootskaalse bedrog ondersoek word. Kom ons kyk of ons land se polieste hulle werk kan doen en hierdie gabbas se status na gatgabbas kan verander wanneer julle in die tjoekie beland en twee keer moet dink om te buk vir seep.
        5) Dit was beslis ‘n week vir lekkerkry. Behalwe vir Zuma en die Guptas, moes die vorige SABC-baas, Hlaudi Motsoeneng hoor hy moet R21 miljoen terugbetaal wat hy ontvang het uit ‘n deal met Multichoice en vanweë skade wat die korporasie gely het weens verkeerde aanstellings en mense wat laat gaan is. Hy wou mos die land so lank boor. ‘n Geval van ‘n oog vir ‘n rooi-oog. En ons Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane (of Not-Thuli vir haar vriende), se tjank is ook afgetrap! ‘n Hof het bevind haar verslag oor Absa wat R1,125 biljoen moet terugbetaal oor ‘n lening wat hulle tydens apartheid ontvang het, is kakker leesstof as die sleevenotes van ‘n Lieflinge CD. Sulke eina.

        Deel met jou tjommies!

          PK MalherbeVat vyf! Week 7 van 2018 – Zuma fokof uiteindelik!