Zet leer hoe om geld te spaar

In Movies en TV deur griffin1 Eiertjies

Ons het nou al vir julle al die Pinocchio episodes gegee, ‘n hele spul Trompie episodes ‘n hele seisoen van van Haasdas se Nuuskas en Liewe Heksie was ook iewers in die mix gewees. Toe bedien ons julle met die heilige sakrakement van ou wollerige ou fokken Zet, Woepies Wurm het sy buiging kom maak vir so 10 weke en toe klap ons julle met twee weke se bederf met Postman Pat. Nou kom ons met baie slegte nuus – ons het nog 8 Zet episodes opgespoor, maar dis nie Zet soos julle hom ken nie. Iemand het met die resep van die original hit gaan staan en fok. Jy sal sien wat ek bedoel. Vat jou pak maar soos ‘n man…

Zet leer hoe om geld te spaar
Mary-Anne, Zet en Zeti werk in die tuin. Zet wil zaam maak en besluit om Mary-Anne se kar te was vir geld. Fix is besig om sy piece of shit kar te probeer fix en Zet pla hom ook oor geld. Blykbaar wil die woldoos spaar vir ‘n kitaar. Fix wil nie vir Zet vertel hoe hy manage om geld te spaar nie. Blykbaar ‘n moerse geheim. Ek dink steeds dis draks. Die stupid naai loop rond met coins in sy kouse, nie eers papiergeld nie.

Hierdie post is 95 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 2,239,269 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
griffinZet leer hoe om geld te spaar

Comments

  1. Deon

    Dit het my onkant gevang! Ek en my sussie het actually tyd gemaak vir dié! Tye het verander. Ek het verander…

Gooi Comment