Valiant Swart se belangrikste gig en ‘n veiling gebeur Donderdag 27 Januarie in Pretoria.

In Watkykjy Gigs deur griffinRek jou bek

UPDATE:
‘n Hele paar mense het gevra hoe hulle direk kan ondersteun met geldelike bystand.
Daar is spesiaal ‘n rekening vir Lanelle se operasiekostes geskep:

L. Nolte

Standard Bank Spaarrekening nr 10163465868
Hermanus
Tak 050312


Alhoewel Valiant Swart al vir dekades lank in die kollig en op stages regoor Suid-Afrika optree en al ‘n huishoudelike naam is, is hy maar ‘n private persoon sover dit sy familie aanbetef. Ongelukkig kan dit nou nie meer die geval wees nie, aangesien sy vrou, Lanelle, ‘n ongewone mediese kondisie het wat redelike dringende aandag verg. Soos dit is met ongewone mediese kondisies, is dit ongelooflik fokken duur ook en Suid-Afrika se medici beskik nie oor die nodige kundigheid sodat die probleem aangespreek kan word op eie bodem nie. Lanelle moet peperduur mikrochirurgie ondergaan en die opsies blyk Engeland of Amerika te wees. Plekke wat in ponde en dollars werk.

Ek wil nou nie myself probeer uitlaat oor wat presies die mediese probleem is nie, want Valiant en Lanelle verduidelik die storie heel mooi in ‘n video hieronder. Wat ek julle wel wil vra is om my vriende uit te help deur òf aan die online interaktiewe veiling deel te neem òf om kaartjies te koop om die live show by te woon by Blue Crane in Pretoria op Donderdag die 27ste Januarie. Of doen sommer beide as jy kan! Dit gebeur basically twee weke van nou af. Daar is ‘n klomp seriously kief items wat op die veiling beskikbaar gaan wees van  kitare, kuns, memorabilia, vakansiepakkette, en vele meer. Die fondsinsameling sal ook live gestream word.

Valiant word die aand van die gig bygestaan deur sy goeie tjommies, Gian Groen en Anton Goosen, so daar gaan befokte musiek gemaak word. Sluit asseblief by ons aan, vir die aand dat ons vir Lanelle kan help? Daar is ‘n  beperkte aantal kaartjies beskikbaar vir die wat in-persoon kan bywoon maar jy kan ook lekker pryse wen deur ‘n R100 lootjie op die Tixsa platform te koop en so ook ondersteuning aan die fondsinsameling vir Lanelle gee. Jy kan tickets koop of donaises maak hier op Tixsa. Ek het dit sopas gedoen en ek is verbaas dat hulle die tickets so spotgoedkoop gemaak het – slegs R300 per persoon wat ‘n bord kos insluit terwyl jy drie living legends live kyk! Plus die opbrengste gaan vir ‘n goeie doel. Ek het sommer raffle tickets ook gekoop. Watch hoe fokken loop ek met ‘n bottel wyn weg! Ek weet nie eers wat mens kan wen nie. Ek hoop dis wyn. Of kaas. Ek sal kaas ook vat!

Sien julle daar?

Hierdie post is 119 keer in totaal gelees en 32 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,834,725 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinValiant Swart se belangrikste gig en ‘n veiling gebeur Donderdag 27 Januarie in Pretoria.

Gooi Comment