Reality TV en aktualiteit in Afrikaans? Hier is vir jou 9 reekse om te binge!

In Movies en TV deur griffinRek jou bek

Rian Van Heerden kan in sekere opsigte beskou word as Suid-Afrika se Afrikaanse Jeremy Springer. Hy maak al vir reeds meer as twee dekades lank (met breaks tussenin) kak op Suid-Afrikaanse TV. Dit het alles begin waar hy ge-slouch het op die couch met sy eerste show, Voorblad, min of meer 22 jaar gelede. Ek dink hy is destyds ge-fire omdat hy uiteindelik uitgekom het as gay, maar die TV-base het natuurlik getune dat die eintlike rede, die lae kykersgetalle was. Ek twyfel oor daardie rede, want car-crash TV maak vir die heel beste entertainment en sorg vir die meeste oogballe.

Deedae gebeur daar amper nie ‘n Afrikaanse realiteitsprogram sonder dat Rian nie somehow betrokke is nie. Behalwe dat hy ‘n aanbieder op Jakaranda FM is, run hy ook sy eie onafhanklike televisieproduksiemaatskappy wat kommersiële en uitsaai inhoud van hoë gehalte vir plaaslike en internasionale markte vervaardig. Hierdie operasie is in Tjoerras gebasseer en het al kakbaie shows produce. Rian is dalk nie die presenter in elke show nie (dankgod, want dit sou afgesaag begin raak het), maar hierdie veelsydige reekse is deur sy company Provoco, vervaardig. Jy gaan maybe nie van al die programme hou nie, maar as jy ‘n sucker is vir reality TV, gaan jy hieronder uit letterlik weke se kykgenot kan kies.

Berei jouself ook geestelik voor vir ‘n splinternuwe show wat Februarie uitgesaai gaan word: Sex in Afrikaans. Trust my mense gaan fokken uitfreak. Ek het reeds die eerste episode onder oë gekry en trust my, dit gaan poes hectic wees (as ek nou die mees akkuraatse beskrwying kan kies). Ek het reeds ‘n interview met Rian self oor daardie show gedoen, sowel as met een van die couples wat op die show verskyn, asook die aanbieder – ‘n moerse slim seksioloog. Ons drop daai interviews hier teen die einde van Januarie, hopelik.
Vir tyd en wyl, duik solank kop eerste in hierdie befokte reekse in:   

Ons koop ‘n kar
Kom ons begin met die maklike outjies. Om ‘n motor te koop is ‘n integrale deel van die meeste mense se lewens. Tydens hierdie reeks volg ons die reis van 13 mense wat om een of ander rede ‘n nuwe motor soek. Dis ‘n fun show waarin twee experts mekaar die stryd aanê om vir die deelnemer die beste kar vir hulle doeleindes en sak te kry. Dis regtig minder boring as wat dit klink. Kyk die eerste episode en vind uit of dit jou haak.

Vet Kans en Afskaal
Dis seker nie fair om die hierdie twee programme onder dieselfde kam te skeer nie, of laat ek eerder sê op dieselfde skaal te weeg nie, hehe! Tog, kan ek nie regtig die verskil met eerste oogopslag tussen die twee programme sien nie. Afskaal word deur Elana Bredenkamp aangebied en volg vier oorgewig mense wat verandering aan hulle lewens wil aanbring oor ‘n tydperk van 16 weke. In Vet Kans word ses deelnemers gevolg wat hulle lewens drasties wil verander. As mens wil tegnies raak, weeg Vet Kans dus meer as Afskaal, want hulle het meer deelnemers en gebruik ook sommer ook die woord “vet”. Hierdie is nie iets wat ek sal wil kyk nie, maar daar is dalk so paar van julle wat ‘n paar kakke agter is en dalk inspirasie sal vind tussen die twee reekse.

Bolhuis
Jirre. ou Mike… Hierdie eksentrieke bra was actually my buurman terug in die 90s vir so twee of drie jaar lank. Hy het so windgat Chev Corvette gery destyds. Ek sal een of ander tyd maar seker ‘n storie of twee oor daardie dae moet neerpen. Mike Bolhuis was al betrokke by van die land se grootste moord- en bedrogsake en die reeks delf ons dieper in van die sake wat al op sy lessenaar beland het. Mens sal seker fokken baie seisoene van hierdie reeks kan maak, want hy is elke week in die nuus met een of ander vreemde crime saak. Selfs met daai Len-ou wat die pote ge-dare het om hom in die kop te skiet daar net buitekant Devilsdorp het Mike se aandag geniet. Ek hoor Len kan darem nou al weer ‘n toon roer en ‘n drool of twee drool.

Die Siener
In hierdie reality-reeks help die Suid-Afrikaanse medium, Gerald Burger mense met hul probleme, beide geestelik en bonatuurlik. As jy nou lus is vir proper mumbo-jumbo in Afrikaans, is hierdie die show om te kyk. Dis interessant om te sien hoe maklik gullible Afrikaners die lyne blur tussen die bybel en wat hulle skiem aan die ander kant van die goue gordyn aangaan. Daar moet ‘n makliker manier wees om hierdie tipe mense van hulle geld te verlos. Ek werk intussen daaraan…

Wie Word ‘n Miljoener?
Jy sou skiem dat die Afrikaanse weergawe van Who Wants To Be a Millionaire met Rian in die aanbieder se stoel doodgewoon sou verloop. Ek meen, wat kan verkeerd loop met ‘n show wat algemene kennis toets op TV sedert 1998?

Liefde sonder grense
Liefde Sonder Grense is ’n geselsprogram wat fokus op die lewens van paartjies wat in verhoudings is, wat ander mense moontlik vreemd sal vind. Daardie seemingly unconventional verhoudings. Dis die tipe paartjies wat na gestaar word by shopping centers en vingers na gewys word en ge-judge word sonder om die persone te ken. Wel, nou kan jy sommige van hulle leer ken en vingers wys na die TV en jou tong klap in die gemak van jou sitkamer: die ou wat met die tannie trou wat twee keer sy ouderdom is, kort vrouens wat reuse as mans het, body builders, gay mense (gaap, is ons nog in die 80s?), mense wat honde as hulle kinders ag, chicks wat robots date en nog vele meer. Kyk. as jy net in die missionary posisie naai, sal alles vir jou volksvreemd wees…

Wat is waarheid?
Jirre, as jy nou fokken nut jobs wil sien, check bietjie hierdie reeks uit. Die subject matter is nogal wild en wyd, amper soos die mense wat in die wilde kak glo. Stories en conspiracies wat ondersoek word, sluit onder anderr in: die Kruger Miljoene, Cecil John Rhodes se geheime organisasie en  ‘n magdom conspiracy theories straight uit die Anglo-Boereoorlog. Dan is daar natuurlik ook koekoes mense wat glo in die nuwe wêreldorde, die illuminati en dat COVID-19 in ‘n laborotorium ontwikkel is sodat Bill Gates die virus release het om zak te maak. Wat nog? O ja, die Vryemesselaars se geheime rituele, die wêreld se einde wat about elke dag misvoorspel word en stapelgek dead-beats wat vas daarin glo dat die fokken aarde plat is. Jou maag gaan seerkry van al die lag en jou brein gaan seerkry van al die dom.

Karakter
Ek het hierdie show genuine erg geniet (for the most part). Rian deurkruis die land op soek na unieke en eksentrieke mense wat hulle gemeenskappe se tonge laat klap het. Daar is Rusty Pool,  ‘n eks-tronkbewaarder van Cullinan wat ‘n doodskis agter sy driewiel sleep en ‘n vrou van Vanderbijlpark wat die Lotto gewen het en met haarself getrou het. Dan is daar Vanessa Faarking Jarvis wat faarking kaalgat op ‘n perd deur die strate van Clarence gery het nadat sy vry van kanker verklaar is, die hoofpriester van Suid-Afrika se eerste Sataniese kerk en John Wayne wat al about sy hele lyf behalwe die binnekant van sy voorvel ge-tattoo het. Wat ek wel sal afraai is episode 4 en 5. Dit gaan oor Rooies Strauss, voormalige lid van Koevoet in die polisie, voormalige alkoholis en nou ‘n reuse racsit en hedendaagse algemene uberkont onder die vaandel van die woord van god – die man wat homself glo nou bekeer het en op mense op die internet skreeu om in  Jesus te glo. Fok daai ou. Fok hom al die pad hel toe!


Daar is ‘n moerse collection reality reekse, Hollywood-reekse en kick-ass movies op Showmax.
Jy kan ook aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie.

Hierdie post is 36 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,834,883 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinReality TV en aktualiteit in Afrikaans? Hier is vir jou 9 reekse om te binge!

Gooi Comment