Spoorloos: Steynhof – ‘n befokte suspense reeks in Afrikaans!

In Movies en TV deur griffin

Meer as gereeld klink Afrikaanse TV reekse se name pretty fokken lame in, wel, Afrikaans. Egoli – Plek Van Goud is byvoorbeeld ‘n toutologie, want Egoli beteken letterlik reeds “plek van goud”. Dit is soos om van ‘n ronde sirkel te praat. Die sirkel is reeds rond, jou nool! Sonkring, daai lekker show uit die 80s, aan die ander kant, klink nou weer cool, maar die naam lei jou nog nie regtig na waaroor die verhaal gaan nie. Nie dat dit regtig nodig is nie. ‘n Cool naam bly ‘n cool naam. Kyk nou na  ‘n nuwe reeks soos Fynskrif se titel wat verwys na die fine print op legal kontrakte en ‘n moerse cool naam is vir ‘n storie wat gaan oor ‘n law firm se doen en late. Slim en beskrywend. Maar wat van iets soos “spoorloos – net daai een woord sê so baie. Iets is net fokken weg! Soos wanner jou iPhone net *poof* verdwyn. Without a trace – dis fokken spoorloos! Ek dink dit kan nogal ‘n befokte naam vir ‘n Afrikaanse rock band maak: “live vanaand by Jarr Bar in Silverton:  Spoorloos met opening act, Fokofpolisiekar!”

Spoorloos die naam van ‘n betreklike nuwe reeks met die derde seisoen wat die afgelope Dinsdag op kykNet afgeskop het. Daar is in totaal 8 episodes in hierdie reeks wat weekliks uitgesaai word. Die gawe peeps by kykNet het vir my die eerste twee episodes gestuur om te kokkenodge en ek het geskiem “Ag fok, nou moet ek eers donners opvang met die eerste twee seisoene op Showmax maar toe eintlik glad nie – elke seisoen het ‘n nuwe storielyn  akteurs en nuwe karakters en die reeks in sy geheel is gebasseer op die Suid-Afrikaanse skrywer, Vernon Baumann se boek, Daddy Longlegs. En met die reeks se stylish intro wat kers vashou by internasionale produksies, word daar hoë verwagtinge geskep sommer so uit die staanspoor. Die draaiboek is deur Christo Davids geskryf en hy het ook die regie behartig (die ‘directing’, in case jy daai term wou gaan opsoek). Dié van julle wat 7de Laan kyk sal hom ken as die karakter, Errol Pieterse. Ek is nogal judgy oor 7de Laan, so ek is bly dat my eerste kennismaking met Christo Davids as regisseur en draaiboekskrywer is, want hy het ‘n fokken steller job gedoen met Spoorloos: Steynhoff! (o ja, dis die volle naam van die derde seiseon).

Al die Spoorloos seisoene volg dieselfde struktuur. Die onafhanklike stories (seisoene) speel elk af op die platteland teen die eksposisie van ‘n diepe geheim uit die verlede. Hierdie geheime veroorsaak al die kak en drama en die suspensie en angs wat ontknoop in die hede, met die klein verskil in die derde seisoen dat die gebeure nie in ‘n klein dorpie afspeel nie, maar op die plaas, Steynhof.

Daarsy,titel sorted!So wat of wie het in die verlede spoorloos verdwyn  in die derde seisoen? Glad you asked. Dis vyftien jaar in die verlede en ‘n baba verdwyn sommer net so vanaf ‘n plaas in die Noord-Kaap. Om dinge nog so bietjie meer op te spice, word twee mense ook dood aangetref. Slagoffers van ‘n raaiselagtige moord, dalk? Daar is geen spoor van die baba of dié se oppasser nie. So waddefok gaan aan? Wat het daardie aand gebeur? Wie het vir wie doodgemaak en hoekom is die baba ontvoer en deur wie? Sulke baie vrae. Terug in die hede moet Adri Erasmus (dis nou die baba van destyds) met baie kak deal. Sy kom agter dat daar geen  rekord van haar gebroorte is nie en met behulp van haar hoogs begaafde en autistiese tjommie, Xander, begin sy die legkaartstukke uitfigure. WEanneer sy haarself eventually op die plaas diep in die Noord-Kaap bevind, kom sy gou agter dat nie almal so moerse keen is op puzzle-bou nie en haar probeer weghou van die waarheid.

Seisoen drie word ondersteun word deur ‘n gesoute cast: Stiaan Smith, Jane de Wet, Brent Vermeulen, Diaan Lawrenson, Arno Marais, Eloise Clasen, Vinette Ebrahim, Ivan D. Lucas, Wayne van Rooyen, Franci Swanepoel en Kim Cloete.  Ek  is veral impressed en terselfde tyd net so confused soos wat ek impressed is met Jane de Wet se vertolking van die hoofrol van Adri – sy lyk en act soos ‘n tipiese vyftienjarige hoërskoolkind, maar is in regte lewe reeds in haar mid-20s. Sy is fantasties. Verder is die storie se ma-dogter dynamics, sowel as die interaksie tussen die tieners moerse geloofwaardig. Die scripting en dialoog kom ongeforseerd voor, soos natuurlike gesprekke in Afrikaans waar jy dit tussen jou vriende of in die Spar sou hoor.  Die producers is dieselfde span wat Lioness uitgebring het vroeër vanjaar op Mnet, so die hoë kwailteit van die produksie is vanselfsprekend. Neem ook in ag dat hierdie reeks gedurende lockdown, wat met sy eie stel challenges kom, vervaardig is.

Ek is sover nog net twee episodes in en ek is genuinely entertained! Ek kan nie wag om die res van die reeks klaar te kyk nie, want die storie is belaaid met suspensie en geheime – jy wonder wie Adri so stalk na skool vanagter bome, bosse en struike. Jy dink Adri se ma, Therese (gespeel deur Franci Swanepoel)  sal OK wees, maar daar is bietjie van ‘n pille issue wat jou laat wonder. Jy skiem Therese se nuwe baas lyk na ‘n orraait ou en maybe is hy ‘n uitkoms vir die twee, maar dan is hy hierdie fokken creepy seksuele teisteraar by die werkplek wat die vrou se desperate situasie uitbuit. Fok, maybe is die ondersoekende en persistant Xander die antwoord? I dunno. Dis ‘n intense drama. Dis ‘n verhaal vol hartseer, angs maar ook geluk . Dit belowe ook om soos met die vorige twee seisoene, kykers tot op die einde laat wonder oor wie die groot drol in die drinkwater is.

Spoorloos: Steynhof is in essensie, die soektog na wat die waarheid is, met die ontnugterende besef dat die waarheid jou nie atlyd vryskeld nie. Soms fok die waarheid jou net op. Dan moet jy maar speel met die kak kaarte wat aan jou uitgedeel is…


Ek het uitgereik na akteurs, Neels Clasen  en Eloise Clasen en hulle  gevra hoekom hulle dink jy Spoorloos: Steinhof nie mag misloop nie:

Neels Clasen oor hoekom jy Spoorloos moet kyk:

Eloise Clasen oor hoekom jy Spoorloos moet kyk:

 

Hierdie post is 383 keer in totaal gelees en 2 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,611,185 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinSpoorloos: Steynhof – ‘n befokte suspense reeks in Afrikaans!