Klap hierdie kief cartoons saam met ‘n leker vet spliff!

In Movies en TV deur griffinRek jou bek

Fok dis vir my weird – vandat die gebruik van dagga legal gemaak is, rook about fokken niemand dit meer nie. So asof die avontuur en excitement van jouself skuldig maak aan iets onwettig doen, by die voordeur uit is. Kyk, ek is nie iemand wat oor die algemeen met zolkoppe uithang nie. Die fok weet ek het nie tyd vir iemand wat sukkel om ‘n sin klaar te maak of vergeet wat daai onbelangrike ding is wat hy wou sê nie, maar ek weet hoe dit brasse operate. Ek maak uit van muchies en TV – al daai lekker lui dinge. In die nineties was dit zol, Black Label en kaaskrulle tot die vingers oranje was en dit was gewoonlik met cartoons geniet along the lines of Ren & Stimpy, Cow & Chicken, I am Weasel, Rocko’s Modern Life, Rugrats, Beavis & Butthead en Frits The Cat (kan jy fokken glo dit kom uit die 70s uit?). Die ouens wat genuine hulle oë stadig geknip het, het selfs ‘n stukkie Tom & Jerry geniet.

Vandag gee ons vir julle ‘n updated lys van cartoons wat zolkoppe kan stream; ‘n tipe van “kook en geniet” as jy wil. Raak fokken baked, bru! Jy gaan fokken baie paranoia pietersielie nodig kry vir hierdie oefening. In fact, jy gaan dalk heeltemal te fokken min rondkyk Rothman’s hê, want daar is maande se bewegende prenjtjies om te kyk. Ons begin by die mak stuff en werk  boontoe.

Mr Bean Animated Series (PG)
Ons ken almal vir Mr Bean. Hy is nogal ‘n clumsy fokop en nou is hy ‘n animated clumsy fokop.

The Loud House (PG)
Elfjarige Lincoln is die enigste laitie in die familie en die middelkind van 11 kinders. Liewe jirre. Ek dink jy het dalk brannas nodig vir hierdie ene.

Regular Show (PG)
Mordecai en Rigby, soos meeste zolkoppe ook is, sal enige iets probeer om nie vir ‘n fok ‘n steek werk te doen nie en dit maak hulle baas, Benson, die hoppende fok in.

Adventure Time (PG)
Finn het ‘n aangenome boetie, Finn, wat ‘n hond is en die ability het om enige vorm en grootte aan te neem. Hulle lewe in die post-apocalyptic land van Ooo en ontmoet die vreemste fokkers.

Mega Man: Fully Charged (PG)
Hierdie is natuurlik op die video game van dieselfde naam gebasseer. Wat jy dalk nie geweet het nie is dan die robot se naam Aki is. In die storieweergawe is hy deel van ‘n mens-familie  en hy transform na Mega Man om die wêreld teen faktap robotte te beskerm.

The Powerpuff Girls (PGV)
Die Powerpuff Girls (Blossom, Bubbles and Buttercup) het hulle onstaan te danke aan Chemical X. Hulle is cute maar jy wil nie met hulle fok nie.

Ben 10 (PGV)
Voor dit ‘n ander benaming vir vroulike cradle snatchers was, was dit eers ‘n cool cartoon. Ben was ‘n gewone latie tot hy ‘n horlosie ontdek het wat hom in 10 kragtige aliens kan  verander. Natuurlik help hy mense maar daar is skobbejakke wat sy watch soek om kak mee te maak.

DC Super Hero Girls (PGV)
Al die girlie superheroes in hulle tienerjare se avonture: Wonder Woman, Supergirl, Batgirl, Green Lantern en die res van die crowd.

Teen Titans Go! (PGV)
‘n Hele wêreld sonder grootmense!

Lazor Wulf (16L)
Bly ek het hierdie ene opgespoor. ‘n Comedy oor ‘n wolf met ‘n laser gun wat so bietjie buurtwag pleeg in sy hood. Hy leer fokken belangrike lewenslesse, soos om hoe om die dood te ontwyk terwyl jy gaan brekfis cereal koop.

Primal (16V)
This animated series from Adult Swim tells the tale of an unlikely friendship that develops between a caveman at the dawn of evolution and a dinosaur facing extinction.

Family Guy (16VL)
Ek kyk eerder Tom & Jerry as hierdie kak, maar ek sit hom hier vir dié van julle wat dit dalk sal like. ‘n Stupid-ass middelklas Amerikaanse familie bly in denkbeeldige Quahog in Rhode Island en doen stupid kak.

American Dad (16LD)
Die moerse random eskapades van Stan Smith, ‘n konserwatiewe C.I.A. Agent wat met die gesinslewe moet deal en terselde tyd Amerika veilig moet veilig hou op die mees absurde manier moontlik.

Mike Judge Presents: Tales From the Tour Bus (16LD)
‘n Kykie na rock en country se grootste legends in die vorm van animated interviews met band  members, tjommies wat uncensored stories en staaltjies oor die sterre vertel en die kak wat hulle aangejaag het op toer.

Rick and Morty (16VS)
Poesmal scientist Rick Sanchez en sy verkakte kleinseun, Morty, gaan op fokken crazy ass avonture waar time & space se limits nie juis van toepassing is nie.

Dante’s Inferno (18VN)
Dante moet deur die nege sirkels van hel fok om sy skattie, Beatrice, te red. Jissis, dit klink na baie moeite. Ek hoop sy is al daai drama werd.

Mr. Pickles (18VSL)
Wanneer laas het jy ‘n cartoon gekyk oor sataniese border collie? Nog nooit nie? Dan is Mr Pickles een van daai “daar is altyd ‘n eerste keer vir alles” vibes…

Momma Named Me Sheriff (18VSL)
… en dan is daar ‘n tweede keer, want Mr Pickles lewe voort in hierdie sequel wat focus op Old Town se fokken onnosel Sherriff. Soos met Mr. Pickles, kan jy donker humor en gore verwag.

South Park (18LSDVNP)
Heel aan die einde en ook die koning van kakmaak cartoons, is die geliefde South Park waar absoluut fokken niks heilig is nie.


Daar is ‘n moerse collection movies op Showmax. Jy kan aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie – daar is kakbaie ander movies, reekse en doccies ook om deur te werk! As jy besluit om tussen nou en 31 Maart vir Showmax op te sign, betaal jy slegs vir 1 maand en kry twee verniet.   
Sterkte met hierdie kak COVID19 storie, maar ons sal hom fokken saam deurdruk!

Hierdie post is 128 keer in totaal gelees en 3 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,045,457 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
  •  
    1
    Share
  •  
    1
    Share
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
griffinKlap hierdie kief cartoons saam met ‘n leker vet spliff!

Gooi Comment