A Swarm of the Sun – These Depths Were Always Meant For Both of Us

In Kief musiek deur griffin1 Eiertjies

Wat van so bietjie Sweedse instrumental metal? A Swarm of The Sun het sopas ‘n nuwe studio EP, 20.11.03 release. Hierdie duo, Erik Nilsson en Jakob Berglund het reeds twee vollengte albums vrygestel – The Rifts (2015) en The Woods (2019). Hulle website lyk soos die fokken Blair Witch Project.
Jy hoef geensins ‘n fan van metal musiek te  wees om hierdie tune te geniet nie. Die Amerikaanse metal magazine, Metal Injection tune “It’s a slow burn that elevates into a mountain of auditory pleasure.”
Dis fokken hauntingly beautiful. Ek kan al ‘n drone shot sien aan die einde van ‘n donker drama waar iemand tevergeefs iemand anders probeer inhardloop en neerbliksem en huil, arms uitgestrek, close-up op ‘n betraande gesig. Hulle het in November laasjaar ‘n moerse classy live session gedoen by Studio Gröndahl in Stockholm. Hier is These Depths Were Always Meant For Both of Us

 

Hierdie post is 47 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,079,864 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  • 2
  •  
  •  
  •  
  •  
    2
    Shares
  •  
    2
    Shares
  •  
  • 2
  •  
  •  
  •  
griffinA Swarm of the Sun – These Depths Were Always Meant For Both of Us

Comments

  1. Adrian

    Daar sal altyd net een Pink Floyd wees, maar hierdie outjies nie te sleg nie

Gooi Comment