Kick-ass facts, flieks en ander fun stuff uit die 90s! (deel 2 van 2)

In Movies en TV deur griffinRek jou bek

(lees deel 1 hierso)
Is jy ‘n kind van die 80s en 90s? Watse memory prentjies kom in jou brein op as terugdink aan daai tye? Hier is so paar vinniges vir jou:
kaklelike outfits, BMX gangs, resiesfietse, vuil pikswart voetsole van rondloop agter ma aan in die supermark, pakslae as jy kak aanjaag, pakslae as jy fokol doen, fokken haarinspeksies, kadette, musiek luister op jou Walkman of  Diskman, tapes rewind met potlode, tapes fix met selotape, movies op VHS, sweets wat soos sigratte lyk, die Chomp advertensie, rook agter die pawwies, fight agter die pawwies… Tamagotchi?

Wat van so paar interessante 90s facts?

  • Van die beste 90s albums sluit in:
    Nirvana – Nevermind
    Radiohead – OK Computer
    Dr. Dre – The Chronic
    Green day – Dookie
    Red Hot Chili Peppers – Blood Sugar Sex Magik
    Nine Inch Nails – The Downward Spiral
    Beastie Boys – Check Your Head
    Depeche Mode – Violator
    Tom Petty – Into the Great Wide Open
    Rage Against the Machine – The Battle of Los Angeles
  • Microsoft Office is actually eerste op Mac release in 1989 voor dit op PC beskikbaar gestel is ‘n jaar later.
  • Die T-rex se geluide in Jurassic Park is actually ‘n recording van ‘n hond wat met ‘n tou speel wat stadiger gemaak is. Jy sou dalk dink dat ‘n Rottweiler gebruik is, maar dit as in fact ‘n Jack Russel.
  • Die 1996 reeks, Sabrina The Teenage Witch, speel af in die fiktiewe dorpie van Westbridge maar die dorpie se ZIP code in die reeks is in regte lewe die ZIP code vir  Salem, Massachusetts – die plek waar “hekse” vervolg is in 1692. Fokkit, 19 mense is sommer gehang daarvoor – 14 vrouens en 5 mans!
  • NSYNC het hulle boy band naam gekry omdat Justin Timberlake se mamma daarmee opgeokom het – dit is die laaste letter van elke lid se naam. Ek het dit  vir ‘n fok nie geweet nie!

Twee one hit wonders van die 90s:
Eagle-Eye Cherry –  Save Tonight (1997)
Check hierdie kak uit – Eagle-Eye Cherry se actual fokken for realzies naam is Eagle-Eye Cherry. Sy pa was bekende jazz man, Don Cherry.  Hierdie bra van Swede se enigste groot hit ooit is Save Tonight en ek wil nog steeds in my broek kak elke keer as ek die fokken tune hoor:

Deep Blue Something  – Breakfast at Tiffany’s (1995)
Hierdie tune is die Living Next Door To Alice-weergawe vir meer die meer gesofistikeerde Suid-Afrikaner. Kom ons wees eerlik, as iemand jou vra om een song van Deep Blue Something op te noem gaan jy nie eers weet dis hulle wat Breakfast at Tiffany’s gedoen het nie, right? Hulle het verdwyn net so vinnig soos wat hulle verskyn het:

Hier is vir jou ‘n lys van 20 prominente akteurs uit die 90s wat in vandag se movie lys feature. Meeste van hulle is vandag steeds fokken huge in Hollywood. Check bietjie watter movies in jou brein op pop sonder om eers af te scoll en na ons lys te kyk:

Steve Buscemi, Jeff Goldblum, Samuel L. Jackson, Harvey Keitel, Jackie Chan, Sally Field, , Michael Madsen, Robin Wright, Jeff Daniels, Tommy Lee Jones, Will Smith, Chris Penn, Al Pacino, Quentin Tarantino, Johnny Depp, Sam Neill, Denzel Washington, Angelina Jolie, Ed O’Neill, Tim Roth.
Reservoir Dogs (1992)
Hou vas aan jou ore! Hierdie is ‘n groot Tarentino classic en dis nogal ‘n fokken meneer van ‘n debuut – die storie van ‘n rooftog wat erg skeef loop.
Beste scene: Mr BLonde wat dans op “Stuck in the Middle with You” – vir dié wat nie die movie ken nie, dis ‘n fokken hectic scene.
Beste quote: “Are you gonna bark all day, little doggy, or are you gonna bite?”

Jurassic Park (1993)
Dinosaurs word ge-clone uit muskiete se bloed of DNA of kak of iets wat in emerald (of is dit boomgom?) versteen is. Dis die eerste kak idee. Die tweede kak idee is om ‘n theme park met jou nuwe cloned dinosaurs oop te maak. Dinge fok, predictably, lelik uit.
Beste scene: Daai section waar die water in die glas vibreer van die T-rex se voetstappe en dan daai fokken nostril wat teen die kar se venster blaas. Kak in pant!
Beste quote: “That is one big pile of shit!”

Crime Story (1993)
Inspector Eddie Chan (Jackie Chan) moet ‘n ontvoerde besigheidsman red en die polisie is meer korrput as die Guptas. Hierdie is losweg gebasseer op ‘n ware verhaal van ‘n ryk besigheidsman, Teddy Wang, wat in die 90s ontvoer is. 
Beste scene: Die fokgroot explosion


Forrest Gump (1994)
Terwyl ‘n ou vir ‘n bus wag, vertel hy ‘n vreemdeling sy hele lewensverhaal wat unbelievable staaltjies insluit soos dat hy Elvis geleer het om te dans en dat hy Amerikaanse presidente ontmoet het. Tyd om weer hierdie wennertjie van ses Oscars af te stof!
Beste scene: Forrest hardloop oor die hele Amerika.
Beste quote: Almal ken hierdie ene: “Life was like a box of chocolates, you never know what you’re gonna get.”


Mission: Impossible (1996)
Tom Cruise is Ethan Hunt, ‘n Amerikaanse agent wat op ‘n mission is om ‘n spioen te ontbloot wat hom ge-frame het vir die moorde op sy Impossible Mission Force Team. Daar is so baie aksie, dat jy iets sal mis as jy wegkyk!
Beste scene: Ethan se harnas kak en hy stop net-net betyds ‘n balhaarbreedte bo die vloer.
Beste quote:
“Can I ask you something, Kittridge? If you’re dealing with a man who has crushed, shot, stabbed, and detonated five members of his own IMF team, how devastated do you think you’re gonna make him by hauling Mom and Uncle Donald down to the county courthouse?”


Fly Away Home (1996)
Wat van so bietjie drama en feel-good vibes in die vorm van hierdie hartverblydende verhaal van ‘n pa en dogter wat ‘n trop wees-granse lei om Kanada toe te vlieg vir die winter? Huil so bietjie met ‘n glimlag, eksê!
Beste scene: Dis die heel laaste scene en ons kan dit nie weggee nie
Beste quote: “Now, look, this is just the beginning, Amy. We’ve got to make 120 nautical miles by sundown, fly across Lake Ontario, cross an international boundary without a permit carrying stolen goods, without filing a flight plan, without any official approval, four days behind schedule. We’re on the edge, my dear.”


Men in Black (1997)
Will Smith is ‘n rebelse New York polisieman, Jay, wat deur Kay (Tommy Lee Jones) recruit word om ‘n super secret alien agency te join. Hulle het die kiefste wapens en gadgets en hulle moet Aarde red van intergalactic terroriste. Die meeste pret ooit!
Beste scene: Jay (Will Smith) wat sy toelatingstoets doen en forms onhandig invul.
Beste quote: “There’s always an Arquillian Battle Cruiser, or a Corillian Death Ray, or an intergalactic plague that is about to wipe out all life on this miserable little planet, and the only way these people can get on with their happy lives is that they DO NOT KNOW ABOUT IT!”


Donnie Brasco (1997)
Een van die befokste mobster stories ooit! ‘n Undercover FBI-agent moet die mob infiltreer deur tjommies te maak met een van die gehardste lede. Hy verloor homself in sy nuwe identiteit ten koste van sy actual regte lewe. Al Pacino en Johnny Depp is absloluut befok! Ek gaan hierdie weer moet kyk want toe ek dit die eerste keer op VHS uitgeneem het, was ek te besig om te zaber. Goeie tye!
Beste scene: Die beste scene is vir my ook die beste quote waar die FBI dude vra wat “forget about it” beteken.
Beste quote: Forget about it” is, like, if you agree with someone, you know, like “Raquel Welch is one great piece of ass. Forget about it!” But then, if you disagree, like “A Lincoln is better than a Cadillac? Forget about it!” You know? But then, it’s also like if something’s the greatest thing in the world, like, “Minghia! Those peppers! Forget about it!” But it’s also like saying “Go to hell!” too. Like, you know, like “Hey Paulie, you got a one-inch pecker?” and Paulie says “Forget about it!” Sometimes it just means “Forget about it.”


The Lost World: Jurassic Park (1997)
So wat gebeur as jy dinosaurs ge-clone het en dinge fok uit? Jy doen dit fokken weer maar hierdie keer op ‘n eiland. En dan dan nooi jy mense soontoe sodat almal se lewens in gevaar kan wees.
Beste scene: die vulkaniese uitbarsting waar duisende prehistoriese diere hardloop vir hulle fokken lewens.
Beste quote: Hierdie quote som die movie nogal mooi op –
John Hammond: Don’t worry, I’m not making the same mistakes again.
Dr. Ian Malcolm: No, you’re making all new ones.


The Bone Collector (1999)
Ons het hierdie outjie actually verlede week gekyk en dis befok lekker! Angelina Jolie is Amelia Donaghy, ‘n cop wat die verlamde maar briljante moord-speurder, Lincoln Rhyme (Denzel Washington) se oë en ore moet wees om ‘n serial killer te vang voor nog mense vermoor word.
Beste scene: Weereens kan ons nie hierdie een weggee nie – dis die scene aan die einde
Beste quote: “Do you know what happens to a cop in prison? You are brutalised every single day over and over… you become a human toilet.”

Daar is ‘n moerse collection movies op Showmax. Jy kan aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie – daar is kakbaie ander movies, reekse en doccies ook om deur te werk!
Sterkte met hierdie kak COVID19 storie, maar ons sal hom fokken saam deurdruk!

 

Hierdie post is 92 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,045,874 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
  •  
    1
    Share
  •  
    1
    Share
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
griffinKick-ass facts, flieks en ander fun stuff uit die 90s! (deel 2 van 2)

Gooi Comment