Die Verhaal van Racheltjie De Beer is fokken sadder as die Titanic movie!

In Movies en TV deur griffinRek jou bek

Kyk, daar is sekere movies waarvan jy definitief die einde van ken. In The Assassination of Jesse James peg die ou (soos die titel sê, plus like, geskiedenis), Zodiac (hy is tot op hede nog steeds nie gevang nie), Apollo 13 (die bemanning keer veilig terug aarde toe) en Titanic (almal weet dat skip sink). Dieselfde geld ook vir Die Verhaal van Racheltjie De Beer –  almal weet sy het haar klere uitgetrek om haar boetie teen die Vrystaatse koue te beskerm en toe self verkluim. As hierdie alles vir jou ‘n moerse onverwagte onthulling is, moet jy dalk bietjie wyer begin lees as jou tjommies, familie en vreemdeling se Facebook updates. 

Ek gaan nou ongelukkig nog ‘n precious bubble vir so paar Afrikaners moet bars: volgens deeglike navorsing is die verhaal van Racheltjie net dit – ‘n verhaal of folklore wat eintlik gebaseer is op die ware verhaal van ‘n Amerikaanse meisie, Hazel Milner, wat haar twee jonger broers en susters gered het van ‘n gewisse sneeustormdood deur haar eie lewe op te offer. Gaan soek die storie gerus op. Racheltjie se storie steel nogal ‘n bietjie daarso want Eugene Marais het die verhaal van Racheltjie rondom 1920 geskryf. Suid-Afrika het pas uit die Eerste Wêreldoorlog (1918) gekom en Afrikaners kon nogal doen met ‘n held om hulle te inspireer. Die Afrikaners like nogal van kultuur steel, hoor? Kyk net hoe baie van die Afrikaanse popmusiek tunes is sover terug as die 1980s by Eurovision geleen. En as jy nog verder terug gaan na die FAK-sangbundel is ‘n groot gros van daardie 400 wysies sommer by Duitsland gesteel.

Maar kom ons praat eerder oor Racheltjie, want dis eintlik ‘n cool storie. In sy mees basiese vorm gaan loop die storie min or meer so:  dis iewers rondom die 1800’s en die De Beer-familie (Racheltjie, pappa,  kleinboet en ‘n mak kalf genaamd Frikkie) reis alleen per ossewa wanneer die ding se as kak in die Oos-Vrystaat daar by die Drakensberge rond. Hulle soek skuiling by ‘n nabygeleë plaashuis. Soos die noodlot dit wil hê is dit toevallig ook een van die slegste winters (in Maart!!!) in vyf dekades en dik,  grysdonker sneeubelaaide wolke rol oor die Drakensberg-bergreeks in soos olifante. Die kak slaan die ossewa se fan wanneer Frikkie die fokken kalfie missing is. Ons weet almal hoe daai vibe uitdraai, so wat is die fokken punt dan daarvan om ‘n movie te kyk?

*in The Dude van Big Lebowski se stem terwyl ek ‘n trek van ‘n dik spliff klap*
‘It is all about the journey, man…’

Maar laat ons ‘n bietjie ernstig raak vir ‘n oomblik, want hierdie drama gaan genuine oor die reis, en dan ook soveel meer. Die verhaal van Racheltjie de Beer sentreer rondom die tema van ware liefde en die uiteindelike onbaatsugtige opoffering, maar as jy eers die ui besgin skil, ontdek jy fokken baie temas. Vroeg in die verhaal word dit duidelik dat enkelvader, Herman de Beer (gespeel deur Stian Bam) weghardloop van ‘n donker verlede wat by hom spook eerder as om na ‘n eindbestemming te reis – sy vrou Marie, het aan depressie gely en het selfmoord gepleeg na die geboorte van Racheltjie se boetie. Moonlik ‘n manifestering van post-natal depression? Dit laat ‘n mens opnuut besef dat sekere afwykings van geestestoestande al lank voor die Die Groot Trek reeds bestaan het ​​en eers in moderne tye fancy name begin kry het. Dit sluit ook aan by die plaaseienaar, George Lundt (Marius Wyers) se vrou, Jacoba Lundt (Sandra Prinsloo), wat ly aan ‘n gevorderde vorm van Alzheimer’s – sy skyn kortliks miskien ‘n lig laat op hoe mense soms geneig is om bejaardes te behandel. Ek wil amper sê met minagting, maar die engelse woord ‘dismisive’ pas dalk beter – Jacoba het byvoorbeeld die antwoorde gehad oor waar Racheltjie haar bevind het toe sy vermis geraak het, maar niemand het het hulle juis aan die ou tannie gesteur nie. Inderdaad ‘n geval van tragedie binne ‘n tragedie toegedraai in dramatiese ironie. Die les? Luister volgende keer dalk met ‘n bietjie meer deernis en respek waneer ‘n bejaarde persoon jou aanspreek. Jy het niks om te verloor nie.

Die film behandel ook belangrike temas  soos: family dynamics (veral dié van  gebroke gesinne);  menslike natuur; verlies en uiteindelik vergifnis en die hele kwessie van ‘n nuwe begin. Baie belangrik, dit is ook ‘n coming-af-age-storie (volwassewordingstorie, in case jy sukkel  met die engels). Racheltjie (Zonika de Vries) moes fokken vinnig grootword met die ontydige dood van haar ma, terwyl sy die rol van moeder en versorger vir haar boetie onder kakmoeilike omstandighede moet vervul. Dit alles terwyl sy self nog ‘n kind was. Sy is baie gelukkig om ‘n moederfiguur in die boer se dogter, Sara Lundt (gespeel deur Antoinette Louw), te vind, al is dit vir ‘n baie kort tydperk wat dit nog sadder maak.  Sara lei haar ook deur haar oorgang na vrouwees omdat Racheltjie se pa so verblind is deur sy onvermoë om vrede te maak met die selfmoord van sy vrou. Hy herken nie eers die behoeftes van sy eie kinders nie. Dit is ‘n ernstige rooilig wat die slaggate van patriargie uitwys –  gebrek aan empatie lei maklik tot selfverwyt, wrewel en die afkeep van geliefdes. Die kinders word selfs verbied om oor hul ma te praat, nog erger – om haar te probeer onthou. Racheltjie sukkel eintlik om te onthou hoe haar ma vroeër gelyk het en herinnering word as integrale tema aangespreek. Die film self dien dan ook as ‘n herinnering dat hierdie volksverhale vertel en oorvertel moet word, veral ter wille van die Afrikanerkultuur, aangesien dit deel van hul struktuur is. Dit word deel van die kulturele skatkis.
Die verhaal van Racheltjie de Beer is op ‘n ongewone manier vasgevang. Dit is belaaid met voorbodes en byna fantasie-agtige leidrade wat die tragies einde voorafloop en voorspel. Plante kry mistieke eienskappe: roosmaryn is ter herinnering, proteas is vir dapperheid en nightshade simbloiseer die dood. En dan is daar die karakter Lazarus (Sputla Sebogodi), die plaaswerker wie se naam ‘n bybelse klokkie lui en dan ook so onthul word in die fliek deur na sy backstory te verwys. Baie slim gedoen, eintlik.

Die mees dramatiese element van hierdie fliek is seersekerlik die alomteenwoordige dreigende storm. Dis terselfde tyd ‘n moerse, buite-beheer karakter van Bybelse proporsies en simboliseer Racheltjie se ma, Marie. Dit lei uiteindelik tot Herman se wisselvallige gedrag en uiteindlike ontrafeling – die besluit om die plaas te verlaat te midde van die storm. Die storm wat die kettingreaksie aan die gang sit en eindelik tot Racheltjie se dood lei.

Elke karakter gaan deur ‘n transformasie en dit geld vir die storm sowel as die landskap wat verander van somer na wat lyk soos die laaste episode van Game of Thrones. Die verfilming, redigering, klankontwerp en veral die kleurbehandeling van hierdie movie is werklik iets anders en daar is absolute hartverskeurende oomblikke. Jy gaan tjank.

Die argument hoef nie te wees oor of Racheltjie de Beer fiksie is al dan nie, maar eerder dat Suid-Afrika se Titanic-oomblik aangebreek het. Ons weet almal baie wat die moeive se einde is maar jy sal dit moerse waardeer hoe die filmmakers ons daarheen gelei het.

Daar is baie goeie Afrikaanse movies op Showmax. Jy kan aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie – daar is kakbaie ander movies, reekse en doccies ook om deur te werk!
Sterkte met hierdie kak COVID19 storie, maar ons sal hom fokken saam deurdruk!

Hierdie post is 138 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,188,997 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
  •  
    1
    Share
  •  
    1
    Share
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
griffinDie Verhaal van Racheltjie De Beer is fokken sadder as die Titanic movie!

Gooi Comment