8 Afrikaanse TV-reekse om te stream die naweek!

In Movies en TV deur griffinRek jou bek

Ek het vir myself  vreeslik baie kak gemaak vir die voorsienbare toekoms. Wanneer ek sit en werk moet daar altyd geraas in die agtergrond aan wees. In baie min gevalle is dit ‘n radiostasie soos 702 op die uur, net om gou op die nuus te hoor of die res van julle nog lewe, maar dis in die mindheid. Dis meestal eintlik Spotify maar soms is ek lus om TV te “luister” – dan stream ek sommer iets met kakbaie episodes op YouTube of Showmax waar jy nie 100% te veel aandag hoef te gee nie. Daar sou net 7 titels op vandag se lys gewees het maar toe gaan staan en fokken grawe ek Egoli op. Ek trek nou by episode 2 van reeks 1 en daar is 18 reekse. En in plaas daarvan om met ‘n halwe oor te luister, sit en kyk ek dit aandagtig soos ‘n doos, want die kak wat amper 20 jaar terug gekyk het, fasineer my nou iets vreesliks en ek wil nou alles kyk soos ‘n ou tannie. Daar is reeds in episode 2 ‘n moord. Ek kan dit glad nie onthou nie!

Groot fokken gat vir myself gegrawe.
Tatta, werk!

Anyway, ek gaan my probleem nou sommer joune maak. Hier is 8 Afrikaanse reekse om jou vir fokken lank mee besig te hou:

Huis Lelieveld
Ek het somehow heeltemal agtergeraak met die hele Molly & Wors vibes van Willie Esterhuizen. Ek dink dis ‘n genre wat ek ontgroei het na my kinderjare voor die kassie, vasgenael voor Orkney Snork Nie. Intussen is Ouboet en Wors ook die lig laat sien met Frank Opperman. Spoiler alert – in die laaste episode van daai reeks verloor Molly (Lizz Meiring) haar job as tandartsassistent. In Willie Esterhuizen se nuutste komedie  Huis Lelieveld, word die storie voortgesit en kry Molly werk as matrone by die krimpiekraal van dieselfde naam. As die Afrikaanse komedie-nostalgie jou dus beetkry, begin by Molly & Wors en werk vir hom regdeur soos ‘n worsmasjien. Dis genoeg vermaak om jou vir ‘n maand of twee besig te hou. Binge ‘n ding stukkend!

Check hierdie video wat ‘n jong fan van die reeks ingestuur het. Helene Truter wat die rol van Tannie Poppie vertolk was eerste om te comment met:
“Dankie my skat. Jy’s so oulik. Ek dink ek’s my werk kwyt.”

Die Byl
Die Byl volg die karakter, Piet van der Bijl (Waldemar Schultz) as ’n briljante speurder wat spesialiseer in reeksmoordenaars. Hierdie superspeurder is ook ‘n werkverslaafde wat enige iets sal doen vir die mense naaste aan hom. Hy is ‘n berekende, hardkoppige en intilligente speurder maar deernis en sagmoedigheid ontbreek nie wanneer dit nodig is nie. Jy het dalk reeds uitgefigure dat Piet van Bilj baie soos Suid-Afrika se regte lewe speurder, Piet Byleveld klink en jy is 100% dood fokken reg. Terwyl die sake wat die “Die Byl” ondersoek word fiksioneel is, is reeks wel geïnspireer deur die Piet Byleveld, wat bekend daarvoor is dat hy van Suid-Afrika se mees opspraakwekkende moordsake opgelos het – moorde op Sheldean Human en Sibille Zanner.

Minki
As jy gewonder het van van Minki geword het na Boer Soek ‘n Vrou, kan jy haar hierso kry. Sy het haar eie talk show soos Oprah, maar dis Minki. Sy nooi ’n verskeidenheid mense wat haar inspireer en verras hul soms met nog ‘n kuiergas. Onderwerpe soos skoonheid, gesondheid, kos en seks word bespreek en jy kan so paar high profile gaste ook verwag op haar rusbank en wat sy ook like om te doen is om hulle te surprize en soms spat die trane. Natuurlik is hierdie van nature meer van ‘n girlie-girl show, maar as jy ‘n closet Elen de Generes of Oprah fan is, gaan jy hierdie ook geniet. Net so terloops, die resepte is fokken fabulous! (het ek iemand hoor sê)

Ekstra Medium
Bertie, ‘n soortvan loser in sy derde midlife crisis, maak ‘n cocktail bar oop met sy laaste zak. Die nuwe pozzie raak vinnige die nuwe uithangplek vir familie, tjommies en vreemde fokkers. Fantasiese splinternuwe reeks!

Kompleks
Koos Kombuis is die narrator en Koos Kombuis raak nie betrokke by kak projekte nie. Kompleks is ‘n liefdesverhaal wat oor jare en heelalle strek. In die een is Sean en Mica hemelsbreë verskillende matrieks wat na die sterre kyk. In die ander heelal is hulle eensame volwassenes wat op soek is na liefde.

Boer Soek ‘n Vrou
Sowing the seeds of love, boet! Mag die man met die grootste mielie die beste oes beleef. Hierdie is vir my ‘n moerse weird konsep – om so voor almal in Suid-Afrika op die TV weekliks ‘n girl te probeer impress en date en eventually trou. Maar dis probably hoekom dit so fokken gewild  is. Dis soos ‘n well-produced car crash – jy kan nie wegkyk nie. Reeks 13 het ook ‘n nuwe presenter – Marciel Hopkins, ‘n life coach en model. Sy was ook in die top 12 finalists vir Mejuffrou Suid-Afrika in 2016. Sy spog ook met ’n Honneursgraad in sielkunde. Nogal ‘n stunner. As ek ‘n boer was en sy slat op my plaas uit met daai bakkie sou ek my hoed afhaal en met een hand voor my bors hou en in so breistemmetjie tune:
“Ag dametjie, kan ek jou nie sommer vat nie? Jy  lyk vir my na die regte enetjie.”

Een ding wat ek geleer het uit boer soek ‘n vrou is dat about elke boer in die reeks ‘n quad bike het en dit lyk na kakbaie pret.  Ek het toe maar solank vir myslef ‘n quad bike gekoop. Hopelik kom die plaas later. Ek het darem my eie fokken awesome vrou ook…

Hotel
Hotel is ‘n mocumentary sitcom wat handel oor al die wel, weë en wandel van ‘n ‘n fiktiewe plattelandse boutique hotel, iewers in ‘n fiktiewe dorpie in Mpumalanga. Ferdie Kruger (gespeel deur James Borthwick) is die bestuurder van hierdie boutique hotel, Die Fransen Hotel, in Fransenburg. Dan is daar ook een van my gunsteling stand-up comedians, Schalk Bezuidenhout, in die rol van wacky en quirky Danny, Simoné Pretorius as Jony, Beer Adriaanse as Thomas, en Martelize Kolver as die hardegat tomboy, Brenda. Verder is daar Mila Guy as Malanie en De Klerk Oelofse as arme ou fokken Jaap. Die dweeb wat heeltyd aan die agterste tiet suig. Shame, man. Jaap is egter 100% my gunsteling karakter. Ek lag myself faktap vir die ou:

Egoli: Plek Van Goud
Dis twee dekades later en ek het vanoggend toevallig Egoli: Plek Van Goud op Showmax ontdek. Al 4689 epsiodes daarvan! OK, wag, ek oordryf nou so bietjie. Daar is 4561 episodes beskikbaar wat 128 episodes is net eenvoudig missing! Uit die 18 seasons word meerderheid van die episodes vermis uit seisoene 2, 4 en 6. Verder ook uit 8, 10 en 12 so bietjie wat fokken weird is. Almal even numbers. Die vermiste episodes se thumb nails tune:
“Hierdie episode(s) is ongelukkig nie beskikbaar vanaf die oorspronklike vervaardigers nie. Ons is wel hard opsoek daarna. As jy die dalk op videokasset het, laat weet ons gerus! Jammer vir enige ongerief.”
Wow, ‘n fokken real life Egoli mystery om te solve! So as jy VHS tapes met Egoli po het iewers, kan jy dalk uithelp. Dit gaan net fokken moeilik wees om uit te figure of jy wel ‘n missing episode het. Dis nie asof jy jou tapes merk met Egoli, S6 E245 nie.

Onthou jy daai keer toe Ester en Elsa die daggakoekies getand het? Fok, ek skiem hulle het dit regtig gevreet:

Ek wonder hoe hierdie stuff verlore gegaan het… Anyway, stream ‘n ding raak hierdie naweek as jy bored is en iets kort om te doen!

Jy kan aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie – daar is kakbaie ander movies, reekse en doccies ook om deur te werk! In vandag se artikel is daar ten minste twaalf genoem!

Hierdie post is 88 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 695,207 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  • 2
  •  
  •  
  •  
  •  
    2
    Shares
  •  
    2
    Shares
  •  
  • 2
  •  
  •  
  •  
griffin8 Afrikaanse TV-reekse om te stream die naweek!

Gooi Comment