Claire Johnston – Wat de vloekwoord?

In Pot Kak Podcasts, Wat de vloekwoord deur griffinRek jou bek

As jy iemand is wat op Watktkjy uithang en ter selfde tyd interessante podcasts smaak, gaan jy hierdie een erg like. Dit gaan oor vloek en dit is legit vir proper navoringsdoeleindes. Prof. Gerhard Van Huysteen is ‘n taaldosent aan die Noordwes-Universiteit en doen so bietjie research oor hoekom mense vloek. Om die konsep van vloek bietjie beter te verstaan, slat uit by www.vloek.co.za waar daar ook sommer ‘n vloekmeter is wat check hoe dikwels ‘n vloekwoord om jou voorkom, hoe groot stok jy in jou hol het oor vloekwoorde en of dit byvoorbeeld meer deur mans of vroue gepleeg word.

Loer hom hierso om op jou gunsteling podcast platform te luister of kap die Watkykjy-standaard: ons embed sover ons kan, altyd Spotify want dit lyk beter en dit share makliker.

In hierdie episode gesels Professor G met niemand anders nie, as Claire Johnston. Fok, ek love hierdie tannie! Sy een van die nice-ste mense wie ekself al ontmoet het.  Jy weet dat sy voor in die koor sing vir Mango Groove, maar het jy geweet dat sy actually ‘n proper soutie is af die Engeland af? Claire chat oor haar grootwordjare en ook oor hoe Mango Groove (wat na 36 jaar nog steeds aan die gang is!) Suid-Afrika se politieke waters ge-navigate het in die 80s. Dis ‘n moerse lekker episode!

March 31, 2017. Claire Johnston is the lead singer of Mango Groove performs during the 18th Annual Cape Town Jazz Festival at the Cape Town Convention Centre . PHOTOGRAPH: ESA ALEXANDER/SUNDAY TIMES

Hierdie post is 204 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 695,232 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
  •  
    1
    Share
  •  
    1
    Share
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
griffinClaire Johnston – Wat de vloekwoord?

Gooi Comment