Beer Adriaanse – Wat de vloekwoord?

In Pot Kak Podcasts, Wat de vloekwoord deur griffinRek jou bek

As jy iemand is wat op Watkykjy uithang en ter selfde tyd interessante podcasts smaak, gaan jy hierdie een erg like. Dit gaan oor vloek en dit is legit vir proper navoringsdoeleindes. Prof. Gerhard Van Huysteen is ‘n taaldosent aan die Noordwes-Universiteit en doen so bietjie research oor hoekom mense vloek. Om die konsep van vloek bietjie beter te verstaan, slat uit by www.vloek.co.za waar daar ook sommer ‘n vloekmeter is wat check hoe dikwels ‘n vloekwoord om jou voorkom, hoe groot stok jy in jou hol het oor vloekwoorde en of dit byvoorbeeld meer deur mans of vroue gepleeg word.

Loer hom hierso om op jou gunsteling podcast platform te luister of kap die Watkykjy-standaard: ons embed sover ons kan, altyd Spotify want dit lyk beter en dit share makliker.

In die nuutste episode gesels kliniese sielkundige, Elmarie Claassens (Amalanka Chardonnay) met Beer Adriaanse – skrywer, regisseur, akteur en muso. Jy ken hom dalk as Zinkplaat se drummer of miskien van movie en TV titels soos Wonderlus, Kanarie, Fynskrif, Hotel en Boer Soek ‘n Ou. Hulle bespreek temas soos desensitisering, kwesbaarheid en full frontal male nudity.

Nouma piele, hier gaat ons:

Hierdie post is 109 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 695,185 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
  •  
    1
    Share
  •  
    1
    Share
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
griffinBeer Adriaanse – Wat de vloekwoord?

Gooi Comment