Die TV-reeks, Get Shorty, is fokken fantasties!

In Movies en TV deur griffinRek jou bek

Ek het ‘n vreeslike kak gewoonte wat ek genuine sukkel om af te leer en as ek dit al voorheen genoem het, fok dit, noem ek dit sommer weer – ek sukkel my fokken gat af om NIE movies en TV-reekse kakhard uit die staanspoor op hulle posters te judge nie. Daai hele takseer -‘n-man-op-sy-baadjie vibe. Dieselfde geld vir mense – ek judge mense so van sien af, maar gelukkig is ek 99% van die tyd reg oor mense. Hulle is maar oor die algemeen doserig.

Maar die movies en TV-reekse, ai…

Dit het nou juis weer hierdie week gebeur. Sommer ‘n two-in-one, want ek het die mense op die poster kakhard ge-judge en toe judge ek sommer die  poster in sy geheel as gevolg van my prejudice en toe skiem Get Shorty gaan kak wees. En to be honest, daar is actually absoluut fokol fout met die poster nie. Die  kak lê by my:
Hoekom ek is so faktap? Kom ek try verduidelik…

Everybody Loves Raymond is seker by verre een van die mees populêrste en suksesvolste sitcoms ooit, maar as ek Ray Romano se bakkies sien of sy stem hoor op ‘n movie soos Ice Age, wil ek dwarsdeur my jeanpant kak en sy fokken hare met ‘n barstoel kam. Dis vir my asof hy die embodiment is van ‘n lopende en pratende dad joke, maar die slegste dad joke van almal. Ek fokken kan nie met hom nie. En toe gebeur Get Shorty en verander alles, but we will get back to that.

Kom ons address net gou die  ander bra op die poster – Chris O’Dowd. Ek like hierdie ou fokken erg baie en ek wed jou dat jou eerste proper kennismaking met hom ook in die BBC comedy reeks, The IT Crowd was in die rol van Roy Trenneman – die computer nerd wie se raad op enige iets wat uitfok, altyd neerkom op “Did you try turning it off and on again?”
Na The IT Crowd het jy hom moontlik ook raakgeloop in Dinner for Schmucks, Bridesmaids  en Molly’s Game maar nie regtig notisie geneem nie. So dis verstaanbaar dat jy met die eerste blik op hierdie post sou dink “Is Get Shorty dan nie ‘n storie oor gangsters en kak nie? Daai IT nerd kan nie eers ‘n fokken liter melk bench press nie. Aggefokken nee man!”

En toe dink ek aan daai scene uit Point Break al die pad  uit 1991 uit: “Oh, yeah? Why don’t you astonish me, shitface?”, en ek druk play.
En jirre, ek is fokken bly ek het. My gedagtes van twyfel het gou plek gemaak vir nuwe gedagtes wat my brein mee gesukkel het. Kak soos:
Ek dink nie hulle kon iemand beter as Chris O’Dowd gekies het nie. Hy is solidly ‘n seriously bad-ass motherfukcer!
en
Jissis, ek voel so fokken jammer vir Ray Romano se karakter.
en direk daarna:
Jissis, wag so bietjie! Hou ek nou skielik van Ray Romano? Ja, ek doen! Hoe de poes het dit gebeur?

Get Shorty is wel gebasseer op die 1995 movie van dieselde naam, wat op sy beurt weer gebasseer is op Elmore Leonard se novel maar dis asof dit twee hemelsbreë verskillende stories is. Sure, die basics is steeds daar: ‘n mobster word ‘n Hollywood producer, maar dis min of meer waar die ooreenkomste stop. Ek weet nie of mens die nuwe reeks regtig ‘n adaptation kan noem nie, want die plot lines verskil, die karakters het heeltemal ander name en dis violent as fuck. Ek dink wel dat as Elmore Leonoard nou in sy graf sou moes omdraai, hy fokken impressed sou wees met hoe vernuftig die reeks aanmekaargesit is. Van die oorspronklike Get Shorty movie het hy voor sy dood gesê dat dit die beste film is wat ooit uit een van sy boeke aangepas is.

Actually, voor jy die reeks kyk, kyk eers die oorpsronklike Get Shorty movie. Meer as 25 jaar later is dit nog steeds fokken lekker om John Travolta, Gene Hackman, James Gandolfini, en Danny DeVito in aksie te sien. Om nie eers van René Russo te praat nie. Goeie fok, het ons al vergeet wat ‘n beeldskone vrou en bekwame aktrise sy is? En wanneer laas het jy in elk geval die MGM-leeu se brul aan die begin van ‘n lekker movie ge-kokkenodge?

Terloops,  Michael Keaton, Bruce Willis, Robert De Niro, Al Pacino, Warren Beaty en Dustin Hoffman het almal die oorspronklike movie se rol van Chili Palmer van die hand gewys.

In die Get Shorty reeks is die main konyn se naam nie Chili Palmer nie, maar Miles Daly wat deur O’Dowd gespeel word – ‘n mobster wat die gangsters se moordtonele moet skoonmaak.  Ray Romano speel die rol van Rick Moreweather, die movie producer wat al die gangsters se kak moet vreet en heeltemal te veel kak het om oor te worry. Maar like, fokken serious kak. Dan is daar Goya Robles wat die rol van die rugsteker gangster Yago, vertolk. Jissis, jy gaan hom fokken haat. Wat ‘n klein kont. In die movie was die karakter se naam Yayo en hy het ‘n kleiner rol gehad, maar wat die creators en directors met die “nuwe” Yago se rol gedoen het in die reeks, is fantasties! Dan is daar ook Miles se sidekick, Louis Darnell (gespeel deur Sean Bridges) wat met die receptionist/P.A., Gladys, ophook (gespeel deur Sarah Stiles) en een van die fokken snaaksste sex scenes ooit op TV pleeg. Jy gaan jou fokken gat af lag, dan gaan jy dit google en dan gaan jy dit self ook probeer, fokken guaranteed!

My heel gunsteling karakter naas Miles is die betreklike onbekende Lidia Porto, wat die rol van die groot dwelmbaas, Amara de Escalone vertolk. Goedige fok, sy is absoluut vreesaanjaend! Jy skiem nog sy is hierdie mollige Mexican tannie van min woorde, dan fok sy vir ‘n ding lelik op. En dis asof die ander karakters nie vanaf haar houvas en invloed kan ontsnap nie. As ek eendag hel toe gaan en daai tannie wag daar vir my in plaas van die duiwel, fokken fight ek my pad oop hemel toe!

As jy nou in die mood is vir ‘n goeie fokken stukkie TV, gaan jy hooked raak op Get Shorty.  Ek het Maandagaand daarmee begin en maak probably hierdie naweek klaar met season 3. As jy enigsins ‘n fan is van shows soos Ozark, Narcos, Better Call Saul, Sons Of Anarchy, Mayans M.C en Breaking Bad, gaan jy hierdie lag-lag verslind!

Jy kan aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie – daar is kakbaie ander movies, reekse en doccies ook om deur te werk! Sterkte met hierdie kak COVID19 storie, maar ons sal hom fokken saam deurdruk!

Hierdie post is 140 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 697,789 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
  •  
    1
    Share
  •  
    1
    Share
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
griffinDie TV-reeks, Get Shorty, is fokken fantasties!

Gooi Comment