Gift Ngoepe het SA se grootste home run geslaan!

In Movies en TV deur griffinRek jou bek

Eerstens, wat ‘n befokte titel vir ‘n doccie? Africa’s Home Run. Dit voel asof Gift Ngoepe vir ons hele kontinent ‘n home run gescore het. En die lekker ding met ‘n home run is dat net een persoon dit kan slaan, so dis ‘n special ding, dis nie ‘n millennial participation bekertjie omdat jy gemanage het om die oggend op te staan en ‘n onderbroek die regte kant om oor jou toggos te trek nie.
Maar ons kan daai home run geniet. Amper soos daai rugby pappa langs die veld staan met sy eie shattered drome wat hom deur sy seun se sukses uitleef. Maar nou eers terug by die doccie – ons ontmoet Gift in die village in Limpopo waar hy groot geword het. Die man het ‘n groot tattoo van die kontinent waarvoor hy die simboliese home run geslaan het, wat sy skouer cover. Op ‘n biker sou daai tatoo hondkak lyk, maar Gift lyk dit piele. Dit beteken iets. Hy vat ons op ‘n toer deur sy kinderhuis. Dis obviously nie ‘n moerse lang toer nie, want die huis waarin hy groot geword het is fokken klein.  Dis mos hoe shit is Suid-Afrika werk as jy swart is. Jy word by geboorte by default ‘n hand kak kaarte gedeal, bloot oor die kleur van jou vel. Gift se storie se begin is ‘n storie van die meerderheid van ons land se mense maar dis ook ‘n baie unieke storie van een persoon wat ditself nie sommer maklik sal herhaal nie, want even met ons white privilege en al ons voordele sou ek en jy dit fokken nooit regkry om professioneel baseball in Amerika te gaan speel nie. Fok, ons kon dit nie eers by ons skool speel nie, want rugby, pakslae, kadette en ander fun indoktrinasie was mos poesbelangrik.

Jy het reeds vandag so paar keer basic stuff soos ‘n kraan en jou kakhuis vir granted gevat sonder om twee keer  daaroor te dink. Wat ook egter aan die ander kant ironies is, is dat baie van ons, met al ons geriewe en voordele, in die stad of drop in fokken lelike woonstelle, townhouses en komplekse woon. Like, kan jy eerlikwaar sê dat Equestria in die Ooste van Pretoria vir jou mooi is? Dit lyk net soos groter RDP huise. Kyk, RDP huise is ook kaklelik maar dis nie met bedoeling en beplanning kaklelik gemaak nie maar uit noodsaaklikeheid. Nou kyk jy na Gift se village waar hy ge-interview word in hierdie documentary. Dis absolute armoede wat deur iddiliese landskappe omsingel word. Dis fokken bizar. Verkakte huisies en rollende lande en heuwels in die agtergrond. Ek noem hierdie, want dis belangrik en word in die doccie ook uitgelig: omdat hy kos en klere gehad het en ‘n ma wat vir hom lief was en vir hom gesorg het met wat sy tot haar beskikking gehad het, beskou Gift homself as privileged. Al was hulle ses mense wat een klein kamertjie gedeel het en al was Sondae moerse special vir hom omdat hy dan peanut butter op sy broodjies kon eet. Kan jy jouself indink? Jy het (wat meeste van ons sou beskou) as fokol maar jy voel bevoorreg. Dan kry jy kinders (en tannies met Karen-haarstyle) wat tantrums gooi oor die onbenulligste kak. Jirre, ons moet moet onssself so bietjie check nou en dan. 

Ek gaan nie nie die doccie self herhaal nie, so lang storie kort het Gift saam met sy ma opgeeindig by Randburg se sportklub waar sy in die tuck shop gewerk het en Gift saam met sy ma op die gronde gebly en so sy skoolloopbaan begin het. Dit het ook die basis vir liefde vir sport help vorm en dis ook hoe hy, eerstens in die skool se baseball span, en uiteindelik in SA se junior national baseball team beland het. In die doccie is daar interviews met familie, vriende, coaches, mentors en onderwysers en jy kry ‘n baie goeie idee van watter moerse special ou en watter natuurlike atleet Gift is. Die een belangrike ding wat jy moet ook moet besef is dat die odds fokken hoog teen Gift gestack was. Check, die ouens wat dit uit poverty groot maak in die sportwereld doen dit gewoonlik in die velde van rugby, krieket, sokker of atletiek – dis die Kolisi’s, Ntini’s, Semenya’s en Khumalo’s. Ek vat niks van hulle af weg nie, maar daar moet nogal fokken baie dinge in plek val om in Amerika op te eindig in baseball. Fok, wit ouens maak dit nie eers in baseball nie en hier rock Gift up, amper soos die Jamaican bobsled team van Cool Runnings.
En dis wat hierdie doccie lekker maak – Dis ‘n bietjie iets anders en ongewoon. Dis die verhaal van ‘n baie onwaarskynlike held waarvan niemand bewus was nie. Dit sal lekker wees as baie mense dit kan kyk en geniet. Dit dalk gaan nie jou lewe dadelik en eensklapgs verander nie, maar miskien gee dit jou dalk bietjie iets om oor na te dink. Of dalk kyk jy dit nou in ‘n tydperk van jou lewe waar jy bietjie desperaat is vir inspirasie, want inspirerend is Gift se storie fokken baie beslis.

Gift se oom som nogal die lewe baie akkuraat op: “Nothing comes easy. Nothing! Everywhere you go you must know that there’s dongas, therere’s valley’s there’s rivers, there’s mountains where you cross, climb and all those kind of stuff. That’s what you must know. Have that big heart because you will get somewhere”

Dis baie wyse woorde straight uit die township uit. As jy ‘n kak dag het of down voel, gebruik hierdie doccie om ‘n voet uit die bed uit te kry. Dis ‘n baie inspirerende Suid-Afrikaanse verhaal en dis nog lank nie klaar nie…

Jy kan aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie – daar is kakbaie ander movies, reekse en doccies ook om deur te werk! Sterkte met hierdie kak COVID19 storie, maar ons sal hom fokken saam deurdruk!

Hierdie post is 91 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 473,151 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
  •  
    1
    Share
  •  
    1
    Share
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
griffinGift Ngoepe het SA se grootste home run geslaan!

Gooi Comment