Die life stories van 9 legends in die musiekwêreld

In Movies en TV deur griffinRek jou bek

Rolbees het sedert die lockdown begin het, besluit om uit die skadus te kruip om vir ons ‘n weeklikse recap en rapport te gee van wat in die local musiekwêreld aangaan. Fokkit, ons trek nou al hier by die sestien weke rond! Liewe bliksem!

Dis asof die musos uit die trenches uit opgestaan het, hulleself afgestof het en die moerse probleem met hernude energie aangepak het. Elke tweede  gabba met ‘n bokskitaar, ‘n iPhone en so bietjie data het live oor ons Facebook walls hulle verskynings begin maak. Baie van dit was supertos maar hier en daar het so paar ouens die game begin lig. Hierdie is die nuwe realiteit vir die voorsienbare toekoms en dis net ‘n kwessie van tyd voor iemand in Suid-Afrika ‘n platform soortgelyk aan Spotify gaan skep – maar vir live video streaming en concerts. Ek is amper seker dat ‘n klomp mense reeds agter die gordyne besig is om daarmee te skarrel. Soos met die Facebook live streams wat ons tans moet sluk, sal daar beslis ‘n paar duds soos koeikak in die stof neerplof, maar daar sal wel iemand wees wat elke boksie gaan tick en eerder met ‘n kwaliteitproduk die mark gaan betree. En ek is 100% gereed om my geld vir daai companie te gee. Ek wag vir julle…

Hierdie naweek wil ek steeds iets in die lyn van cool musiek kyk, maar vir ‘n change is ek lus dat iemand vir my eerder so paar lekker stories vertel oor musiek terwyl ek op die couch onder ‘n duvet voor die kaggel lê en bierpoepe fan.

En jy kan my nou maar fokken judge op so paar van hierdies, maar ek gaan almal kyk:

Whitney
Whitney het al die sukses verdien wat haar kant toe gekom het. Hierdie doccie kyk na haar lewe vol ups en downs, hoe sy grootgeword het, haar musical training en dan ook natuurlik die super slegte dinge wat haar getref het: die drug addiction, familiegeheime en gepaargaande turmoil en struggles. Daar is ook die huweliksprobleme met Bobby Brown. Dis ‘n rou en eerlike storie met footage wat jy nog nooit vantevore gesien het nie. Hulle gaan regtig diep hierso, so as jy dink jy weet alles van hierdie diva af, dink weer. Ek kyk hierdie outjie heel eerste.

Piet Botha: The Road
Kyk, ons het al baie oor Piet geskryf en spesifiek oor hierdie doccie.  Ons het oor die jare ook al ‘n paar doppe saam met die oom gedrink en by sy huis gaan kuier. Hy is hierdie week juis min of meer ‘n jaar terug oorlede. As jy nog nie het nie, check hierdie doccie uit wat na Piet se lewe kyk. Een van die groot pappas van SA rock.

Brenda Fassie, Not a Bad Girl
Voor jy hierdie doccie kyk, doen bietjie moeite en gaan luister na Brenda se musiek, maar gaan luister proper daarna. Jy sal beslis Vuli Ndlela ken en maybe Nkokanjani ook, afhangende van hoe wit jy regtig is. Hoe witter, hoe minder. Die storie vat jou op ‘n weird nostalgiese trip na ‘n deel van Suid-Afrika wat jy fokken glad nie ken nie, want jy het nie in die townships grootgeword nie. Dis ‘n tipe van unfamiliar familiarity, if that makes any sense?

Brenda is nou al reeds 15 jaar oorlede maar  haar legende leef voort. Sy was fokken stout, maar meer belangrik as dit, was sy ‘n absolute icon en apartheidsaktivis. Die doccie kyk na haar lewe op die stage asook weg daarvan. Hierdie is nou ‘n goose saam met wie ek fokken graag ‘n paar biere sou wou wegsit…

Johannes Kerkorrel
Aan die wit kant van die aktivismespektrum het Johannes Kerkorrel gestaan. Amper half en alleen, so op sy eie. En soos Brenda was hy ‘n omstrede en uitgesproke aktivis. Ek wil amper sê meer uitgesproke. As jy hierdie tipe kak gepull het met ‘n wit vel in die 80s, was daar ‘n moerse target op jou rug. Meeste van sy vroeë musiek is ook deur die Suid-Afrikaanse radiokonte (die ou SAUK) verbied. Hierdie doccie kyk na sy lewe deur die oë van mede musos, vriende en familie en daar is lekker footage wat van sy optredes ook showcase. Mens kan nie help om te wonder waar hy homself in die local musiekwêreld sou begind het vandag nie. Wat sou hy van vandag se regering gedink het? En wat is hierdie fokken lockdown kak?

Aaliyah: The Princess of R&B
Om eerlik te wees, weet ek absoluut fokol van Aaliyah af nie. Ek is nie die grootse R&B fan nie, maar ek begin darem nie onwillekeurig kots wanneer ek dit hoor soos wanneer dit dikwels die geval met kak Afrikaanse popmusiek is nie. Wat ek wel onthou is dat haar lewe tragies geëindig het met ‘n vliegtuigongeluk in die vroeë 2000s iewers in die Bahamas en dat sy in haar vroeë twintigs was. Beswaarlik ‘n kans gehad om ‘n career te kick start, so ek wil kyk hoe hulle hierdie doccie aangepak het. Maybe is dit soos Jack Parow wat sy autobiografie uitgebring het in sy dertigs. Bietjie te vroeg? Ek sal hierdie doccie laaste op my lysie sit, maar ek is intrigued.

Britney Ever After
Jiire ek het Britney Spears se musiek gefokken haat toe dit uitgekom het. Of dis at least wat ek almal vertel het, want ek was ‘n metalhead in ‘n metal band. Ek fokken love haar nog steeds, hoor? Al van haar Mickey Mous Club se dae af. Sy het ‘n moerse career gehad, dit het uitgefok en sy het ‘n monumentale comback gemaak. Sit dit in jou pyp en kap ‘n dratie.

Toni Braxton: Unbreak My Heart
Goeie nuus! Toni lewe nog. So hier is dalk ‘n voorbeeld van wat van Aaliyah kon geword het, career wise, nie die sleg nie. Want die sleg het vir Toni hard geslaan – ‘n morsige publieke egskeiding, haar  stryd met lupus, al die family fights en haar struggles om haar autistiese seun groot te maak. Jissis, ek het nou net weer gaan google wat lupus is. Dit klink fokken aaklig. Ek wil nou ook close-ups van haar gesig google, want ek is seker daar is har op haar tande.

EOAN: Ode aan die Opera-Era
Enige krimpies wat nog lees? Enige opera fans? Ek was like “waddefeok is hierdie kak met die lame titel?”Hierdie doccie vier die sangstemme wat die Eoan-operageselskap beroemd gemaak het asook die sukses waarmee hulle veral Italiaanse operas in stampvol sale opgevoer het. I was not aware of this. Dis die probleem met sulke goed. Hulle kon ons almal doodgemaak het in ons slaap omdat ons nie van hulle geweet het nie. Hierdie gaan baie bittermin van julle se cup of tea wees, maar weet jy wat? Dis fokken sweet en cute oumense wat reminisce oor iets wat vir hulle moerse na die hart was. Dis endearing en hulle is trots op wat hulle vermag het. Ons almal gaan eendag oud wees. Hierdie is properse Sondag-raak-aan-die-slaap stuff.

The Parlotones: This is our Story
Jissis, ek kan hoor hoe julle hardop poep van die uitfreak en die verontregting en die oë rol. ‘n Klomp mense skiem mos hulle is Suid-Afrika se Nickelback. Maar terselfdetyd ken jy meeste van Nickelback asook Parlotones se songs. Hoekom? Want dis fokken orals. En dis orals en gewild omdat hulle suksesvol is. En hulle is super talented. Beide bands. En Parlotones het internasionale sukses behaal. Fokken min SA bands kan dit op hulle CV sit. Hierdie doccie kyk na daai pad wat geloop moes word om daai level sukses te bereik.

Jy kan aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie – daar is kakbaie ander movies, reekse en doccies ook om deur te werk! Sterkte met hierdie kak COVID19 storie, maar ons sal hom fokken saam deurdruk!

 

 

 

Hierdie post is 116 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 473,184 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
  •  
    1
    Share
  •  
    1
    Share
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
griffinDie life stories van 9 legends in die musiekwêreld

Gooi Comment