Andries Bezuidenhout se Onplaats – dis moontlik om Afrikaanse tunes te sing wat jou nie verdrink in koeksisterstroop nie…

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

Kom ons probeer bietjie iets anders hierdie week. Toe ek net begin skryf het vir Watkykjy, so om en by vyf jaar gelede, het ek elke week drie CDs deurgeluister en kort gedagtes in die kuberruimte ingestuur. Bands het hulle CDs na ons toe gestuur en stroomdienste het nog nie die mark omvergewerp nie. Ek het maar gesukkel aan die begin. Later het ek thesisse geskryf sodat ek myself beter kon uitdruk. Wat van ek trek geen vergelykings met ander musiek vandag nie? Onmoontlik? Ons sal sien. Laat ek ten minste probeer.
*Krap tussen ‘n klomp denkbeeldige CDs in ‘n fiktiewe boks en haal ‘n deurskynende een uit.*

Wat het ons hier? Andries Bezuidenhout se Onplaats

Hhmm… Afrikaanse albums met iets tussen die ore raak al hoe skaarser. Ons soek gedurig diamante tussen Youtube, Spotify, Bandcamp, Deezer, Google Play en iTunes se puinhope. Wat nog van Afrikaans? Afrikaans wat nie kan dans nie. Alternatief is dood. Dis nie eens meer Coleske ‘groot’ nie. Dit was nooit nie. Dié van ons wat lief is daarvoor probeer nou die kaf van die koring skei op Facebookgroepe en maak playlists om mekaar op te beur. Goddank vir die interwebs, anders was daar bittermin oor van befokte Afrikaanse musiek. Hoe sou ons anders die dots kon connect? Dit maak my bang, die handvol doccies op Showmax en Shifty Records se Youtube account. Gaan dit verdwyn in die niet? Terwyl ek deur die titels gaan, besef ek ons is beide in dieselfde posisie as in die eighties en nineties en ook glad nie. Behalwe vir ons ‘underground’ sosiale mediagroepe waar ons links soos kasette uitruil, is playlist-adding die nuwe high-speed dubbing, maar ons het darem meer keuses. Baie meer!

Onplaats het krieke wat kriek tussen die songs. Hierdie album is nie vir mense wat net popmelodieë en catchy hook lines soek nie. Jy kan dans op byvoorbeeld Onwieg se Wiegelied maar dit gaan ongemaklik lyk. Onplaats het Piet-my-vroue wat tjirp tussen die songs. Hier is ‘n idee: wat van jy luister na die stories? Selfs al verstaan jy nie alles wat Andries bedoel nie. Fok, ek doen self nie altyd nie. Dis nie die punt nie. Soek jou eie betekenisse in die woorde. Dis kuns. Digkuns. You dig? Onplaats het hadedas wat haa-haa-de-dah tussen die songs. Dis folking rock and roll, nie die vlak vlerries  wat ons quickies of ‘n rim job wil gee op die radio nie.

Ag jirre, ek gaan nie by kort gedagtes hou nie, gaan ek? Dungeons & Dragons is die een tune wat ek sonder enige moeite verstaan. Die Groot Krokodil preek weer vir ons op Onplaats. Enige Gen-X’er kan daarmee vereenselwig. Dis my kinderdae en dit kon met enige een van ons gebeur het. Maar Aasvoëls bo Langenhovenpark en Wilgedorp Se Rationaliseringsbal is klein wêreldjies waarvan ek niks geweet het nie. Nou verstaan ek meer. Tussen Platvoet en Stoompomp – ja, dis moontlik om Afrikaanse songs oor boere te skryf wat hulle nie as helde ophemel nie. Dis moontlik om Afrikaanse tunes te sing wat jou nie verdrink in koeksisterstroop nie.

Die album het donker en lig, hartseer en humor. Ek gaan nou by die tweede CD kom. Hang bal. Net nog so bietjie luister na Andries se “vervelige” stem. Last Round Regulars. Ek sit op my rystoel voor die heater en tik hierdie review op my selfoon terwyl die album my op die ding se klein kak speakers intrek. Ek dink ek is nou warm. Miskien moet ek onder die komberse inklim en dit van voor af op my soundbar gooi. Vertrek. Dink nie ek gaan by die ander “nie-bestaande” CDs uitkom vandag nie.

Bly uit die koue, Watkykertjies!

Ag my fok, daar gaan die krag weer af!

Hierdie post is 160 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 473,023 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  • 2
  •  
  •  
  •  
  •  
    2
    Shares
  •  
    2
    Shares
  •  
  • 2
  •  
  •  
  •  
RolbeesAndries Bezuidenhout se Onplaats – dis moontlik om Afrikaanse tunes te sing wat jou nie verdrink in koeksisterstroop nie…

Gooi Comment