Kluisenaars en hulle se konsertjies oppie interwebs vir hierdie week…

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

Urgh. Gatvol. Koue. Winter. Vryheid vêr weg. Haal swaar asem deur ‘n wasemrige masker. Familie en vriende: net karikature op klein skermpies. Pratende beeldjies op videos wat vashaak. Gesiglose siele loop langs die pad. Fake news. Corona Blues. Moet ons opgee? Nie nou nie, Johan. Ons moet aangaan. Dae is weke. Weke soos ‘n dag.Maar in ander nuus het ek 5G bestel, so hopelik gloei ek in die donker en groei ‘n stert van Vrydag af. Kon nie meer 4G LTE handle as almal by die huis is nie en my kompleks het nog steeds nie fibre nie. Die Trustees moet maar verstik aan hulle ADSL. Telkom gaan anyway die koperkabels uithaal. Ek het nooit issues gehad nie maar tydens lockdown kry ek te veel sirkeltjies van die dood. Hoe moet ek behoorlik stream as dit so buffer? Anyway, ek kon darem ‘n paar kief kunstenaars uitcheck so tussendeur al my laster. Hierdie week fokus ek op individualiteit. Die kunstenaars wat gewoonlik in bands speel se individuele talente kom nou meer na vore as ooit. Mense waarvan ek nog nooit gehoor het nie, gooi uitstekende tunes op die interwebs. Ander doen decent covers. Alles om ons te vermaak en om aan die lewe te bly.

Sting was een van daai musikale vakmanne wat na The Police net ‘n fenominale stem in musiek geword het. Ek was al die jare lank ‘n fan. Kyk bietjie hierdie live stream van hom. Wie makeer so studio?

Plaaslik, het Henry Cadel Ferreira van Die See my beïndruk. ‘n Dekade gelede was hy ‘n ‘Kluisenar’ nog voor dit cool geword het. Hy klou op die oomblik soos die res van ons vir die dood:

Gaan luister weer na Die Kluisenar track op daai eerste Die See album en jy sal verstaan wat ek bedoel.

Hy publiseer op die oomblik net so onder die radar musiek op Youtube, maar wie beter om ons wys te maak van inperking as hy? Die oorspronklike ‘roomys wat smelt in my kop’ man. Gaan ons dalk live streams van hom of Die See sien vorentoe?

Jaco Mans wat al vir alles en almal ge-jam het (insluitende Die See) se solowerk is ook weer besig om my aandag te trek. Gaan hy meer sulke juweeltjies stream tydens die pandemie?
https://www.facebook.com/jaco.mans/videos/10156933599722601/

Gareth fokken Wilson. G-Willy. The Zille-man. Wat ‘n show gisteraand! Beste klank wat ek nog gehoor het en by verre die beste stage sover. Hy het op die Homestage platform opgetree. www.homestage.co.za. Jy betaal R50 dan kry jy ‘n password om in te log maar daar is ‘n verdere opsie om tips te gee. 25% van gisteraand se takings gaan na die SAFE fund toe https://www.facebook.com/safefund.org.za/  Safe my mate! Die enigste probleem wat ek met die platform het is jy kan dit nie vinnig share of weer later kyk nie.

Covid-19 het Doc MacLean se N’ Ganga Blues toer mooi vir hom gekanselleer reg in die middel daarvan. Jirre. So hy is nou gestrand iewers in KZN. Hier is hy, kaalvoet, op ‘n stowwerige stoep besig om te doen wat hy die beste doen.

The blues does not get better than this in Africa, man. Ek het vir hom my Cold Fact vinyl in my sitkamer gespeel nog en ek kan sy gesigsuitdrukking steeds onthou. Wonder of ons live streams gaan sien van Doc as die lockdown verlig word?

Ek weet nie wie Wayne Swart is nie maar hierdie song is nogal mooi.

O, en as ‘n bonus, Vana van The Oh So Serious stream sulke one-song shows uit die Midde-Ooste uit. Net op Instagram. Volg hom. Dis ‘n treat.  https://www.instagram.com/theohsoserious/. Gewoonlik vyf uur die middag.

Dis al vir nou, gemaskerde sopbene.
Adios!

Hierdie post is 121 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 634,607 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
RolbeesKluisenaars en hulle se konsertjies oppie interwebs vir hierdie week…

Gooi Comment