Local is lekker as jy piele plate jol!

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

Is julle kwarantynbrandewyn al op? Die hoeveelste dag is dit nou al? Ek weet nie eens meer nie, maar hierdie rolballie mis sy werknemers. Ja, ons white privilege liksense is nou lekker opgeskort, né? Ek waardeer al die mense wat my lewe normaalweg makliker maak soos nog nooit te vore nie. Ek weet ook meeste van julle Watkykertjies sal die regte ding doen en die mense om julle wie hierdie virus ‘n harde PK gegee het help waar julle kan. Skenk aan daai nasionale solidariteitsfonds, crowdfunding initiatives of betaal cover charge tydens live stream optredes. Koop meer by local SMEs as hulle weer oop is vir besigheid.

Maar vir vinyl liefhebbers is ‘n lockdown nie net ‘n beslommeris nie. Dié wat hulle sout werd is was mos in elk geval daai grammofoonplate soos besetenes. Nou moet hulle net hulle hande ook was. Geen probleem. Dis nou die tyd om daai ou plate weer af te stof en dit lekker rustig en aandagtig deur te luister. Wat nog van rondsnuffel vir bargains online en dan die lang wag vir die reuk van ‘n splinternuwe langspeelplaat onder jou masker as die lockdown verby is. Ek het belowe om spesifiek ‘n feature te doen oor die verskillende polivinielchloriedtitels wat Suid-Afrikaanse kunstenaars nou op die mark het.

Net ‘n lys van kief swart sirkels om dit makliker te maak vir al die luigat vinyl junkies wat dalk vasgevang is in ure se irriterende social media games of die nuutgevonde vreugde van handjies-klap-koekies-bak. Of brode. Hoeveel kan jy bak voor jy mal word? Julle mense werk ook die weirdste oefenprogramme uit. As julle nie in roeibote in julle swembaddens roei nie dan leg-lift julle couches met tappit mense op en af. Julle strek oor tuinstoele of dans op halfpipes en hopeloos te veel ingeperktes hol rond in sirkels of om die huis. Klim asseblief van die dak af en braai eerder of maak bietjie skoon, man. Fokken weirdos!

Relax. Dis net ‘n post-apocolyptic nagmerrie. Alles sal OK wees. Ek dink. Mmmm, ja humor kan ook net soveel help. So, dink maar aan al die mense wat hulle lewens verloor het en al hulle familie en vriende. Doen wat jy ookal kan om die gesondheidswerkers te ondersteun. Bid, huil, dink, maak musiek of klap hande. Whatever floats your boat. Jantuisbly se karretjie (en dit beteken fokol rondry behalwe as jy honger is of medisyne nodig het) gaan almal die heel beste help. Tesame met meer toetsing en skenkings, as dit moontlik is nou.

OK, kom ons balanseer die moribiditeit bietjie uit met goeie kuns. Kuns is die beste middel teen hierdie batshit crazy word. In hierdie geval, rock and roll, baby! Kom ons begin by die kitaarmeester. Moeilik om te glo hierdie album is meer as ‘n dekade gelede uitgereik. Neoblues? Modern blues? Wat jy die genre ookal noem, dit bly relevant. Albert Frost se tien jaar herdenkingsuitreiking van Devils and Gods kom asof dit gestuur is. Only us en Son of the Sun is my gunsteling tunes hier. Slightly kontemporêre songs: stadige, tydlose snitte wat weer die old school trefferkwaliteit in jou sitkamer inbring. Damn, dis lekker om die naald weer te laat neerdaal! En as dit so in die eerste groef rondbons, smile jy net. It’s been too long. Aan die meer bluesy kant is Spoonful my kos. Television se funky riff is net die regte song om die swart sirkel kunswerk af te rond. Luister veral na die akoestiese weergawes van die titelsnit en Spoonful op hierdie beperkte uitgawe. Die songs was nog nooit voorheen uitgereik nie en ek moet sȇ, as jy dit in die hande kan kry nog, dan is jy gelukkig!
https://www.permanentrecord.co.za/products/albert-frost-devils-and-gods-10-vinyl

Wat van ‘n glam-bam-thank-you-mam sleeze-gat jam? Hierdie ouens het ‘n monopolie in die SA musiekmark vir hulle self toegeëin. Daar is net een hair metal band worth mentioning in Mzansi en dis L.A. Cobra. Check hierdie Limited Edition 7″ vinyl van hulle uit. Dit het twee snitte op. Shotgun Slinger, die titelsnit van hulle 2017 album. Gemeng en ge-master deur die Sweedse musikant Martin Sweet (van Crashdïet en Sweet Creature faam) en lees sommer weer my review van die vollengte album ook hier. Op die B-kant van die plaat is ‘n ou song wat op hulle Cherry Hill (2007) album voorkom genaamd Live to Ride. Hulle het dit weer opgeneem onlangs en Martin Sweet het ook sy towerkuns daarop uitgeoefen. Koop dit hier:
https://www.facebook.com/pg/lacobraband/shop/

Wat van katte van die Duiwel? Dié twee bandits besit die patentreg op rock-and-roll-energie-kragopwekking in Suid-Afrika. Hellcats se Hex and the Healer album kan Eskom se probleme oplos in ‘n nano-sekonde, as dit hulle fokus was. Led Zep en Black Sabbath is die fondasie waarop hulle unieke brand musiek gebou is en hierdie album skop jou gat van hier tot in Sjina en weer terug. Dis rof en rou met riffs vir dae en die tipe emosie wat ons almal nou nodig het. Oorverdowende tromme en klassieke rock-banshee vocals. You can really scream to it, man, nevermind rock out with your cock out!
https://www.permanentrecord.co.za/products/hellcats-the-hex-and-the-healer

Goeie ou blues, dalk? Lees my review van Basson Laubscher and the Violent Free Peace se album, Testify, wat ek in 2018 geskryf het en ons huidige dystopian toekoms voorspel het. Noem my sommer Siener Rolbees as jy wil.

 

Kry dit sommer hier te koop:
https://www.facebook.com/pg/BassonLaubscherandTheViolentFreePeace/shop/
Ok, ek gaan nou ophou, anders gaan hierdie feature te lank raak. O wag, hier is nog ‘n befokte en internasionaal suksesvolle metal band wat julle kan speel oor ‘n megafoon in die strate om die dom mense by die huis te hou. Hulle gaan te bang wees om weer uit te kom, ek belowe jou. Vulvodynia se Mob Justice! Kyk of jy hier kan regkom.
https://www.mrvinyl.co.za/shop/vulvodynia-mob-justice/

Gaan kyk maar ook gerus vir hordes ander local vinyl titels by Permanent Record

Cheers vir eers!

Bly by die huis en uit die virus se pad uit. Dis nie jou vriend nie, dis ‘n fokop!

Hierdie post is 93 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 403,367 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
RolbeesLocal is lekker as jy piele plate jol!

Gooi Comment