Coronavirus Lockdown Dag 9 – Wat kan ek stream?

In Movies en TV deur griffinRek jou bek

Dit lyk vandag of die hele Suid-Afrika die komberse gaan uitruk om oor die knieë te trek voor die TV. Lekker mislike weer maar aan die positiewe kant, hou dit hopelik die konte wat sover nie wou luister nie, agter slot en grendel. As jy iets soek om vandag te doen, krap deur ons lys hieronder. Jy kan ook na die vorige dae se voorstelle gaan kyk, want dis about al wat ons op Watkykjy gaan post tydens die lockdown. Ons try jou voor die TV en uit die kak hou. Dis vir jou en almal om jou se eie beswil.

Hier is die legit sources om nuus te kry oor die virus. En sodra jy iets lees wat jou ‘n boner gee, sit bietjie op jou fokken hande voor jy dit share. Double check alles. En unfollow jou dom vriende op Facebook:

Minister of Health
https://twitter.com/DrZweliMkhize

National Institute for Communicable diseases
https://twitter.com/nicd_sa

SA Government Coronavirus portal
https://sacoronavirus.co.za/

Last update on:
Global Total
Cases

Deaths

Recovered

Active

Check, dis fokken moeilik om jouself die heeltyd besig te hou want jy is nie gewoond daaraan om tussen 4 mure te wees nie, maar as jy hierdie lees het jy interweb en dit beteken dat jy cool stuff kan stream om jou aandag af te lei. Vir die volgende 20 dae sal ons jou elke dag ‘n lys van voorstelle gee om te stream op Showmax, Amazon Prime en Netflix.  All-in-all is daar op sewe categories vir hierdie oefening besluit en daar is even voorstelle vir die snotneusies en enkelbyters. Ons sal ook sommer so paar ander oefeninge ook voorstel, sodat die bloed bietjie kan loop. Jy gaan moet excercise ook, en kakhuis toe loop tel nie baie punte nie.
Vir die kindertjies 
The Polos (Showmax)
Die Polos is ‘n groepie animated tjommies wat die regte wêreld explore, met ander woorde dis animation gemeng met actual footage van die natuur, diere, oseane en oerwoude. Dit maak dit dus meer draaglik om saam met die kids te kyk as sê nou maar Tellietubbies. Daar word ‘n fun liedjie opgemaak met episode. Yay!  Jy kan dit net sowel kyk, al is dit net om te sien hoe die Amazon lyk voor die opgefok word.

Natuurprogramme, doccies en biographies
Attenborough – 60 Years In The Wild – (Showmax)
Ek wil hê jy moet al drie uurlange episodes kyk sodat jy kan hoor hoe David Attenborough se stem klink. Ek weet jy DINK jy weet hou hy klink, maar kyk en luister asseblief aandagtig en tune dan asseblief jou grapgat vriend wat soos David probeer klink met sy grappies oor die “brandewyn in sy natuurlike habitiat” dat hy actually soos ‘n poes klink. O ja, hierdie show gaan eintlik oor Sir Atternborough se 60-jaar career en hoe hy die natuurlike wêreld sien verander het gedurende hierdie tydperk.

Local is kaklekker
Phil 101 (Showmax)
Ek het nie eers geweet van die bestaan van Phil 101 nie, maar ek sien Bennie Fourie is betrokke. Hy is een van die ouens agter die moerse sukselvolle Hotel komediereeks, so ek skat hierdie gaan dalk net kwaliteitverkaak wees, want Hotel is fokken snaaks. Phil 101 gaan oor die doen en late van ’n eens glorieryke filosofie-departement by die Sentrale Universiteit van Suid-Afrika (SUSA) wat van nader af bekyk word. Die ouens op die cast sluit ook veteraan komedie-akteurs, Frank Opperman en Pierre Van Pletzen in. Het jy geweet daai omie is Peach Van Pletzen se dad?

Reality show tipe vaaibs
The Grand Tour – (Amazon)
Ek kan onthou dat ek baie excited was toe hierdie show die eerste keer aangekondig is sowat vier jaar gelede. Ek het intussen track verloor en hierdie week agtergekom dat daar al reeds vier seisone beskikbaar is! Volg die ex-cast en karkenners van Top Gear vir opwinding, avontuur en spoed. Ek sweer, ek kan die petrol ruik wanneer ek hierdie show kyk!

Befokte TV series om te binge
Criminal Minds
(Showmax)
Maak jy uit van wat ‘n ‘unsub’ is? Jy het dit seker al oor die jare in ‘n paar TV-reekse raakgeloop waar die main theme stuff soos crime en investigations en stuff insluit. Criminal Minds het daai term actually bekend gemaak. Ek het hierdie 13-reeks crime en mystery dramareeks al faktap gekyk. Dit volg ‘n groep elite behavioral scientists en cops wat die gevaarlikste cims, reeksmoordenaars en predators reg oor Amerika jaag. Die skuim van die skuim. Sommer met hulle eie jet. Begin dit sommer vandag al binge want jy het net tyd tot 6 April om hierdie award-winning crime-forensics reeks te kyk voor hy expire. Met ander woorde, jy het tot hierdie komdende Maandagaand om middernag om alles te kyk.
Ready?
Set…
Go!

Moerse lekker movies
Wanted (Showmax)
Jy kan vir Angelina Jolie in ‘n fokken refuse bag dress vir ‘n movie en ek sal dit steeds kyk. Dis net ‘n bonus dat Wanted toevallig ‘n befokte aksiefliek ook is. Morgan Freeman? Koeëls wat om draaie kan skiet? Sign me up! Die movie gaan oor ‘n ou, Wesley, met ‘n saai lewe en kakboring job wat skielik ‘n 180 kap en nou sy lewe opwindend en gevaarlik vind, na sy ontmoeting met Fox. Hierdie chick tune tune hom dat sy pa al die tyd ‘n kakgevaarlike, professionele assassin in die geheim was.  Sy nooi hom uit om die Fraternity te join – ‘n geheime orde van sluipmoordenaars. Natuurlik moet hy eers train om next level te raak.
Hierdie movie is vir my soos Fight Club – ek kyk dit ten minste eenkeer elke tweede jaar.

Cartoons vir mense wat oud genoeg is om te vloek, te rook, te broeknaai en te drink
Family Guy (Showmax)
Hierdie is een van daai shows waar ek met almal verskil wat dit like. Ek voeg dit hier by dat jy jou eie mind kan opmaak. Ek het probeer maar ek kan nie hiervan hou nie. Dis vir my glad nie in dieselfde klas van byvoorbeeld South Park of F is For Family of Archer nie. Dis asof Seth Macfarlane te hard probeer. Die jokes val vir my meestal plat en dis apris konterig en geniepsig, eerder as om clever-snaaks te wees. Een ding wat vir my veral uitstaan is dat jokes uitgerek word in scenes. Die beste voorbeeld waaraan ek kan dink om mee te vergelyk is die Cape Fear episode van The Simpsons waay back in die 90s. Sideshow Bob klim uit ‘n boot uit en trap op ‘n hark wat sy gesig moer. Hierdie scene gaan aan en aan en aan. Baie lank, maar so iets is nog nie in cartoons gedoen nie, so dis fokken snaaks. Family Guy probeer hierdie tegniek heeltemal te veel.
Ek kan nie met hierdie show nie, sorry.


Ons is more terug met nog ‘n lekker lys vir dag 10 van lockdown.
Bly veilig, met ander woorde: bly in jou fokken huis!

Kom ons maak daai bloedsomloop wakker voor jy couch vat. Hier is vandag se exercise video. Dis Saterdag, sy jy kan bietjie geraas maak. Nog ‘n ding, hier is die lyrics van die chorus en ek het VANDAG eers uitgefiure dat “Ti esrever dna ti pilf nwod gnaht ym tup i” – wat klink soos ‘n dowe persoon wat iets probeer verduidelik – actualy “I put my thang down flip is and reverse it” AGTERUIT is!

Is ek die enigste dom poes?

Is it worth it? Let me work it
I put my thang down, flip it and reverse it
Ti esrever dna ti pilf nwod gnaht ym tup i
Ti esrever dna ti pilf nwod gnaht ym tup i

Jy kan nou ook die nuus stream direk op Showmax: SABC, BBC World News, CNN, Euronews, Newzroom Afrika en Sky News

Jy kan aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie – daar is kakbaie ander movies, reekse en doccies ook om deur te werk! Sterkte met hierdie kak storie, maar ons sal hom fokken saam deurdruk!

Live nommers van Coronavirus-gevalle regoor die wêreld:

Sort by confirmed numbers.

Country or RegionCasesDeathsRecovered
Hierdie post is 95 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 403,449 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
  •  
    1
    Share
  •  
    1
    Share
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
griffinCoronavirus Lockdown Dag 9 – Wat kan ek stream?

Gooi Comment