Coronavirus Lockdown Dag 7 – Wat kan ek stream?

In Movies en TV deur griffinRek jou bek

Baie geluk! Jy is nou presies een derde van die tyd deur die nasionale lockdown in Suid-Afrika. Jy het sewe dae agter die rug en daar is nou presies nog twee weke oor van “stay the fuck at home” en as mense nie luister, nog so paar weke na dit. Maak reg vir die feit dat alles onherroepelik gaan verander en dat daar niks is wat jy daaraan kan doen nie. Die ontnugterende  kak kom nog. Al wat jy vir nou kan doen is om jou gat te sit. Dit voel asof jy fokol doen, maar jy is besig om lewens te red, jou everyday Bruce Willis…

Hier is die legit sources om nuus te kry oor die virus. En sodra jy iets lees wat jou ‘n boner gee, sit bietjie op jou fokken hande voor jy dit share. Double check alles. En unfollow jou dom vriende op Facebook:

Minister of Health
https://twitter.com/DrZweliMkhize

National Institute for Communicable diseases
https://twitter.com/nicd_sa

SA Government Coronavirus portal
https://sacoronavirus.co.za/

Last update on:
Global Total
Cases

Deaths

Recovered

Active

Check, dis fokken moeilik om jouself die heeltyd besig te hou want jy is nie gewoond daaraan om tussen 4 mure te wees nie, maar as jy hierdie lees het jy interweb en dit beteken dat jy cool stuff kan stream om jou aandag af te lei. Vir die volgende 20 dae sal ons jou elke dag ‘n lys van voorstelle gee om te stream op Showmax, Amazon Prime en Netflix.  All-in-all is daar op sewe categories vir hierdie oefening besluit en daar is even voorstelle vir die snotneusies en enkelbyters. Ons sal ook sommer so paar ander oefeninge ook voorstel, sodat die bloed bietjie kan loop. Jy gaan moet excercise ook, en kakhuis toe loop tel nie baie punte nie.
Vir die kindertjies 
Where’s Waldo (Showmax)
Jy ken die tekenprente, die Where’s Wally boeke en al die ou grappies wat saam met dit gaan. Nou is daar ‘n Wenda ook, want Wally moet mos ‘n goose ook hê om sal sy travel missions saam met iemand te kan geniet. Die tweetjies rapporteer aan hulle mentor, Wizard Whitebeard. Dis ‘n splinternuwe reeks wat verlede jaar uitgekom het en daar is tans 20 episodes van net oor die 20 minute elk om die kleinspan mee besig te hou.

Natuurprogramme, doccies en biographies
Big Cats: The Science Of (Showmax)
As jy nie kinders hoef te fight vir TV tyd nie, sit hierdie outjie heel eerste op. Dis nou iets lekker om in hierdie kak overcast weer in jou pejakkies te kyk met ‘n bakkie sop of ‘n warm dingetjie. Nature doccies kan soms darem maar blerrie soothing vir die siel wees, huh? Moenie hierdie verwar met die ander Big Cats reeks nie. In hierdie een gaan dit oor die moerse gevorderde tech en wetenskaplike navorsing om die die groot katte se geheime lewens te onthul. Feel good TV op sy beste. Daai tipe waarop jy aan die slaap raak en wakker word met ‘n plas drool op jou kussing en moerse uitgerus voel.

Local is kaklekker
Chat ‘n Bietjie Ball (Showmax)
Mis jy ‘n stukkie sport, my ou? Jonathan van Radio Raps en sy panel van ‘experts’ praat oor die drieë, die skoppe, die tackles en enige iets rondom die Vodacom Super Rugby matches. Dis fokken weird om dit te kyk want daar is fokol sport nêrens nie, maar dit maak nie saak nie, want dis kaksnaaks, al voel dit effens uit plek en uit tyd uit. Lekker kort verteerbare 8 minute episodes om deur te draf.

Reality show tipe vaaibs
The Grand Tour presents:Seamen (Amazon Prime)
Dis nou al 5 jaar sedert Jeremy Clarkson, Richard Hammond en James May deur die BBC van Top Gear af ge-fire is. OK, tegnies is net Clarkson ge-fire, maar het die BBC regtig gedink dat sy tjommies nie hulle strandballe ook gaan vat en fokof nie? Hulle het intussen The Grand Tour begin op Amazon Prime en het sedertdien nie teruggekyk nie. In hierdie eerste van ‘n reeks van movie lengte specials, vat die ooms ‘n break van die karre af en pak ‘n epic journey aan oor  Cambodia en Vietnam…in bote. Dis gevaar en aksie en hardop lag en thrills galore soos jy die reis saam met hulle volg deur die ikonies Mekong Delta se waterweë.

Befokte TV series om te binge
Modern Family – (Showmax)
Ek sien al my tjommies in lockdown het weer Friends weer van voor ad begin kyk? Wat van Modern Family? Die weirdste ding wanneer jy dit binge is om te sien hoe die TV-familie se kinders voor jou oë grootword. Daar is nie ‘n snaakser familie as die Pritchett-familie nie. Side-vragie: gaan Sophia Vergara ooit oud word?

Moerse lekker movies
Happy Face Killer – (Showmax)
So bietjie thriller vibes gemeng met ‘n disturbing ware verhaal: Keith Jesperson was ‘n trokdrywer en reeksmoordeneaar wat 8 vrouens in die vroeë negentigs in Amerika vermoor het en  confession notes na die koerante toe gestuur het, wat hy bloot met ‘n smiley face onderteken het. Fokken creep!

Cartoons vir mense wat oud genoeg is om te vloek, te rook, te broeknaai en te drink
Bob’s Burgers (Showmax)
Bob, Linda en hulle drie kinders is die Belcher familie en hulle bedryf ‘n hamburgerplekkie in ‘n kusdorpie. Die burgers is befok lekker maar Bob se kinders is maar lekker kak met sales wat veroorsaak dat hulle customers verloor wat oorsuiker na Jimmy Pesto se restaurant.


Ons is more terug met nog ‘n lekker lys vir dag 8 van lockdown.
Bly veilig, met ander woorde: bly in jou fokken huis!

Kom ons maak daai bloedsomloop wakker voor jy couch vat. Hier is vandag se exercise video en dis nie net vir julle wat oefenfietse het nie. Jy kan lekker hurk en jou denkbeeldige fiets ook ry. Mense is in elk geval besig om mal te raak, so jy sal heel normaal lyk as jy saam met Ariana oefen:

Jy kan nou ook die nuus stream direk op Showmax: SABC, BBC World News, CNN, Euronews, Newzroom Afrika en Sky News

Jy kan aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie – daar is kakbaie ander movies, reekse en doccies ook om deur te werk! Sterkte met hierdie kak storie, maar ons sal hom fokken saam deurdruk!

 

Hierdie post is 116 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 403,442 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
  •  
    1
    Share
  •  
    1
    Share
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
griffinCoronavirus Lockdown Dag 7 – Wat kan ek stream?

Gooi Comment