Nostalgie! Dunlop SP33 tyres en Pinocchio episodes 30 tot 35

In Movies en TV, Zefshop deur griffinRek jou bek

Om jou Dinsdae effens meer draaglik te maak in 2020, het ons besluit om bietjie nostalgies te raak. Ons gaan probeer om elke week ou TV shows, veral shows uit baie van julle se kinderdae, asook ou TV advertensies, uit te grawe en hier op Watkykjy te plak. Maybe is jy heeltemal te fokken jonk om enige van hierdie kak te onthou, maar dit maak nie saak nie – welkom by ons kinderjare en welkom by old school TV, geborg deur Zefshop.

Dunlop SP33 tyres
Hierdie advertensie uit die 80s is nou fokken netjies gedoen en dit is moerse verbeeldingryk. Die agency (wie die ookal was) het gebruik gemaak van honde rondom ‘n racetrack. Normaalweg sou jy honderesies assosieer met windhonde (Greyhounds), maar hulle het besluit om ‘n stewige Staffie in te gooi as die underdog. En terwyl hulle van die tyres praat, praat hulle eintlik van die brakkie:
“Dunlop SP33: very tenacious, very sure-footed. Gripping in the wet and in the dry”.

Dis ‘n moerse basic boodskap wat in 45 sekondes oorgedra word maar die filming moes sekerlik ‘n fokken nagmerrie gewees het. Fun, maar ter selfde tyd hondkak. Al daai honde moes om die track hardloop, die staffie moes die hero wees, die ander honder moes “uitfok”, so daar moes spesialiste on-site gewees het. Who ever die filming gedoen het – die ouens het hulle shots gekry – vasn die Staffie wat oor sy skouer kyk om te sien hoe vêr voor hy is, tot die laaste victory sprong deur die wenstreep se lint.  En dit alles op Chariots of Fire wat destyds heavy topical was. Well, done, wie julle ookal kon gewees het!

Hierdie week se main attraction is egter Pinocchio
Fun fact:
Die 1940s Disney version van Pinocchio was die eerste film ooit wat famous mense gebruik het vir voice overs!

Pinocchio Episode 31 – Reunie met Rocco
Die gang word gevang toe hulle melk steel by ‘n boer. Pinocchio moet melk gaan haal vir die kat wat kamtig baie siek is. Lekker fokken aansitterig. Rocco daag op en Pinocchio werk sy poes af om hom te bevry. Pinocchio besluit om die kat en die jakkals terug te kry vir al hulle kak en dat hulle vir hom moet graft.

Pinocchio Episode 32 – Snaakse slak
Hulle is op pad ne die feë maar Gina voel so bietjie kakkerig. Hulle ontmoet ‘n bok wat die pad ken, as one does. Pinocchio word ongeduldig en konterig en maak kak terwyl die feë probeer snooze. Gina tune hom om sy kak te stoep, maar hy het fokol ore.

Pinocchio Episode 33 – Die ballonrit
Pinocchio is dikbek omdat hy nie die feë kon sien nie maar sien skielik ‘n groot ballon wat nader beweeg. Pinocchio moet die ballon oppas en die loods sal hom vergoed deur hom in die ballon te laat ry. Hy probeer die ballon beskerm teen die jakkals en die kat en vlieg weg maar die twee konte gryp ‘n tou en vlieg saam soos die dose wat hulle is.

Pinocchio Episode 34 – Pinocchio dien as ‘n voëlverskrikker
Hulle land met die ballon en ‘n jagter arresteer hulle en neem hulle na die vallei. Ek het nie geweet dat jagters mens kan arresteer nie, maar whatevs. Die jakkals en kat word aan ‘n boom vasgebind in die aartappelland en die boer wil hulle opfok. Pinocchio kry die assholes jammer en gryp in.

Pinocchio Episode 35 – Die gesteende goue horlosie
Hierdie keer ontvang Pinocchio ‘n goue horlosie van die jakkals en die kat omdat hy hulle gehelp het. Almal weet daai kak is nie legit nie. Dis gesteel. Almal behalwe Pinocchio. ‘n Nuwe vriend, Greco, leer hom om die tyd te lees maar in die nag kom steel die twee skelms weer die horlosie terug aangesien hulle dit by die shops gesteel het in die eerste plek en Pinocchio het nie geweet nie. Fokken told you, mos.

Hierdie post is 203 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,269,315 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinNostalgie! Dunlop SP33 tyres en Pinocchio episodes 30 tot 35

Gooi Comment