Coronavirus Lockdown Dag 4 – Wat kan ek stream?

In Movies en TV deur griffinRek jou bek

Dis die eerste Maandag sedert die 21-dae lockdown ingestel is en ek hoor fokken karre op die pad verby my huis kont! Jy moet net op die pad wees vir kak wat jy absoluut nodig het soos kos en medisyne, of as jy deur die regering ge-classify is as ‘n essential service. As jou tamatiesous op is, is dit nie ‘n fokken emergency nie. Dit lyk asof ‘n klomp mense verskonings soek oom uit die huis uit te kom en shopping is die grootste verskoning. Bly in jou fokken huis, jou stupid naai! Ons trek nou eers by dag 4. As hierdie lockdown storie uitfok omdat jy rond tos in Checkers net om uit die huis uit te kom, beteken dit net dat almal langer gehok gaan wees as 21 dae. En dan gaan kakbaie meer mense hulle werke en livelyhood verloor as wat nodig is of tans gebeur. Dink bietjie aan die ou langs jou ook. Hierdie is nie fokken speletjies nie!

As jy uit jou fokken skull uit bored is, raak deel van hierdie piele crowd sourced music video. Dit lyk na ‘n piele inisiatief, so ons sal dit later hierdie week weer in detail bespreek. 

Hier is die legit sources om nuus te kry oor die virus. En sodra jy iets lees wat jou ‘n boner gee, sit bietjie op jou fokken hande voor jy dit share. Double check alles. En unfollow jou dom vriende op Facebook:

Minister of Health
https://twitter.com/DrZweliMkhize

National Institute for Communicable diseases
https://twitter.com/nicd_sa

SA Government Coronavirus portal
https://sacoronavirus.co.za/

Global Total
Last update on:
Cases

Deaths

Recovered

Active

Cases Today

Deaths Today

Critical

Affected Countries

Check, dis fokken moeilik om jouself die heeltyd besig te hou want jy is nie gewoond daaraan om tussen 4 mure te wees nie, maar as jy hierdie lees het jy interweb en dit beteken dat jy cool stuff kan stream om jou aandag af te lei. Vir die volgende 20 dae sal ons jou elke dag ‘n lys van voorstelle gee om te stream op Showmax, Amazon Prime en Netflix.  All-in-all is daar op sewe categories vir hierdie oefening besluit en daar is even voorstelle vir die snotneusies en enkelbyters. Ons sal ook sommer so paar ander oefeninge ook voorstel, sodat die bloed bietjie kan loop. Jy gaan moet excercise ook, en kakhuis toe loop tel nie baie punte nie.
Vir die kindertjies
Paw Patrol (Showmax)
Ek gaan nie eers maak asof ek die storie ken nie, maar dis Maandag en as jy vir hom blou soek met die kinders om jou, is dit jou eie besluit om die TV af te los. Of jy kan ‘n pak tekenpapier en vetkryte op die koffietafel uitmoer en Paw Patrol aansit sodat die kleintjies hulleself in Ryder en sy bende se avonture kan inleef. Daar is brandweerbrakkies, polisiehonde en ‘n marshal onder andere en hierdie heros moet sorg dat alles soos stroop loop in Adventure Bay.
“Whenever you’re in trouble, just yelp for help!”, reken hulle.
Dis nou min of meer hierso waar jy daai Maandagbrannas effens sterker as gewoonlik gooi. Pappa het nie krag nie…

Natuurprogramme, doccies en biographies
Attenborough and the Sea Dragon (Showmax)
‘n Lekker 52 minute nature doccie wat gaan oor die 200 mijloenjaar oue uitgestorwe Ichthyosaur. Ek het in my lewe nog nooit van hierdie fokken ding gehoor nie en toe ek die Wikipedia page oopmaak, toe lyk dit soos fokken universiteitswiskunde, so laat oom Sir David Attenborough eerder vir jou die storie vertel nadat daar fossiele van hierdie jeukerige vis in die suide van Engeland opgespoor is.

Local is kaklekker
Die Nataniël Tafel (Showmax)
Elke tweede drol in SA wat vir een of ander rede al Huisgenoot se cover gehaal het, kak ‘ n cooking show uit. Omdat jy daarvan hou om kos te maak, beteken nie noodwendig jy skop gat daarin in. Nataniël? Hierdie bra kan fokken kook! Plus hy is kaknsaaks. In elke episode van die 5 seasons.

Reality show tipe vaaibs
Sex Life (Showmax)
Net ‘n woord van waarskuwing – maak dubbelfokkenseker dat jy nie jou lube met jou hand sanitizer misgis nie. Iemand se iets gaan brand. Een van die episodes (as jy dit vertaal) se titel is juis “Toue, tiete en trane”. Dit klink fantasties. Sex Life ondersoek verskeie en erotiese ervarings, soos tantra, burlesque en allerhande fetishes. Dis nie jou run-of-the-mill “maak oop, maak toe, maak tee!” vibes nie. Leer bietjie hoe om jou handbriek te gooi of hoe om die klein mannetjie in die boot te groet.

Befokte TV series om te binge
Press (Showmax)
Ek sukkel soms om in Britse reekse in te kom, maar ek moet maar net my kak stop. Press is ‘n drama wat afspeel in die joernalis se wêreld, spesifiek koeranmense. Behalwe van hulle eie drama by die werk cover hulle ook skandale in die government. Die ouens slaap about nooit nie. Dit sal ses ure kill uit enige dag uit, so spaar hom vir whenever.

Moerse lekker movies
Harold & Kumar Go To White Castle (Showmax)
Hierdie is vir dié van julle wat nog so een splif se zol oorhet na die eerste naweek in lockdown. Hierdie is basically ‘n movie van twee stoner studente wat net kak aanjaag sover hulle gaan een aand in hulle soeke na ‘n bier en ‘n burger: Harold, ‘n serious Korean-American wat swot om in die bank te gaan werk (huh?) en Kumar, ‘n slapgat Indian-American wat medies swot.

Cartoons vir mense wat oud genoeg is om te vloek, te rook, te broeknaai en te drink
One-Punch Man (Netflix)
Vier-en-twintig episodes van absolute topklas animation! In ‘n wêreld van bo-menslike wesens is Saitama ‘n unieke hero – hy kan enemies met ‘n enkele punch opfok. Die probleem is egter dat hy in ‘n wêreld is waar about almal super heroes is so niemand respekteer hom nie en sy lewe voel leeg. So sy hero-status is basies nutteloos. Dis ‘n great show, want jy weet nooit wat Saitama volgende gaan doen nie!


Ons is more terug met nog ‘n lekker lys vir dag 5 van lockdown.
Bly veilig, met ander woorde: bly in jou fokken huis!

Hier is jou daily exercise video. Vandag fokken drill ons vir jou, pappie. Jy het die naweek te veel kak in jou lyd gedruk. Kap ‘n uur lank uit die 80s :

Jy kan nou ook die nuus stream direk op Showmax: SABC, BBC World News, CNN, Euronews, Newzroom Afrika en Sky News

Jy kan aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie – daar is kakbaie ander movies, reekse en doccies ook om deur te werk! Sterkte met hierdie kak storie, maar ons sal hom fokken saam deurdruk!

Live nommers van Coronavirus-gevalle regoor die wêreld:

 

Hierdie post is 125 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 529,582 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
  •  
    1
    Share
  •  
    1
    Share
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
griffinCoronavirus Lockdown Dag 4 – Wat kan ek stream?

Gooi Comment