Coronavirus Lockdown Dag 3 – Wat kan ek stream?

In Movies en TV deur griffinRek jou bek

Dis Sondag en dag 3 van die landswye lockdown in Suid-Afrika. Mense in ryk buurte wat panic shopping gedoen het is besig om hulle kakpapier vir ontbyt te vreet.

Daar is absoluut niks anders wat jy aan die situasie kan doen, as om by die fokken huis te bly nie. As ons nie gaan luister nie, gaan ons langer gehok wees. Dis soos waneer jou ma jou iPad wegvat vir ‘n uur omdat jy ‘n klein kak was en toe praat jy terug en toe gaan sluit sy hom in die kluis toe indefinitely.  Laat die ouens by die NICD asseblief hulle werk doen. Moenie dom vrae vra nie. Lees legit nuusbronne en lees dit weer en double check dit met ander legit nuusbrbonne. Moenie unverified kak op Facebook plaas nie, want julle gaan ons forseer om ‘n hall of idiots op te rig op die interweb, want as jy soos ‘n poes wil lyk, help ons graag.

Life as you know it, will never be the same. Hou kop.

Hier is die legit sources om nuus te kry oor die virus. En sodra jy iets lees wat jou ‘n boner gee, sit bietjie op jou fokken hande voor jy dit share. Double check alles. En unfollow jou dom vriende op Facebook:

Minister of Health
https://twitter.com/DrZweliMkhize

National Institute for Communicable diseases
https://twitter.com/nicd_sa


SA Government Coronavirus portal
https://sacoronavirus.co.za/

Global Total
Last update on:
Cases

Deaths

Recovered

Active

Cases Today

Deaths Today

Critical

Affected Countries

Check, dis fokken moeilik om jouself die heeltyd besig te hou want jy is nie gewoond daaraan om tussen 4 mure te wees nie, maar as jy hierdie lees het jy interweb en dit beteken dat jy cool stuff kan stream om jou aandag af te lei. Vir die volgende 20 dae sal ons jou elke dag ‘n lys van voorstelle gee om te stream op Showmax, Amazon Prime en Netflix.  All-in-all is daar op sewe categories vir hierdie oefening besluit en daar is even voorstelle vir die snotneusies en enkelbyters. Ons sal ook sommer so paar ander oefeninge ook voorstel, sodat die bloed bietjie kan loop. Jy gaan moet excercise ook, en kakhuis toe loop tel nie baie punte nie.
Vir die kindertjies
Dr Seuss’ The Lorax (Showmax)
As jy nie ‘n fan van Dr Seuss is nie, het jy nie ‘n hart nie. Geniet hierdie een gerus saam met jou klein geldvreters. Dis ‘n cool adaptation van die Dr Seuss classic met Danny de Vito op stem duty as die Lorax, ‘n odd karaktertjie wat die bome teen gierige corporations en hulle impak op die environment wil beskerm. Die Lorax is basically ‘n animated Greta Thunberg, so mense soos Trump supporters sal dit kyk sonder om te weet wat hulle kyk en dit geniet sonder om die boodskap te vang. Kinders aan die ander kant, sal poesbaie leer.

Natuurprogramme, doccies en biographies
Animals With Cameras (Showmax)
Check die wêreld uit deur die oë van diere. Hierdie doccie is Gordon Buchanan se brainchild. Dis dieselfde ou wat op Planet Earth II (ons spaar hom vir later) gewerk het. Gordon lei ‘n span kameraspesialiste om spesiale super modified kameras op diere te sit. Ter selfde tyd werk hulle saam met ‘n spul sientists ook, so jy kan nou dink watter befokte nuwe discoveries alles hieruit spruit. Dis die perfekte Sondagvermaak. Kyk, ons weet elke dag vir die res van die volgende 19 dae is Sondag, maar hierdie is die laaste legit Sondag vir ‘n rukkie, so treat hom special. Die doccie is opgebreek in 3 episodes van ‘n uur lank elk.

Local is kaklekker
Skemerson (Showmax)
‘n Jong outtjie wie se geestesgesondheid nie heeltemal is wat dit moet wees nie, besluit hy het genoeg gehad van die lewe en hy wil selfmoord pleeg deur van die Bloukransbrug af te spring. Op die brug ontmoet hy egter iemand wat sy lewe in ‘n heeltemal ander koers instuur en onherroepelik verander.  Wees versigtig met hierdie enetjie, veral as jy bietjie anxious is op die oomblik, gegewe ons unieke omstandighede. Ook lekker Sondagvermaak, maar vat hom rustig.

Reality show tipe vaaibs
Love Island Australia (Showmax)
Maybe is daar van julle wat nog into vacuous entertainment is. As jy een van daai mense is wat tos Afrikaanse music videos kan stomach omdat “die girl at least hot is”, is hierdie show net die regte vermaak vir jou. Dis die Ozzies se beurt om Love Island toe te gaan. Dis boude, biceps, tiete en hare. Lekker afgesonder in ‘n Villa in Spain waar almal een kamer deel en die booze oneindig en free is. Ek is ewe skielik fokken dankbaar dat ek, my vrou en ons twee Rottweilers afgesonder is van die res van die samelewing af, want hierdie klink vir my na ‘n fokkne kak jol. Daar is 59 episodes van ‘n uur lank elk. Good luck!

Befokte TV series om te binge
Covert Affairs (Amazon Prime)
Wat van ‘n lekker goeie ou stukkie CIA en FBI op die kassie? Annie Walker is vars affieplaas af en word deur die CIA recruit as ‘n operative. Sy werk onder haar handler, Auggie, se leiding maar kom vinnig agter dat hulle haar nie noodwendig vir haar matriekuitslae, vuishouwerk, geweerhantering en potensiaal gekies het nie. Dit het bietjie meer te doen met haar laaste boyfriend eerder as met haar talent. Amper soos Steve Hofmeyr fokol met musiek te doen het nie en meer met haatspraak. Daar is 5 seasons met 75 epsidodes in totaal, so jy kan meer as drie per dag klap!

Moerse lekker movies
Gotti  (Showmax)
John Gotti was ‘n Italian-American gangster wat eventually die Gambino-familie se baas geword het. In hierdie movie movie, vertolk John Travolta die rol van Gotti en sy (John Travolta se) vrou, Kelly Preston, vertolk die rol van John Gotti se vrou, Victoria Gotti. Hierdie movie is biografies van aard, naturally.

Cartoons vir mense wat oud genoeg is om te vloek, te rook, te broeknaai en te drink
Venture Bros (Showmax)
Ek het hierdie gisteraand vir die eerste keer begin kyk en dis kakmal. ‘n Eertydse boy adventurer, Dr. Rusty Venture, is nou ‘n has-been middeljargie scientist met twee onnosel seuns en ‘n bonatuurlike sterk bodyguard, Brock Samsom, wat maklik sy moer pluk. Natuurlik het die mal scientist ook ‘n arch-nemesis, The Monarch en sy goose, Dr, Girlfriend.
Jissis.
Dr. Girlfriend.
Ek gaan my vrou dit begin noem. The Morach is net so dom soos Dr. Rusty se laities en Monarch se chick is lekker hot maar het ‘n mansstem. Wat ‘n hilarious fokop!


Ons is more terug met nog ‘n lekker lys vir dag 4 van lockdown.
Bly veilig, met ander woorde: bly in jou fokken huis!

Kom ons maak daai bloedsomloop wakker voor jy couch vat. Hier is vandag se exercise video. Gooi ‘n suggestiewe dansie voor jou TV of laptop. Vandag gaan ons vir jou fokken roer met so skeppie Christopher Walken:

Jy kan nou ook die nuus stream direk op Showmax: SABC, BBC World News, CNN, Euronews, Newzroom Afrika en Sky News

Jy kan aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie – daar is kakbaie ander movies, reekse en doccies ook om deur te werk! Sterkte met hierdie kak storie, maar ons sal hom fokken saam deurdruk!

Live nommers van Coronavirus-gevall regoor die wêreld:

 

Hierdie post is 182 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 529,579 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
  •  
    1
    Share
  •  
    1
    Share
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
griffinCoronavirus Lockdown Dag 3 – Wat kan ek stream?

Gooi Comment